Die Archaeopteryx as oorgangsfossiel

  • 0

Die Archaeopteryx is een van die bekendste, beroemdste, berugste, vernaamste fossielontdekkings van alle tye. Die afdruk in ’n rots van ’n halfreptiel halfvo?l gedaante het ’n groot opskudding veroorsaak toe dit in 1861 in Duitsland opgegrawe is. Gelowige Christene veral het verskriklik tekere gegaan en dit sommer summier as bedrog bestempel. Nadat nog verdere fossiele opgegrawe is, het hulle al stiller en stiller geword. Slegs twee jaar na Darwin se boek Origin of Species en hier verskyn ’n fossiel wat evolusionêre transformasie wys. Die Archaeopteryx is ’n pragtige voorbeeld van ’n oorgangsfossiel. Die geraamte is baie duidelik dié van ’n reptiel, maar dit het die vere van ’n vo?l. Sjoe, Het dit nie die debat tussen Kreasioniste en Evolusioniste laat opvlam nie!

Die Archaeopteryx met sy reptiellyf en vo?lvere laat mense tot vandag toe kopkrap. Voëls is mos diere wat meestal kan vlieg en bedek is met vere, het almal gemeen, maar toe verdiep die raaisel nog verder toe daar in China so ’n dekade gelede ’n dinosourus fossiel opgegrawe is met duidelik tekens dat hy vere gehad het. As dinosourusse vere gehad het dan is voëls mos ’n vertakking van hierdie diere. Voëls is inderdaad ook afstammeling van die theropods, dinosourusse met vere.

As daar diere was met vere voor daar voëls was, moes vere ’n ander doel gedien het as om te kan vlieg. Al antwoord hierop is dat as isoleerder gedien het, en dat voëls dit later aangepas het om te vlieg. Verder is dit al algemene kennis dat vere aangepaste skubbe is.

Groete
Angus

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top