Die Boemelaar
Koos Kombuis en mieliepap
Water op die vloer, ek sien my gat
Movie tickets en hondekos
Popcorn maak my altyd dors
Fred Flinstone en TV kyk
Die kat is in die huis, kom ons smyt hom uit
REFREIN:
Op die hoek sit 'n Boemelaar
'n Klein bietjie hoop is al wat hy vra
'n Klein bietjie hoop is altyd daar
Nou vra jy vir my
Hoekom is jy bang, hoekom is jy bang?
God het gesê
Vrees en vlees is nie vir lank
Vrees en vlees is nie vir lank
KFC en drive-thru.
Om haar kinders te support vee sy die vloer
Alkohol is 'n realiteit
waar ons ons drome ver weg suip
Opblaaspop en die Aids-kis
Sê gou vir my wat het julle gemis?
REFREIN
Nou vra hy vir jou
om hom net 'n bietjie vas te hou
Hy weet hy stink na paraffien
maar soos hy is sal hy die Here dien
Wie is ek om oordeel te gee?
Wie is ek om te sê voertsek?
Met sy Bybel en sy laaste brood
met Jesus in sy hart staan hy groot
REFREIN:
Nou vra jy vir my
Hoekom is jy bang, hoekom is jy bang?
God het gesê
Vrees en vlees is nie vir lank
Vrees en vlees is nie vir lank
Op die hoek sit 'n Boemelaar
'n Klein bietjie hoop is al wat hy vra
'n Klein bietjie hoop is altyd daar
Nou vra jy vir my
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


