Die Boeremag

  • 0

Die Boeremag maak ’n fout as hulle dink hulle kan, soos die ANC, geweld toepas om die land oor te neem. Anders as die ANC, het hulle nie die hulp van Engeland, Swede, Duitsland, Nederland, Denemarke, Australië, Nieu-Seeland en Amerika nie (en dis maar net onder andere).

Dit sal ook nie in bogenoemdes se belang wees as die land nie meer in die huidige bewindhebbers se hande is nie; waar anders gaan hulle goedkoper erts kry, minder vir elektrisiteit betaal om aluminium te smelt en besoedelingswette wat nie afgedwing word nie? Nêrens.

So, al kry die Boeremag tien maal die hoeveelheid mense wat hulle voor beplan het, gaan dit hulle niks baat nie want die Anglo-ameuro's is nog steeds die bewindhebbers se geallieerdes.

Wat die Boeremag wel kan doen is om na hulle predikante en pastore toe te gaan en die te vra om alle verskonings vir sogenaamde apartheid terug te trek en dan, verder, moet hierdie einste dominees ’n verskoning van die bewindhebbers eis vir die terreur wat teenoor die Afrikaner gepleeg is (en steeds gepleeg word) deur einste. Terselfdertyd moet hulle hulself bekwaam in allerlei ambagte en professionele rigtings, studie is nie die duiwel se oorkussing nie en buitendien, deeglik opgeleides kan van plekke soos Orania ens lushowe maak.

Hierdie aksieplan gaan nie eintlik die bewindhebbers raak nie maar dit gaan ten minste dan tot sommige Afrikaners deurdring dat hulle niks het om skuldig oor te voel nie, inteendeel. Dit sal nou wel nie wees wat die Boeremag wou gehad het nie maar op die langer duur is die strategiese doelwit min of meer dieselfde; die Afrikaner moet ophou om te gaan staan en lê.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top