"Die dae" deur Jannie Smit

  • 0

Die dae

Ek gly my vingers tussen joune in jou regter hand
steek ons tone in die koelte van die spierwit sand
Maak oop ? bottel Tassies en drink uit ? polistireen cup
En praat vir ure en ure tot die son afgang

REFREIN:
En hierdie is die dae, die dae ,wat ek vir niks meer kan vra
Ek voel my hart klop, hart klop en niemand kan dit ooit stop
En sou hierdie oomblik vir niks in hierdie die lewe ruil nie
Ek hoop net dis nie die laaste maal wat ek iets soos dit saam met jou ooit kry nie

Ons loop onder sterre en maanlig op ? warm somersaand
sit my arm oor jou skouer en besef nie eers oor hoe die tyd verbygaan
Soen jou op jou wang voor jou ouers se voordeur
en dit voel nog altyd soos die eerste keer

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top