"Die Bosveldluis" deur Nic Combrink

  • 0

Die Bosveldluis

’n Bosluis het my raakgebyt hy suie vas ou swaer
Hoekom hy juis dáárso byt sal net hy weet sowaar
Dis ’n onreine plek g’n mens sal daar wil kyk
Hoe sal ek die ding bykom juis daar waar hy my byt
Die Bosveldgras het my die vasbytluis laat kry
Hy sit nou bloed en suie daar waar ek jou heen beduie
Die Bosveldgras het my die vasbytluis laat kry
Hy sit nou bloed en suie daar waar ek jou heen beduie

Swaerie bring die tweezer en ’n spieël dat ek kan kyk
Waar die blêddie insek sit wat my so knaend byt
Dan moet ons die bosluis met die tweezer probeer vat
Daar waar hy nou kuier op ’n plooi langs jy weet wat
Die Bosveldgras het my, die vasbytluis laat kry
Kom help ou swaer hy byt my dáár dis baie sleg vir my
Die Bosveldgras het my die vasbytluis laat kry
Kom help ou swaer hy byt my dáár dis baie sleg vir my

Die tweezer en die spieëltjie maak die bosluis bôkkerol
Bosluis bly steeds vasbyt in die plooitjie langs die kol
Swaerie bring die knyptang vir ’n beter greep 'seblief
Nou gaan hy sy Moses sien die blêddie bloedsuigdief
Die Bosveldgras het my die vasbytluis laat kry
Hys deur my vel dit brand soos hel hy laat my bitter ly
Die Bosveldgras het my die vasbytluis laat kry
Hy's deur my vel dit brand soos hel hy laat my bitter ly

Die knyptang vat ’n barshou en die luis se doppie kraak
Keer dat hy nie wegkom nie so moet jy met hom maak
Gooi hom op die kampvuur dat hy knetter in die vuur
Nooit sal hy weer broek-op klim dit was sy laaste uur
Die Bosveldgras het my die vasbytluis laat kry
Hoera hy's weg die saak is reg ek's van die luis bevry
Die Bosveldgras het my die vasbytluis laat kry
Hoera hy's weg die saak is reg ek's van die luis bevry

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top