Die belang van die maagdelike geboorte van die Here Jesus Christus

  • 12

Chris,

Wat ’n demonstrasie van agnostiese lasterlikheid en hardvogtigheid is jou kommentaar oor Maria en die Heilige Gees van God nie – julle “ordentlikheid” is ook maar nie eens veldiep nie. Ek wens so jy had die vermoë om te besef watter oordeel en skade jy jouself berokken met jou lastering van die Heilige Gees? Jy het mos al baie die Bybel gelees en gesien daar word deur die HERE gewaarsku: Mattheus 12:32 “… maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie”.

Dan is jou sotlike lastering natuurlik ook ’n demonstrasie van die uiterste gebrek aan insig en begrip wat julle gebrek aan Spiritualiteit en gebrek aan Spirituele intelligensie julle aandoen – julle tree op soos idiote en is inderdaad spirituele analfabete en gestremdes van die ergste graad.

Maria het juis maagd gebly en die HERE Jesus Christus is uit haar stééds as maagd gebore, want die Heilige Gees het gewoon die Lewe in haar laat ontspring, juis sónder om enigsins haar rein maagdelikheid haar te laat ontneem (die Heilige Gees van God is die Allerheiligste Heilige Gees, nié ’n vleeslike mens nie!). As die maagdelike reinheid en verwekking sonder énige vorm van erotika of wellus nie allerbelangrik was nie, sou God waarskynlik vir Josef laat salf en gebruik het om die lewe te verwek – MAAR, die HERE Jesus is juis nié in sonde ontvang en gebore, nié – HY is die nuwe Adam, die Tweede Adam, wat juis nié uit die vlees verwek is nie, maar uit die Gees, rein, heilig, soos die eerste Adam was net nadat God hóm geskape het, voor die sondeval. Maria se fisiese en spirituele maagdelikheid is juis die materiële én die Spirituele simbool van die rein en heilige manier wat die HERE Jesus verwek en in die wêreld in, gebore is.

Maar julle verstaan absoluut níks.

Meer as tweeduisend jaar gelede al, het die HERE, die einste Woord Wie deur die maagd Mens geword het, verwysende na ’n profesie wat meer as 2700 oud is, gesê: “14En aan hulle (halsstarrige ongelowiges) word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie” en “10… Aan julle (die gelowiges) is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.”

Méér as tweeduisend sewehonderd jaar gelede al, word julle agnostiese selfdesepsie-sindroom én die ooglopende kenmerkende verskil tussen julle en die Spiritueel verstandige gelowiges, haarfyn beskrywe deur die HERE van die Leërskare en julle is stééds te onnosel om dit te begryp … het dit julle nog nie opgeval, dat julle allerlei boeke verslind en die inhoud uitbraak soos ’n bees wat uitbraak om dit net weer te vreet en wéér slaafs te herhaal, maar die één boek waar julle insig en begrip nodig het om dit te verwerk, die opgetekende Woord van God, dié kan julle net eenvoudig nie baasraak nie.

En, die tragiese is, dit hoef nie so te wees vir julle nie … julle is só by eie keuse. Waaragtig, hoe tragies.

Kobus de Klerk

  • 12

Kommentaar

  • Kobus, ons het mos nou al lankal hierdie kwessie rakende die sogenaamde "maagdelike geboorte" ter ruste gele. Ek is verbaas dat elke keer as ek SeNet oopmaak, selfs in die nuwe formaat, dat jy steeds hieroor galbraak.

    Nou soos ek al in die verlede onderstreep het, is daar op wetenskaplike vlak bewyse dat maagdelike geboortes in uitsonderlike gevalle in die diereryk voorkom. Daar is egter geen opgetekende bewys van die moontlikheid onder soogdiere nie.

    Dus is die onus op jou om buite Bybelse verwant, aan te toon, of Maria nie bloot 'n ongelukkie oorgekom het, en dus die hele maagdelike geboorte storie opgedis het nie? Die moontlikheid dat enige iemand deur 'n gees gepenetreer en bevrug kan word, is absolute onsin, en jy is al herhaaldelik daarop gewys.

    Ek maak nie die bewering nie, ek ontken bloot die moontlikheid van maagdelike geboortes onder soogdiere. Ek bevraagteken ook die egtheid van die bybel, soos al vele kere aan jou genoem. Dus is dit nodig vir jou om die bewerings wat jy maak buite bybelse verband te onderstreep. Jy kan nie die bybel as gids gebruik voordat jy nie die bybel as die absolute bron van waarheid kan identifiseer met genoegsame bewyse nie. Onthou ook dat dit nie sal deug om die bybel as bewys van die inhoud van die bybel self te noem nie.

    Groete vir jou

     

  • Chris Dippenaar

    In beide Luk 12 en Mat 12 is hierdie waarskuwing teen die onvergeeflike sonde: om die Heilige Gees te ontken. Dit word algemeen aanvaar dat Matteus en Lukas hierdie inligting kry uit die Q-dokument; dit word nie gevind in Markus nie. Daar word hier onderskei tussen die spirituele gesag van Beelzebul (Mat. 12:24) en die Gees van God (vers 28) in wie se naam Jesus duiwels uitjaag. Daar is geen rede om in hierdie, sowel as die deel in Lukas, te dink daar word na die Heilige Gees verwys as enigeiets meer as die Gees van God in wie se naam Jesus optree nie. Daar is geen goeie rede om te vermoed dat die Heilige Gees hier beskryf word as 'n aparte entiteit nie. 'n Eenvoudiger manier om dit te stel: Jesus tree op in die Naam van God, nie Satan nie.

    Hierdie gedeeltes het oook ander implikasies. Die goddelikheid van Jesus is glad nie seker nie. Hy word herken as die Seun van Dawid (Mat vers 23) of soos later die Seun van die Mens (vers 32), 'n vleeslike mens teen wie dit moontlik is om teen te praat en later vergewe te word. Die Gees van God in wie se Naam Jesus optree mag egter nie ontken word nie. Dit is interessant dat hy nie hierdie wonderdade doen in sy eie goddelike hoedanigheid nie, hoekom nie? Dit is nie eers duidelik uit hierdie gedeelte dat die godheid twee-enig is nie, en absoluut onduidelik dat daar hier iets soos 'n drie-enigheid bestaan. Daarvoor moet jy gaan na die gedokterde gedeeltes in die Nuwe Testament (volg jou link hierbo).

    Verder reken jy dat seks sonde is en dat dit die rede is hoekom Jesus gebore word sonder seks. Laat ek jou herinner dat daar gesê word dat ons in sonde ontvang (seks) en gebore word. As Jesus sondeloos in die wêreld wou kom sou hy die proses van geboorte, net soos seks, ook moes vermy!

    Jy kan my noem net wat jy wil: sot, onnooslike of idiotiese, spirituele analfabetiese gestremde, ek voel 'n veer.  Jy is 'n patetiese skepsel in die tronk van 'n spirituele 'bigot' wat ek eerder sou wou bejammer as kwaad voor word as dit nie was vir die skade wat jy doen aan ander met jou idees nie. Daarvoor verdien jy geen simpatie nie.

  • Kobus,

    Hoekom het God dit nodig geag om enigsins 'n mens (Maria) te gebruik vir die geboorte van Jesus? As God so magtig is, kon Jesus mos maar net verskyn het, ongekontamineerd deur die vleeslikheid en wellus. Dan was die arme Maria ook die pyn van 'n geboorte gespaar. Waarom al die ongelooflike lang en onwaarskynlike paaie volg? Moet dit so ingewikkeld as moontlik wees, sodat niemand verstaan wat daar aangaan nie? Hoe meer duister dit raak, hoe makliker word mense gedwing om soos kinders te glo en hoe makliker is dit om skeptici te veroordeel, dat hulle spiritueel onverstandig is.

    Jy impliseer ook dat seks sonde is en dat 'n doodnormale natuurlike voortplantingsdrang (soos deur God daar gestel) sondig is in al sy vorme nl erotika en wellus. Dis darem 'n helse paradoks dat die mens geskape is en slegs kan voortplant in sonde!

    Jy praat ook daarvan dat die een boek waar mens "insig en begrip" nodig het, nie deur "julle"baasgeraak kan word nie." Ek vra weereens,hoekom is hierdie boek so ingewikkeld, dat 'n gewone leek sukkel om dit te verstaan? Dit laat weereens die deur oop om iemand wat twyfel aan die sogenaamde "waarheid", te veroordeel en van spirituele onintelligensie te beskuldig.

    Nog iets,ek het jou nog nooit beledig nie,maar jou byvoeglike naamwoorde vir my as persoon,ken geen perke nie. Jy weet niks van my af nie. Die feit dat jy 'n Christen is gee jou nie volmag om andere wat anders dink te veroordeel nie!

      

    Perdebytjie.

  • Chris Dippenaar

    Hello Perdebytjie

    Die Bybel is ingewikkeld verseker, maar as jy dit lees soos Kobus verander dit in een yslike gemors. Dis vir my verstommend dat iemand soos hy wat aanspraak maak op sy Bybelkennis nie Mat. 12:32/Luk12:10 (Whoever/And everyone who speaks a word against the Son of Man will be forgiven, but whoever speaks against the Holy Spirit will not be forgiven, either in this age or in the age to come) herken as Jesus wat die tweede gebod aanhaal nie: Ex. 20:7/Deut. 5:11 You shall not make wrongful use of the name of the LORD your God, for the LORD will not acquit anyone who misuses his name.

    In Matteus en Lukas word hierdie woorde direk gerig as beskuldiging teen die Fariseërs. Jesus glo dat hy praat en optree in die naam van God, en nie in die naam van Satan nie. Eers maak hy die argument dat hy nie Satan kan uitwerp in die naam van Satan nie, wat nogal slim is want dit beteken dat die enigste alternatief kan wees dat hy Satan uitgooi in die naam van God. Hy herinner dan die Fariseërs, die skrifgeleerdes in die Joodse gemeenskap, aan die tweede gebod wat hulle besig is om te oortree deur God te identifiseer as Satan. Dit is sekerlik hoe hierdie gedeelte gelees en verstaan is totdat 'n ortodokse Christen gepeuter het met die teks deur die Heilige Gees in te smokkel. Vandaar die onvergeeflike sonde teen die Heilige Gees, geskep met die veeg van 'n veer.

    Moenie dat Kobus se beledigings jou te veel pla nie. Nie omdat jy hom moet vergewe omdat hy nie weet wat hy doen nie. Maar omdat hy homself oorgee in die hande van sy God wat hom elke dag van sy lewe laat wonder of hy gaan brand of nie. Wat 'n *** lewe!

    Mooibly

    Chris

  • Chris

    Die Bybel is voorwaar ingewikkeld,want dis deurspek van weerspreking en ongelooflikhede,wat dit net weereens vir my bevestig dat menslike penne en gedagtes verantwoordelik was vir die skepping daarvan.Ek sien geen Goddelike hand daarin nie en beskou dit as 'n handleiding van mense wat in 'n onwetenskaplike tydperk probeer soek het na antwoorde op die lewe.

    Natuurlik is daar diegene wat dit misbruik het ook vir die regverdiging van hul eie doelstellings,soos die totale miskenning van die regte van vrouens,die regverdiging van slawerny,die uitwissing van vyande en om as afskrikmiddel te dien deur sondaars met Satan en helse vure te dreig.

    Ek wens jy kan die friese sien op die plafon van die Domkerk in Florence.As ek elke dag daar moes kerkgaan,sou ek in vrees en bewing geleef het.Dis duiwels met vurke en gillende mense wat brand in die hel..lelike goed hoor!Alles net om mag oor andere uit te oefen.Jammer dit werk nie vir my nie.Ek doen niemand kwaad aan nie en ek het nie nodig om heeltyd te hoor van my sondige natuur nie.

    Die Bybel bied wel baie mooi dinge ook en is 'n handleiding van goeie norme en waardes en ons kan baie daaruit put.Maar hierdie norme en waardes is wat my betref universeel en nie die eiendom van die Christelike Godsdiens alleen nie.Primitiewe volke soos die Boesmans,wat nooit van Jesus of God gehoor het nie,het self goeie waardestelsels gehandhaaf.

    Groetnis

    Perdebytjie

  • Kobus de Klerk

    Perdebytjie,

    Jy is verkeerd met jou stelling dat die Woord so “ingewikkeld” is dat 'n “gewone leek” sukkel om dit te verstaan - dit is glad nie so nie. Jy vergeet dat julle paartjies, die agnostici, die enigste is wat dit nie kan glo nie en selfs verstaan, nie. So, jy moet jouself dus asseblief nie as die ‘gewone leek’ tipeer nie – jy is ongelukkig vir jóú, een van die klein groepie wat dit nie wíl verstaan nie. En die HERE sê juis in die “ingewikkelde” Woord dat, juis om daardie rede, julle onwilligheid, sál julle dit nie verstaan nie – die vrug van julle onwillige, bevooroordeelde agnostisisme – dit is wat julle saai, só, waarom verwag julle ander vrugte?

    Die antwoord is dat God Sy Woord juis as Mens qua mens laat inkarneer het, om die finale straf vir sonde teen God, die dood, op Hom te neem as mens, nie as God nie!? Moet God Homself dan “doodmaak” ter wille van die verlossing van Sy skepsels? God kán in ieder geval nie doodgemaak word, nie.

    Dus die Woord het as ware, maar sondelose, Mens geïnkarneer en het die pad as Mens bewandel, maar sonde – in die plek van die vroeëre sondoffers.

    Nou, ’n mens wat nie uit die skoot van die vrou gebore word nie, is nie waarlik mens, nie. Daarom Maria, ’n rein, skoon maagd (wie, terloops, eers haar toestemming vir die proses gegee het, nadat dit aan haar verduidelik is, voor die sekslose bevrugting plaasgevind het). Die rein maagdevrou (die simbool van sondeloosheid, verál in daardie dae) was juis die onontbeerlike mens-skakel.

    Dus, Mens wie instaan vir mens, úít mens en nie uit nie, maar ván God.  Chris se lasterlike siek gesinspeel elders, op geslagtelike omgang, asof dit ’n mens is wat Maria swanger laat word het, is walglik lasterlik.

    As die HERE Jesus nie Mens geword het, nie, kon hy nié die verlossingsrol vervul nie, én só ook as HY nie sondeloos was, nie. As Hy ook vol sonde was, het HY vir Homself gesterf, maar nou het HY as Losser, sondeloos, ingestaan vir die andersins sondige mens. En as voorteken vir wat met álle gestorwe mense sal gebeur, is HY op die derde dag uit die dode opgewek in verheerlikte menslike liggaam. Hy is weer in Sy Goddelike (Spirituele) natuur, waar HY dan ook 40 dae later na die Hemelwoning opgeneem is, en so sal HY weer kom op die regte tyd.

    God het man en vrou geskape met geslagsdele om in die huwelik intiem te verkeer as die mees eksplisiete fisiese manier om diepe, heilige liefde te betuig, en veral ook, om uit daardie milieu van ware liefde, nuwe, kosbare lewe voort te bring – Dit is lieflik, nie sonde, nie.

    Maar vir ’n groot part van die mens, veral ook in die tyd van Maria, het seks ’n vulgêre en dieptelose spel geword om een doel te bereik en dit is om die erotiese wellus te bevredig, sonder ’n sweem van liefde of heiligheid. Dus, intimiteit was nie meer geassosieer met liefde en heilige liefdesbetuiging nie, maar  met sondige, smetlike wellustige seks. En dáármee, kan die HERE se geboorte en SY aardse moeder se swangerskap, baie beslis nié geassosieer word nie – vandaar die belang van ’n rein, vroom meisie se maagdelike swangerskap en só is dit dan deur God bewerkstellig.

    Julle sukkel met die konsep God en mens, en terselfdertyd, albei, in die geval van die HERE, Jesus Christus, omdat julle net een dimensie kan sien. Hoe sal jy hierdie dinge verstaan sonder Spirituele insig en -intelligensie, slegs van God te bekom?

    Die kritiek wat jy trek, is dít wat jy vanweë jou agnostiese desperasie  op jouself trek. Ek weet genoeg van jou om van jou te sê wat ek sê. Wat jy graag vir ontbyt wil eet en watter klere jy graag dra, is van geen belang nie en ek hoef dit nie te weet van jou nie – maar ek weet van jou dít wat uit jou hart uitkom wat jy hier uitgiet. Neem verantwoordelikheid daarvoor, of beter nog, besin.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    jou redelose gekekkel oor jou interprestasies is só sinneloos, dat dit nie verdere kommentaar benodig nie.

    Byvoorbeeld – die HERE het na die satan verwys deur aan te dui dat die fariseërs só insigloos is (soos wat jy, byvoorbeeld is), want, sê HY vir hulle, wanneer hulle beweer HY werk deur die satan, is hulle onnosel, want die satan sal nie teen homself ageer nie – dus, hulle moes wéét dat HY deur die Heilige Gees werk. En, waarsku Hy hulle, dat hulle daardeur teen die Heilige Gees sondig, want om die satan se duistere werke aan die Heilige Gees te wil toedig, is onvergeeflike sonde teen die Heilige Gees.

    Nog een - Jou bewering dat die HERE Jesus “glo” dat HY praat en optree “in die Naam van God” – watter louter onsin. Die HERE Jesus wéét Wie HY Self is – HY is juis die geïnkarneerde Woord van God en ís dus terselfdertyd ook God! – (Johannes 8:31-47, veral 42 en Johannes 14:6-7)

    Só nog ’n demonstrasie van jou af - daar is wragtig nie einde aan jou insigloosheid nie - Weereens, jy het nié insig óf kennis nie. 

    Kobus de Klerk

  • Kobus,

    Verkeerd!

    Jy weet absoluut niks van my af nie en oor ek van jou verskil in opinie, gee dit jou nie die reg om my aan te val nie. Ek het nog nooit en sal ook nooit iemand se persoon aanval nie,al verskil hy van my.Daarom kan jy my maar beledig en 'n desperate agnostikus noem,net soveel kere as wat jy wil.Ek sal net die ander wang draai ...!

    Ironies, ne, dat ek nou 'n Bybelse waarde op jou trek, iets waarmee jy blykbaar self geweldig sukkel!

    Perdebytjie

  • Kobus de Klerk

    Hallo!!

    Perdebytjie, die agnostikus, vind Bybelse waarde aanvaarbaar? Maar dit is goed so, Perdebytjie. Onthou maar, dit is Goddelike waarde wat in die Bybel opgeteken staan.

    Nee, jý is die een wat die etikette om jou nek hang. Om gelowig te wees, is heel normaal, ’n spontane gang van die lewe – ’n ongelowige, nie, en is die uitsondering, is die een wat (negatiewe) aandag trek.

    En as mens dan sien hoe jy met feite omgaan, soos ek uitgewys het met die Bermuda Triangle artikel, dan is dit die toonbeeld van desperasie.

    Maar toemaar, die idee en bedoeling van my kant is nie om jou te beledig nie - glad nie – maar jou minagtende, lasterlike omgang met dít wat vir biljoene mense heilig, kosbaar en waardevol is, naamlik God en Godsake, stel jou bloot. Soos ek sê, neem maar verantwoordelikheid. En jou manier om uitsoekerig met die Woord om te gaan, dui op jou oneerlike disposisie omtrent daardie dinge – aanvaar wat jy kan verstaan en verwerp en vertrap onder jou voete, want jý nie kan verstaan nie.

    Die Boesmans weet ook beter as jy, ja, want hulle is báie spirituele mense en só ook die Aborigines en die inwoners van die woude van Borneo en Amasone en elders. Bring nou die Evangelie van Jesus by hulle en hulle word Sy gretige, getroue volgers en dissipels, want God het reeds die substraat in elke mens geïnstalleer om dit so te doen en hulle erken Hom dadelik as die Seun van God, weens die Spirituele verbintenis wat in plek kom. Soos daar geskrywe staan in die Woord en soos hoeveel keer al uitgewys, het God aan élke mens die vermoë gegee om Hom op te soek en om Sy Geregtigheid na te volg en Hom daarvoor te eer – en dit is net jou eiesinnigheid, jou selfbeheptheid, wat jou vervreem van dié Goddelike geskenk – jy noem dit jou “rede”, eintlik is dit jou ondergang, weens die misbruik van jou "rede".

    Groete,
    Kobus de Klerk.

  • Kobus de Klerk

    Johan,

    Dit help jou nie meer om net wilde ontkennings te maak, nie. Die gesprekke het al gevorder en ouens soos jy en Angus wat bloot ontken getooi in wolhaarstories, sonder die publikasie van substansie daarvoor (leer maar by Chris, hy probeer ten minste) te stel, is hoeka verby en word geïgnoreer.

    Ek het mos die uiteensettinge gegee. Bring jou substansie om dit te weerspreek, as jy kan.

    Niks is te ruste gelê nie – en jy is nie die enigste een wat ter sprake is nie – as jy mooi kyk, sal jy sien dat dit nie ek is wat hierdie keer hierdie kwessie aangeroer het, nie.

    Trouens, op ’n manier hét jy al gehelp om dit te bevestig (terwyl jy dit in jou insigloosheid wou weerspreek). Om jou voorbeeld te gebruik - wat in die natuur met diere gebeur, kan ook met die mens gebeur, of is die mens nie meer deel van die biologiese natuur nie? God is mos die Skepper van die natuur en God wend dit vir Sy doel aan. So is daar baie dinge wat in die biologiese natuur gebeur, wat ook met die mens gebeur - soveel só dat die agnostici heeltemal deurmekaar raak en dink dat die mens selfs 'n afstammeling en verwant van diersoorte in die natuur is. Dus, wat dít aanbetref, dankie vir jou bevestiging van dié belangrike kwessie (interessant hoe julle saamwerk, maar onwillig só, nie eens besef dat julle dit doen, nie).

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Kobus, jou kamtige "Goddelike waardes" is niks anders as, onder andere, Epikuriese en Stoïse waardes vermeng met 'n Platoniese en Oosterse (Boeddhisme) siening en ervaring van die lewe. 'n Goeie ding as mens dit vergelyk met die meer suiwer weergawe van die Ou Testament God. Die enigste vlieg in die salf is die onverdraagsame dogma van die Christengeloof self.

  • Kobus de Klerk

    O, maar Chris,

    Laat ek jou gou reghelp – die “waardes” waarvan jy praat, put algar uit die antieke ware Godsdiens, dié van Noag, Melgisedek, Abraham, Isak, Jakob en Moses –

    Siddharta Gautama het ongeveer 900 ná Moses, lánk gesoek na die waarheid, meer dikwels as nie op die verkeerde spirituele plekke, maar tóg ook in aanraking gekom met die Goddelike waardes óók. Maar voor hy die doolhof van die okkultiese spirituele realm kon deurwerk wat tussen hom en die Waarheid gestaan het, het hy ontydig aan voedselvergiftiging gesterf en het sy volgelinge maar hul eie kop gevolg met wat hy begin leer het, so min soos wat hy geweet het. Daar tussenin was bepaald ook ’n klompie Goddelike waardes, maar gekorrupteer deur die bygevoegde eienaardige boeddhistiese asketiese-nihilisme.

    Om nie eens van die Stoïsyne van latere tye, maar in ’n ander wêrelddeel, te praat nie. Daar is Goddelike waardes weer deur die juk van oordrewe “rede” verongeluk of afgewater – baie soos julle eie probleem, maar julle s’n oorskry alle perke van rasionaliteit en redelikheid. Die stoïsyn het darem nie in ontkenning van die spirituele probeer leef, nie.

    Wat jou bewering oor die epikuriese aanbetref, het jy seker dié woord iewers gehoor, en gebruik dit sommer om vernaam te klink, maar jy ken nie die implikasie of betekenis daarvan nie, óf jou onkunde van die beginsels van die Christendom en Goddelike waardes is meer ingrypend as wat ek gedink het – dalk albei?

    Ek kan insien dat jy, in jou huidige staat van agnostisisme in die ware sin van die woord “agnostikos”, nie ’n idee het wat in die Christendom of Godsdiens aangaan nie, maar jy behoort darem te weet dat die epikurisme lynreg deur beide die stoïsisme én die boeddhisme, wat suiwer in die wysbegeerte dissipline val, weerspreek word.

    Dit is ook nie ’n kwessie van die Christelike “dogma” wat “onverdraagsaam” is, nie. Dit is ’n kwessie dat die Waarheid (Christelike dogma) en die leuen (versinsels) net nie saam kán bestaan nie – soos lig en duisternis – die lig is nie “onverdraagsaam” nie, maar oorheers en verplaas die duisternis van nature. Of soos water en vuur – die water is nie “onverdraagsaam” nie, maar oorheers en blus die vuur van nature. Maar ’n kwaadwillige siel soos joue, vol duisternis (spirituele leuens), sal uiteraard antagonisties staan teenoor die Lig (die Waarheid) en dit op elke wyse probeer teëwerk, ten koste van jou eie geloofwaardigheid. - en jou lewe...

    Groete,
     Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top