Die bus is vol appels en pere. Alhoewel die appels in die minderheid is, is die bus nog heeltyd deur hulle bestuur. Daar was ’n tyd dat die bus deur suurgat rooiappeltjies bestuur was maar die groenappels het oorgeneem en ’n beter joppie daarvan gemaak, tot groot verdriet en ergenis van die suurgat rooiappeltjies wat hulle nog suurgatter gemaak het. In die breë gesien egter was die busrit heel aangenaam; die bus het gebly op mooi paaie en die uitsig en landskap was pragtig.
Ewentwil, op ’n stadium begin die pere mor, hulle wil ook die bus bestuur. Die suurgat rooiappeltjies, nog steeds vies oor die groenappels hulle onttroon het, por die pere aan, luidkeels en aanhoudend. “Ja”, reken hulle, “dis niks minder as reg nie want die pere is tog die meeste.” ‘n Groot deel van die groenappels word meegevoer deur hierdie betoog van die suurgat rooiappeltjies en begin al hoe meer mor saam met die suurgat rooiappeltjies en die pere.
Dit het toe tot gevolg dat die bestuur van die bus toe uiteindelik aan die pere oorgegee word, desnieteenstaande die beswaar van omtrent 30% van die groenappels en selfs hier en daar ’n suurgat rooiappeltjie.
Sommer met die inskuif agter die stuurwiel in van die eerste peer begin dinge lol; hy wyk van die grootpad af, ry oor klippe, skuur teen takke en krap die ratte. Die suurgat rooiappeltjies prys hom om hulself te troos – die toestand is per slot van rekening hulle maaksel – en vertel oral rond dat dit nie so erg is nie want die pere is nog onervare wat bestuur betref en binnekort sal die bus op ‘n beter en gladder pad wees waar die landskap nóg mooier is. Die breingespoelde groenappels stem saam, hoe anders; hulle het dan gehelp om die peer agter die stuur te kry.
Teen die tyd dat die tweede peer oorneem is die paadjie nog slegter en die bus nóg verder in die grammadoelas in. Die suurgat rooiappeltjies en die breingespoelde appeltjies sê nie veel nie behalwe om te vertel dat die bus, toe die groenappels nog bestuur het, in net so ’n toestand was want die groenappels het eenkeer oor ’n klip gery.
Teen die tyd wat die derde peer se beurt kom is die bus al ‘n rammelkas maar hy gaan voort, ry deur slaggate verder die grammadoelas in. Die toestand is al so erg dat die rooiappeltjies en die breingespoelde groenappels dit nie meer kan ignoreer of goedpraat nie. Om die waarheid te sê, hule stort ongekende toorn teenoor die derde peer uit. Hulle vertel dat hy nou die bus heeltemal geruïneer het en dat hulle hulself nou in ’n rammelkas met rommelstatus bevind en, wat die landskap betref is, hulle nou in kakstraat.
Hierdie woede uitgestort op die derde peer is niks anders nie as ’n manifestasie van ontkenning – HULLE, die suurgat rooiappeltjies en die breingespoelde groenappels, het juis hierdie toestand teweeggebring toe hulle daarop aangedring het dat die pere moet bestuur ten spyte van die waarskuwings deur die nie-breingespoelde deel van die groenappels.
Nou is die arme derde peer die skuldige. Hoe tweegatjakkals en verraderlik kan mense tog nie wees nie.
Jan Rap

