Die Christendom teen agnostiese uitsprake

  • 13

Thomas beweer van ’n wetenskaplike studie wat kwansuis sou aangetoon dat Christendom op pad uit is – en sy maters glo hom.

Aldus Thomas: “’n Onlangse sensusopname in die Verenigde Koninkryk het aangetoon dat die persentasie van die bevolking wat hulle geloof as “Christelik” aangegee het, gedaal het vanaf 70% (2001) na 54% (2011). ’n Verdere wetenskaplike studie het aangetoon dat slegs 18% van die 54% mense wat die “Christelike godsdiens” boksie gemerk het, enige idee van die Christelike godsdiens gehad het en hulle waardestelsels daarop geskoei het. Die werklike Christene is dus maar 18 % van die Britse bevolking wat wesentlik verskil van onse Kosie se spiritueel intelligente stelling dat die Christelike godsdiens sterk groei en die grootste godsdiens ter wêreld is.” –

’n Sensus opname? Die 'doktorale' kandidaat wat nie weet wat die verskil is tussen ’n sensus en ’n meningsopname, nie? Natuurlik – hy is agnosties ateïsties, daarom skud ons kop vir hom, maar verstaan waar sy nuttelose gebrabbel vandaan kom.

Dit is natuurlik gewoon wanvoorstellings.

Thomas besef natuurlik nie dat die Pew “Global Christianity” artikel van Desember 2011, alreeds hier bespreek is, nie…

Hier is die waarheid, aldus Pew:

“A comprehensive demographic study of more than 200 countries finds that there are 2.18 billion Christians of all ages around the world, representing nearly a third of the estimated 2010 global population of 6.9 billion. Christians are also geographically widespread – so far-flung, in fact, that no single continent or region can indisputably claim to be the center of global Christianity ... The number of Christians around the world has nearly quadrupled in the last 100 years, from about 600 million in 1910 to more than 2 billion in 2010 … Although Europe and the Americas still are home to a majority of the world’s Christians (63%), that share is much lower than it was in 1910 (93%). And the proportion of Europeans and Americans who are Christian has dropped from 95% in 1910 to 76% in 2010 in Europe as a whole, and from 96% to 86% in the Americas as a whole. At the same time, Christianity has grown enormously in sub-Saharan Africa and the Asia-Pacific region, where there were relatively few Christians at the beginning of the 20th century. The share of the population that is Christian in sub-Saharan Africa climbed from 9% in 1910 to 63% in 2010, while in the Asia-Pacific region it rose from 3% to 7% ... Taken as a whole, however, Christians are by far the world’s largest religious group … Christianity today – unlike a century ago – is truly a global faith.”

Natuurlik het die wêreldbevolking óók amper gelykmatig toegeneem, maar steeds groei die Christendom, en maak selfs ingrepe in en op ander religieë.

En daar is my aanspraak dat die Christendom die grootste Godsdiens ter wêreld is, weereens selfs deur sekulêre studies, bevestig.

Die belangrikste ontwikkeling is dat die Christelike geloof, direk strydig met agnostiese aansprake, besig is om die ganse aarde te oordek soos ’n reuse, lewegewende reënwolk… Die bekende akademikus Philip Jenkins som dit in ’n boektitel van hom op: The Next Christendom: The Coming of Global Christianity.

Boonop is die Christelike geloof, ’n Spiritueel-geloof gedrewe en gebaseerde geloof en juis nié ’n materiële kennis gedrewe geloof nie. Geen Christen glo omdat iets vooraf aan hom materieel-kognitief “bewys” is nie, of dat hy sy geloof ingestudeer het, nie. Gééneen nie. Hy glo omdat die uitbouing van sy Spiritualiteit deur suiwer geloof, hom met HERE van die geloof, in direkte verbinding bring op Spirituele vlak.

Thomas, die insiglose Twyfelaar is, het wéér sy titel Thomas die insiglose Leuenaar-Twyfelaar bevestig… waarom kán hierdie mense net nie verantwoordelik met die waarheid omgaan nie?

Die aansprake van agnostici, dat die Christendom op pad uit is, ’n gebruiklike flagrante leuen – juis een van dáárdie wat geontwerp is om hulle sisteem van selfdesepsie te voed, ongeag dat dié aanspraak van hulle nêrens anders enige effek of agting het, nie – ’n leuen, soos talle ander van hulle, ontwerp vir eie gebruik – “designed for internal use only” is die etiket van dié agnostiese selfdesepsie-leuens.

Is dit nie sorgwekkend nie!

Groete,
Kobus de Klerk

  • 13

Kommentaar

  • Francois van Wyk

    Kobus - Hierdie is blote steekproewe, wat Thomas aanhaal. Steekproewe kan so gemanipuleer word dat enige mens op google so ‘n “studie, meningsopname” of wat hulle dit ook al noem sal kry om hulle saak te staaf. Ek sal nie verbaas wees as daar steekproewe is wat sal aantoon dat die’n groot aantal mense glo sigarette is gesond vir jou nie, ens.

    Tog voel ek dat alhoewel die Christendom in sekere werelddele groei, kan mens nie ontken dat daar drastiese afnames in Europese lande is nie en dit is dalk die punt wat Thomas wou maak.

    Veral Brittanje en Duitsland. Ek praat nou die dag met 'n duitse kollega van my. Hy is lid van die Evangelies Protestante Kerk daar. Betaal sy maandelikse bydrae, maar verklaar openlik dat hy nooit die kerk besoek nie en 'n ateis is. Volgens hom en verskeie ander mense met wie ek al kontak gehad het daar en elders is dit 'n algemene tendens. Ek ken geen Britse Christen nie, en ek ken baie Britte! Tog is baie van hulle lidmate van die een of ander kerk. Baie Europeers bly bloot lid van die kerk, omdat dit van hulle verwag word. Dus is die lidmaatskap nommers wat Pew kwoteer dalk feitelik korrek, maar dit skakel nie ongelowige lidmate uit nie.

    Al hoe mens werklik 'n sorgvuldige meningsopname kan maak, is om onderhoude met groot getalle kerklidmate in die genoemde lande te hou, en dan diegene te diskwalifiseer wat nie werklik gelowige Christene is nie. Jy kan dan die syfers aanpas om 'n werklike syfer te kry, sou jy werklik sover wou gaan.

    Op die ou einde van die dag, wonder ek hoekom dit hoegenaamd sou saak maak, hoeveel mense in elkgeval Christene is. Baie mense behoort aan geen kerklike denominasie nie, maar glo wel. Diegene sal dan ook noodwendig uitgesluit word in die Pew navorsing. Dus is hulle navorsing dalk effens meer akkuraat as die steekproef, maar stel hom ook bloot aan berekeningsfoute.

    Na al die jare wat ek SeNet lees, het ek tot die besef gekom dat daar baie ander faktore teenwoordig moet wees om as Christen te kwalifiseer as blote lidmaatskap tot 'n kerk, en dan het verskeie individue ook dan nog hulle eie opinie, wie as Christen kwalifiseer al dan nie. Volgens die Jehovas sal daar seker net 144 000 of so iets wees terwyl baie Protestante dalk Katolieke sou diskwalifiseer.

    Soos wat ek deesdae in die koerante lees, is daar ook so 'n aanslag op die NG Kerk en hulle verskeie nuwe beleide dat ek oortuig is dat sekere afrikaners selfs 'n NG lidmaat sal afskryf as Christen. Ek sien al hoe meer hoe Afrikaners in die joodse geloof belangstel. Daar is tot 'n Billboard op in Pretoria wat die beweging adverteer. Selfs van my vriende praat nie meer van God of Jesus nie maar van YHW en ander vreemde akronieme wat ek liefs probeer vergeet.

    Ter opsomming, die telling van christengetalle behoort 'n onbenullige aktiwiteit te wees vir iemand wat werklik sterk voel oor sy Geloof.

  • Kobus de Klerk

    FB,

    Die punt wat Thomas maak, is verbatim deur my aangehaal. Hy is ’n geleerde mens en kan daar dus nie tot die gevolgtrekking gekom word dat hy homself nie kan uitdruk, nie. Dus, die punt wat hy wou maak, is dat die Christendom op pad uit, is en dat ek lieg omdat ek anders sê  - min of meer in soveel woorde. Dit is ’n leuen.

    Pew is géén Christelike organisasie nie – dié organisasie is so sekulêr soos wat kan kom en juis daarom is daar geen aanduiding dat hulle enige belang daarin sou hê om die uitslag te manipuleer nie.

    Trouens, indien enigiets, het hulle dit na die konserwatiewe kant toe gemanipuleer, vir die eenvoudige rede dat hulle self te kenne gee dat hulle eintlik net  hoofsaaklik op organisatoriese getalle kon staatmaak – soos byvoorbeeld kerk instansies soos die een waaraan jou Duitse kollega behoort wat geregistreerde lidmate het. Die feit dat hulle nie almal kerk toe gaan nie, beteken glad nie dat hulle nie Christene is nie – jy word nié ’n Christen omdat jy ’n geregistreerde lidmaat van ’n kerk organisasie is, nie – en beslis ook nie omdat jy ’n sekere eksamineerbare agtergrondskennis het, nie.

    My aanhaling dui ook aan dat daar ’n afname in Europa is, maar dui ook die perspektief aan, naamlik dat die Christendom groei en inderdaad van ’n Europese streek Godsdiens  gegroei het tot ’n globale Godsdiens, die énigste een en ook die grootste een.

    Só is daar groot getalle charismatiese kerke wat die laaste paar dekades eenvoudig soos ’n groeiende wolk oor die wêreld strek, ook in Europa, waar mense tradisionele kerke verlaat en spontaan dienste bywoon en daar géén registers is om vas te stel wat die ledetal van tyd tot tyd, is, nie – baie van hulle het beginselbesware daarteen om lidmate te sensus, juis gebaseer op Skriftuurlike gronde (Dawid wat die volk laat sensus het, met katastrofiese gevolge – omdat die lede van die volk (die kerk) nie aan die pastoor behoort nie, maar God, vir Wie hy aan die mense verkondig) en dié syfers is dus ook nie deur Pew in ag geneem nie, met negatiewe rapportering gevolge.

    Só ook plekke soos Sjina, waar massas Christene is, maar juis nie registreer nie, omdat daar teen hulle gediskrimineer word. Dan is daardie massas in Afrika, wat charismatiese bedienings bywoon en tot bekering kom, waarvan die getalle nêrens aangeteken staan nie, en ook dus beswaarlik deur Pew in ag geneem kon word.

    Die Christendom is ’n Spiritueel gedrewe geloofsgodsdiens wat noodwendig ook impliseer dat selfs ongeletterdes dié geloof suksesvol kan aanneem en wél aanneem en aangeneem, het. Dalk moet jy een van die Duitse evangelis Reinhardt Bonnke se dienste sien, om te weet presies hoe dinamies dié Godsdiens sonder akademiese of intellektuele parafernalia, kragtig funksioneer en hoe mense daartoe bekeer word…

    Ek dink omdat jy self nie ’n Christen is nie en omdat jy dus nie in die dinamika betrokke is nie, stel jy dalk nie self genoeg belang om werklik agter die kap van die byl te kom nie. Dan sou jy weet dat interdenominasionele doktrinêre verskille soos dié van die NG Kerk, Jehova’s ens., nie die effek het dat mens nie in die HERE Jesus Christus as verlosser glo nie – Om ’n Christen te wees moet jy in die verlossing van Jesus Christus as Seun van God as énigste Middelaar en Verlosser tot die enigste ware God glo, en dít maak van hulle Christene, al is daar baie detail om uit te sorteer.

    Om ’n Christen te wees, is om ’n dinamiese geloofsgroeiproses deur te maak, nes ’n kind wat moet volwassene word met die gebruiklike stampe, stote en nerfaf vallery wat daarmee gepaard gaan - maak hom op geen stadium minder mens, nie – so ook, maak dieselfde groeiproses ook nie die Christen, minder Christen nie – dalk net meer of minder gedissiplineerde Christen.

    Die Pew opname rapporteer dus die globale getalle Christene baie konserwatief.

    Terloops, die Hebreeuse Naam van God, is geen "vreemde akroniem" in die Christelike Godsdiens, nie!? En jou Britse vriende bly kerklidmate, omdat hulle wil, omdat hulle glo - hoe ongedissiplineerd hulle ookal is.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Francois van Wyk

    Beste Kobus

    Ek dink jy is reg deur te se dat 'n "Om ’n Christen te wees moet jy in die verlossing van Jesus Christus as Seun van God as énigste Middelaar en Verlosser tot die enigste ware God glo, en dít maak van hulle Christene, al is daar baie detail om uit te sorteer." Dankie daarvoor, dit is hoe ek dit ook verstaan en aanvaar.

    Ek klassifiseer dalk ook as ongedissiplineerde lidmaat van my kerk, maar sedert ons jare terug oor geloof gestry het, het ek baie anders begin dink oor geloof. Jy is reg dat die details in baie gevalle kortkom, maar dalk is jy korrek dat mense soos ek en die ander mense waaroor ek skrywe steeds lede bly omdat ons nog wil glo. Dit is dalk maar 'n lang gesprek vir 'n ander tyd.

    Ek is eintlik baie rustig oor my geloof en het op persoonlike vlak baie gegroei, juis agv van 'n onlangse ervaring wat my BAIE geraak het.

    Dankie vir jou bydrae.

    Groete

    FB

     

     

  • Francois

     
    Die punt is dat bewerings eers feite word as dit volgens die wetenskaplik metode bevestig word. Die sensusopnames in Brittanje is byvoorbeeld wetenskaplik gefundeerde ondersoeke en ons kan die uitslae daarvan as feite aanvaar. Kobus maak heeldag en aldag bewerings en aansprake wat hoegenaamd nie wetenskaplik geverifieer is of naastenby volgens die wetenskaplike metode geverifieer kan word nie. As "bewys" voer hy sy eie verhewe spirituele insig aan wat hy beweer kwansuis 'n produk van sy spirituele intelligensie is - 'n verdere onverifieerbare konsep.
     
    'n Groter spul snert kan ek my beswaarlik indink. 
     
    Groetnis
    Thomas
  • 'n Nota:   

     
    Die stelling lees: 
     
    "die Pew opname rapporteer dus die globale getalle Christene baie konserwatief".   
     
    Gaan terug na die begin van die jaar, waar hierdie nuus aangekondig was deur De Klerk en daar ongeveer 300 miljoen deur sy berekenings bygevoeg is.   
     
    Hier word die "konwerwatisme" nou eprys maar 3 Jan 2012 was Pew uit volgens de Klerk met hulle beraminge en is dit opwaarts aangepas.   
     
    Net soos Jenkins se "The Jesus Wars" afgemaak was as die werk van "vyandige agnostici" maar die "Global Christianity" word met lof aangehaal.     
     
    Jenkins, Pew vir twee verskillende geleenthede, verskillend gebruik..
  • Kobus de Klerk

    FB,

    Ja, dit is waaroor geloof gaan – eenvoudige geloof.

    Wat hier op die forum gebeur tussen my en die agnostici, is ’n dinamika wat op eie meriete funksioneer vir eie doel, maar dié proses is nie vir die mens nodig om te sê hy is ’n Christen gelowige nie.

    Die Christelike Godsdiens is nie kerkgebou gebonde nie, maar daar is  Spirituele kontak en band wat biljoene mense as Christene saambind. Daarom kan dit in die kerkgebou ook beleef word, maar dit is véél wyer as dit.

    In ons groot kring van Christene hier, is daar omtrent niemand wat meer ’n Sondag-kerktoegaan Christen is, nie – maar daar is ook ander kerkgaande Christene met wie ons hegte kontak het, wat ’n uiters positiewe belewenis in hul kerke verkry – dit gaan dikwels oor die leierskap daar in die kerk, die gemeente en hoe dié met die essensie van ons geloof, ons Godsdiens, ons verhouding met God, die HERE, omgaan. Dus, as jou kerk vir jou iets beteken, as jy gevoed word daar, sal jy openlik en vryelik daarheen gaan sonder om daaroor gedissiplineer hoef te word, in die vrye lande (wat dít aanbetref) waar ons woon.

    God is nie vir die kerk nie, die kerk behoort vir God te wees…

    Omdat die Christendom juis gaan oor die betrekking van die mensdom in sy geheel vir die HERE Jesus Christus, is dit nie vreemd dat ons báie variërende dinamika in die ontwikkeling en uitlewing van daardie lewende geloof-geskoeide Godsdiens op álle vlakke van ontwikkeling, beleef nie. Mense soos Cornelius en van die agnostici hier, praat so neerhalend van huiskerke, maar daar word die mees fantastiese belewenisse gedeel en saam ervaar, in hul verhouding met die HERE en onderling – een van die redes waarom die Christendom gewoon bly uitbrei, vanweë daardie vibrante, lewende dinamika. Baie dikwels onttrek mense hulle van die kerke, om hulself in hul geloof weer te vind, juis omdat dit by die kerk nie gebeur het nie, selfs verwydering bewerkstellig het. So 'n mens by sy huis of saam met sy geloofsvriende, kan veel meer verrig langs die weg van geloofsherstel, as wat dit sou gebeur waarheen hy nie vrymoedig voel om heen te gaan, nie, waar daar soveel steuring plaasvind, of waar die dinamika nie meer te vinde is, nie.  Die Gees van God laat ons soms sluimer, maar verlaat ons nooit en beywer ons dikwels, baie subtiel – baie dinge kom oor ons pad, wat dié uitwerking het.

    Só word die gelowige deur ’n geloofsdinamika gelei waar daar soms sluimering, soms passiwiteit, soms vertwyfeling teëgekom word, maar net om weer in ’n sterker stroom van die dinamika ingelei te word, met al sy vertakkinge waar mense daarmee identifiseer.

    Van God is daar sóveel om te wete te kom – ’n leeftyd is beswaarlik genoeg. Daarom groei die Christengelowige konstant, want die God Wie ons inspireer, is die Lewende God.

    Groete en alle heil op jou geloofspad

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Die gesprek hier is op trant waar jou aggressie en antagonisme nie waardeer kán word, nie. Waarom is dit só dat, wanneer julle by ’n gesprek betrokke raak, daardie absolute negatiewe energie ook deur julle afgelaai moet, word?

    Ek “waardeer” nie Pew se konserwatisme nie, ek stel dit juis as teëstelling dat hulle dalk mog oordryf het – maar natuurlik verstaan jy nie. En terloops, by behoorlike nadenke, is die 300 miljoen mense wat ek graag by Pew se resultate wou byvoeg, baie te konserwatief – ek het vergeet van die massa Afrikane en dergelyke wat nêrens geregistreer is, nie, maar by hulle massas tot charismatiese bedienings bekeer, soos ’n vloed.

    Wanneer ek na mense se werke kyk, kyk ek na wat hulle sê – dan sal dit of objektiewe nut hê, of nie. Indien nie, sal ek probeer vasstel waarom – en dan my opinie verder daarop baseer – ek kyk nie eerste na die etikette waarvoor mense hulle uithou, nie.

    So was dit maar met my hantering van MacCulloch en sy persoonlike voorkeure wat toe uiteindelik sy objektiwiteit laat skade ly het – jy is welkom om met my daaroor te verskil, daar is géén punt in vir jou om met my verder daaroor te redeneer nie. Kom ons stel dit maar só – jy het meer in gemeen met MacCulloch om hom te wil ondersteun, as wat ek het. Kom ons laat dit daar.

    So ook met Jenkins. Jenkins, ten spyte van die episkopaalse etiket, praat nie soos ’n gelowige episkopaal nie. Maar wat sy Global Christianity aanbetref, is hy instaat om ’n objektiewe tendens waar te neem en te rapporteer en is daar geen rede waarom ek dit sou verwerp nie. Sy Jesus Wars is nou weer baie on-episkopaals gekleur want daar kom sy persoonlike voorkeure vir akademiese aanvaarbaarheid eerder as beginselvastheid, vorendag.

    Pelikan ook maar dieselfde. Etiket van Lutherse konneksie, maar heeltemal afgewyk en het sekulêre historikus oorgebly. Goed en wel - behalwe net dat ek niks wat jy van hom voorgehou het, as objektief aanvaarbaar kan beskou nie.

    Die fout wat mense maak, omdat hulle nie gelowiges is nie, is om geloofsgeskiedenis aan te sien en te behandel as gewone, sekulêre verhaling van historiese gebeure. Die dissiplines is eenvoudig anders.

    Met gewone historiese rapportering, moet die geskiedkundige sy bes doen om alle bekende feite in logiese verband met mekaar en kronologies orde, aan te bied.

    Maar wanneer dit kom by spesialisvelde van die geskiedenis, soos geloofsgeskiedenis, moet die historikus boonop ’n filter gebruik – hy moet in die eerste plek ’n dinamiese kennis het van die veld wat hy ondersoek, sodat hy die filter objektief en effektief kan aanwend – effektief in die sin dat hy nie tersaaklikheid uitlaat nie, of ontersaaklikheid invoeg, nie. Dus, die kaf moet van die korrels geskei word, wanneer die geskiedenis van ’n geloofs- of Godsdiens ontwikkeling moet plaasvind – onnodige en irrelevante aspekte moet geïdentifiseer word, sodat dit uitgefiltreer kan word om ’n objektiewe sinvolle geheelbeeld, te rapporteer.

    Dit is presies wat Schaff gedoen het en wat vandag nog baie alle Christelike teologiese leerskole aanvaar word, asook by die leerskole van ander religieë, wêreldoor. Maar wat jou "nuwe generasie" sekulêre ne agnostiese historici nie doen , nie , vir ooglopende subjektiewe redes.

    Kortom, Christelike Geloofsgeskiedenis is ’n objektiewe geskiedenisveld uit eie reg en moet slegs relevante geskiedenis wat harmonieer met die huidige stand daarvan, weergee – na alles, die huidige stand is juis die produk van die geskiedenis en dié produk het ’n baie, oorheersende, sterk spirituele inslag en kenmerk. Wanneer dit nie gebeur nie, moet mens soek vir subjektiewe oorwegings by die rapporteerder – en as jy dit vind, weet jy dat die rapporteerder sy eie of groep se belange wil bevorder in stede van die oorhoofse doel – objektiewe maar suiwer, rapportering - soos met jou kandidate die geval, is.

    Ek noem dit aan jou, nie om van jou ’n antwoord of reaksie te ontlok nie, want ek weet hoe jou kop deesdae werk en ’n herhaling is nie nodig nie. Ook staan jou aggressie en antagonisme my nie aan nie en belemmer net gesprek.

    Soos ek dit gestel het, is soos ek dit aanvaar en aanneem, want ons het reeds dié pad bewandel, ek en jy en dit is afgehandel. Jy kon my nie oortuig nie en het net al meer aggressief en antagonisties geword en dít sal my nóóit oortuig nie en in die proses kan jy mos maar van my dink wat jy wil (wie stel belang wat jy dink?), en ek van jou...

    Groete,
    Kobus de Klerk.

  • Francois van Wyk

    Thomas en Wouter,

    Dankie vir julle bydraes. Myns insiens is dit uiters moeilik om werklik te bepaal in 'n steekproef, sensus of enige ander meningsopname, wie werklik christene is, al dan nie. Ek noem juis dat die maatstawwe vir christenskap baie verskil, afhangende van die christen met wie 'n onderhoud gevoer word.

    Wat 'n werklike christen in vandag se tyd is, is seker maar moeilik om te bepaal. Daar is soveel ruimte vir verskillende interpretasies.

    Groete

    FB

  • Kobus de Klerk

    FB,

    Jy noem hierbo dat dit vir jou uiters moeilik voorkom om werklik te bepaal in 'n steekproef, sensus of enige ander meningsopname, wie werklik christene is, al dan nie, omdat die maatstawwe vir christenskap, soos jy dit noem,  baie verskil, afhangende van die christen met wie 'n onderhoud gevoer word.

    Wel, daarom dat ek aan jou genoem het, die kernbeginsel van Christenskap en waarmee jy ook akkoord gaan – dalk kan jy jou indink dat ek ook al oor die jare van my aktiewe betrokkenheid, met ’n groot klomp mense wat op Christenskap aanspraak maak, te doen gekry het – en ek het nog nooit één teëgekom wat daardie eenvoudige kernbeginsels ontken nie.

    Daardie eenvoudige geloofsuiting, is die kern wat Christen gelowiges bind. Waar die gespreksdinamika by gelowiges onderling intree, is juis by die detail. Maar op die basis van die kernbeginsel, sal enigeen onverwyld erken dat hy ’n Christen is – en dit is maar hoofsaaklik waarop dié opnames geskoei word.

    Die Pew vermeld die verskillende groeperinge en is dus bewus daarvan gee getalle daarvoor en sorteer dié groeperinge algar tereg onder die vaandel van Christenskap. Daarom kan mens maar gerus die Pew ontleding as betroubaar aanvaar, hoewel, na my mening, uiters konserwatief, vir die redes kortliks genoem.

    Groete,

    Kobus de Klerk

  • De Klerk, verstaan dat kommentaar op 'n skrywe is nie om 'n gesprek met jou te begin nie. 

     
    Kommentaar geplaas op 'n brief is net dit, 'n alternatief, 'n uitbreiding wat geplaas word. 
     
    Moet jy dit nie verwar nie. 
  • Hello FB, 

     
    Kennis geneem en daar is nie veel waarmee ek sal verskil oor wat jy geplaas het nie. 
     
    Ek weet nie of Thomas as verwsying ingedagte gehad het die bevindinge wat Dawkins se stigting oor die onderwerp publiseer het.
     
     
    According to the last Census 10 years ago, more than two-thirds of people in Britain regarded themselves as Christian - 72% in England and Wales, and 65% in Scotland. More than 1.5 million in England and Wales, more than 3% of the population, said they were Muslim and nearly eight million ticked "no religion". 
     
    There were also 390,000 self-proclaimed Jedi.
     
    But five weeks before the next census day, Sunday 27 March, some groups are questioning whether the religious numbers are at all accurate, and could ever be.
     
    They prefer to use the British Social Attitudes survey, carried out annually by the National Centre for Social Research, which paints a picture of a less-religious country, with 51% describing themselves as non-religious and 43% as Christian.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Daar is geen punt in om alle feite wat daarop dui dat die Christendom toeneem, te probeer wegredeneer met ander minder omvangryke prosesse, soos die British Social Attitudes survey, nie – al wat daar gebeur, is dat twee prosesse verskillende getalle aandui. Al wat dus daaruit met sekerheid afgelei kan word, is dat baie van dieselfde mense, verkies of genoop gevoel het om hulle vorms vir die verskillende organisasies se opnames, verskillend in te vul, maar waarom?

    Mens moet ook in gedagte hou dat die British Social Attitudes survey regtig net oor ’n minuskule proporsie bevolking van die groot globale bevolking (waaroor die survey natuurlik geheel swyg) gaan en dus net handel met tendense in Brittanje.

    Dan kyk mens na ander, omringende en minder opsigtelike faktore om die betroubaarheid vas te stel –

    Daaruit blyk dat Pew ’n spesialis organisasie is wat konsentreer op sake religieus en gespesialiseerde metodes daarvoor aanwend. Die NatCen het ’n baie meer uitgebreide teiken spesimen, wat alle aspekte van die Britse sosiale struktuur ondersoek en is hul vraelyste ook só opgestel, wat per se die kans vir variasie in reaksie waarskynliker maak.

    Beide van die organisasies is al 10 jaar of langer aan die gang, wat net Pew se deskundigheid verder onderskrywe rakende ondersoeke oor sake religieus.

    Pew – hoegenaamd nie die Christendom se maat nie - is ’n onafhanklike internasionale sekulêre organisasie  wat as beleidsbepaling neutraliteit voorstaan juis om gesprek en kommunikasie te bevorder, iets wat nie ’n doelstelling van die Britse National Centre for Social Research bestaan nie. Die NatCen is juis slegs ’n Britse (nie internasionaal nie) polities georiënteerde organisasie wat gewone statistieke dienste lewer ten einde die data wat oor ’n die ganse sosiale spektrum versamel word, waarvan religieuse affiliasie van mense maar ’n baie klein deel uitmaak en dus ’n baie ondergeskikte rol speel, te interpreteer.

    Dus reflekteer dit nie gunstig op die betroubaarheid van die NatCen interpretasie van respondente se reaksies in die geheel van die vraelyste nie.

    Pew stel hom juis ten doel om spesialis informasie oor religieuse affiliasie van mense vas te stel, juis omdat hulle daardie inligting gebruik om hulle doelstelling te bereik, naamlik om, soos hulle dit stel “to promote a deeper understanding of issues at the intersection of religion and public affairs.” Hierdie motivering en benaderingswyse is geheel en al afwesig by die NatCen in Brittanje, wat húlle saak só stel “Our research covers all areas of social policy, and our findings have direct, practical application in terms of understanding social behaviour and informing policy.”

    Beide organisasies word bestuur deur ’n paneel deskundiges en beide beskik oor opgeleide en gekwalifiseerde spanne, om hul onderskeie doelstellings te probeer verwesentlik. Daaruit volg noodwendig dat die Pew se spanne gespesialiseer is om juis ondersoek te doen na globale sake religieus, terwyl die NatCen sake religieus maar oorsigtelik hanteer aan ’n enkele aspek tussen swetterjoel ander van sosiale belang.

    Vraelyste word ook só opgestel – Pew s’n gespesialiseer gefokus op sake religieus en dus is daar veel meer in diepte vrae daaroor in teëstelling met NatCen se “skim-over” vrae oor sake religieus tussen massas ander onverwante vrae van algemene sosiale belang.

    Ieder en elk van die tien lede van die Pew direksie spesialiseer taaksgewys in een of ander aspek van religieuse ontleding en só ook die vier direkteure wat die navorsingspan lei. Dus veertien mense wat spesialis sekulêre rigting gee aan navorsing met betrekking tot globale religieuse sake. Dit is in skrille kontras met die posisie by NatCen  - nie ’n enkele een van die vyf direksie spesialiseer in enige sake religieus nie. Dus nie ’n enkele een wat spesialis rigting gee in sake religieus dáár, nie.

    Die Pew resultate dui ook aan dat die Christendom besig is om globaal uit te brei en nie net meer ’n Europese streekgebonde Godsdiens is, nie. Dit weerspreek die drastiese tendense wat NatCen se meer lukraak verkreë resultate vir Brittanje, wil voorhou.

    Uit bogenoemde is dit dan duidelik en logies dat die Pew resultate as die mees betroubare aangemerk sal word, hoewel baie konserwatief (waarskynlik juis om kritiek te voorkom), wat ek ook in my kommentaar elders hierbo uitwys.

    Dus nie vreemd dat Dawkins en kie die NatCen resultate verkies nie – vir hulle maak betroubaarheid glad nie saak nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Ek sien met verbasing Wouter, of eerder, Dawkins, wat deur Wouter gepapegaai word, se insluiting van die sogenaamde “390,000 self proclaimed Jedi” in sy kommentaar oor Pew se Christendom rapportering.

    Enigiemand wat so bietjie so ondersoek instel, sou onmiddellik agterkom dat dié fenomeen bekend staan as die sogenaamde “Jedi sensus fenomeen”. In 2001 het ’n Engelse organisasie, genaamd the Jedi Census Phenomenon tot stand gekom vir ’n aantal Engelssprekende lande waarin mense aangemoedig is om “Jedi” of “Jedi Knight” op die sensus in te vul by die religie spasie op die sensus vorms. Hierdie mense doen dit in teenreaksie teen die Britse regering, vir eie vermaaklikheidswaarde, omdat hulle op só ’n wyse protesteer teen die feit dat daar van hulle verwag word, om hulle religieuse affiliasie op ’n sensus vorm aan te bring.

    Dit is insiggewend, ook vir die fenomeen dat so baie van die Britte weier om hul religieuse affiliasie in die openbaar bekend te maak – wat beteken dat baie van hulle, wat nie die Jedi-spot wil dryf nie, gewoon sommer net die “no religion” blokkie tiek. Dit verklaar ook die diskrepansie tussen die lukrake Britse NatCen sensus, wat Thomas en Wouter se bekkies so laat kwyl het en die meer gespesialiseerde gefokusde Pew ondersoek, met die Pew wat aansienlik beter syfers as die NatCen rapporteer.

    Soveel vir ou Thomas se “Die punt is dat bewerings eers feite word as dit volgens die wetenskaplik metode bevestig word. Die sensusopnames in Brittanje is byvoorbeeld wetenskaplik gefundeerde ondersoeke en ons kan die uitslae daarvan as feite aanvaar”. Hoeveel maal moes die kêrel nie al dié wilde bewerings van hom sluk, nie, terwyl hy nie ’n enkele teoretiese aanspraak van sy darwinistiese evolusie religie, kan bewys nie… hy wat só op bewyse vir ánder aandring, weet nie eens om self die mees oppervlakkige kontroles in te stel en uit te voer met sy eie bewerings, nie.

    Hoe lagwekkend. Die arme ou agnostici... hul bekkies kwyl só maklik… net om weer hulself te verneder sodra die feite werklik aan die lig, kom.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top