Ek dink dit was ’n donnerse gevaarlike plek met ’n paar krokodille soos die ou grotes op sandbanke in Zambia en Caprivi? Ook met swart mambas en ’n paar lang dik geel slange? Wat van al die woestyn-skerpioene? Daar by Nakop lyk hul soos mini-krewe. Kyk, die goed moes nie geëet het vir 40 dae en 40 nagte, want ek is moerse bly olifante vlieg nie. Ek dink nie Noag het ’n keuse gehad van watter deel van natuurlike voedselketting hy kon laai en los nie. Dis hierdie laaste punt nl die natuurlike voedselketting wat simbioties werk, wat Noagiste lyk my vergeet. Die wat van boomtoppe vreet en die wat die mis wegrol, werk almal tog saam in die ewige sirkel van lewe? Dis net so ’n pyn soos jy mag nie begeer of egbreek nie, maar Josef se vrou was deur “heilige gees” bevrug.
Hans Richardt

