Die Bybel in Kaaps: Job 4

  • 1

Elifas praat met Job

4 Elifas van die land van Teman het beginte praat. Hy’t gesê:

2 “Job, djy sallit sieke nie like as ek vi jou iets proebee sê nie. Maa ek kannie stilbly nie.

3 Luiste na my, djy het vi baie mense gelee hoe hulle moet liewe, djy het mense wat moedeloos was, wee stêk gemaak.

4 ʼn Paa mense wou gevallit, maa djy het hulle gehelp om op hulle biene te bly staan, djy het hulle stêk gemaak om an te hou liewe.

5 Maa nou gattit sleg met jou, en nou is djy moedeloos, nou gebeerit met jou, en nou is djy bang.

6 Djy het altyd vi God gedien, djy was ʼn goeie man, djy het heeltemal reg geliewe. Dis hoekô djy nou moet hoep en wiet dat dit wee bieter sal gan.

7 Dink ʼn bietjie hie’oo: Is daa iemand wat onskuldig was en doodgegan het? Is daa ʼn eerlike mens wat vedwyn het?

8 Ek sien dat dit sleg gan met die mense wat slegte dinge doen, ek sien dat die mense wat anner mense wil lat swaakry, self swaakry.

9 God wôd kwaad vi hulle, en hulle gat dood. God vie hulle weg van die aarde af.

10 Die leeus kan brul en grom, maa as ʼn leeu sy tanne veloo,
11 dan kan hy niks vangie, dan gat hy dood van hongerte, en sy kleintjies wôd oral vesprei.”

12 Ek het gehoo dat iemand sag praat. Ek kon nie lekke gehoorit wat hy sê nie.

13 Dis toe ek gedroemit, toe amal vas an die slaap gewies het.

14 Ek het geskrik, en ek het bang gewôd, my hele lyf het gebiewe.

15 ʼn Wind het oo my gewaai, die hare op my lyf het regop gestaan.

16 Daa het iemand gestaan, maa ek kon nie sien wie dit issie, maa ek het gehoo soes hy gefluisterit:

17 “Sal God kan sê dat ʼn mens reg reg liewe?
Sal ʼn mens onskuldig kan wies voo die Een wat hom gemaakit?

18 Nee, God wiet dat sy dienaars in die hiemel nie altyd doen wat hulle moet doenie.
Hy wiet dat sy engele oek foute maak.

19 Die mense wat Hy gemaakit van klei en stof, maak nog meedere foute; ʼn mens kan daai mense platdruk soes motte.

20 Mense gan elke dag dood, hulle vedwyn vi altyd, en niemand sien dittie.

21 Hulle gan dood en hulle vedwyn, sonner dat hulle wysheid gekry het.”

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top