Chris probeer die feit dat hy in sy kommentare in minder bewaakte oomblikke sy besef van die werklikheid van die bestaan van God laat deurskemer, wegredeneer met allerlei pogings, wat natuurlik ook die gebruiklike persoonlike beledigings teenoor my, insluit. Hy probeer almal flous deur voor te gee dat dit nie gebeur nie, soos hy homself as agnostikus probeer flous weens daardie agnostiese selfdesepsie psigose ...
Maar Chris is ook maar net die refleksie van sy sielsgenote in daardie verband.
Wanneer hy oor God skrywe, bedoel hy elke woord soos hy dit skrywe, lasterlik soos dit is – hy is mos nie ’n taalkundige analfabeet nie! Nee, dit is juis die probleem met die agnostici – weet van beter – naamlik dat God werklikheid is, maar wil dit nie so hê nie en gee hulself dan oor aan hierdie uitvoerige, fyn uitgewerkte maar eienaardige netwerk van selfdesepsie om hulself daagliks te probeer wysmaak dat God kwansuis nie werklikheid is, nie. Vandaar die obsessie met God en SY Woord (hierdie obsessie erken hy self). Dit is die eienaardigste van alles omtrent hulle – dat hulle ’n obsessie kan ontwikkel oor 'onwerklikheid', oor ’niks' . Hy sê mos God is 'onwerklik', nie waar nie? Dit is soos ’n tragikomedie met hulle, want dit is komies om te sien watter metodes en sêgoed hulle aanwend en hoe (meeste van) hulle hulself met aggressie en beledigings probeer handhaaf in hierdie fasade om te probeer maak of die werklikheid, nie bestaan, nie ... en terselfdertyd is dit natuurlik tragies om so iets by mense te moet aanskou.
Die gevolge daarvan is natuurlik die tipe diepgewortelde gebrek aan begrip en insig in God en SY Woord wat daartoe lei dat hulle nie eens kan besef dat God werklikheid is, en Zeus, saam met die ander panteon van mensgeskepte afgode, juis fabelagtige, mitologiese plaasvervangers van die werklike God by eertydse verdwaalde mense was, nie. Ons sien hierdie einste fenomeen, byvoorbeeld, by Cornelius wat al te dikwels sy mitologiese dinge hier onder die Naam van die HERE kwytraak.
Die duidelikste voorbeeld van hulle onvermoë om te onderskei, is juis geleë in hulle hantering van fabelagtige panteon afgode soos Zeus asof daardie afgode vandag steeds gedien word, soos God vandag gedien word, terwyl die praktyke om en bestaan van die religieë rondom daardie afgode, eeue gelede al uitgesterf en in onbruik verval, het. Hulle kan blykbaar net eenvoudig nie die onderskeid tref, nie en het lankal reeds tred met die werklikhede daaromtrent verloor.
Soms kom die onderdrukte, verskuilde besef van God se werklikheid by hulle uit wanneer mens met hulle praat oor die dinge – soos nou weer met Chris. Dit kan mos nie verhelp word, nie – God is werklikheid en soos daar geskrywe staan, wat ook by hulle verborge is, sal ook openbaar gemaak, word – en dit sien ons, selfs by hulle (Markus 4:22). Om my persoonlik te probeer beledig, gaan nie die knoop vir hom deurhaak in sy defensiewe houding nadat hy met die werklikheid gekonfronteer is, nie. Let byvoorbeeld op Angus se eie reaksie in sy eerste kommentaar – let op hoe hy, nadat hy nou gesien het dat ek Chris met die werklikhede omtrent hulle diep verskuilde siening oor God konfronteer, skielik sorg neem om in sy verwysing na God dit só te klee dat sy werklike wete omtrent God (dat God werklikheid is) soos uit sy vorige skrywes en kommentare by implikasie blyk, verskuil bly! Uitgevang!
Maar hierdie eienaardige houding van hulle het tot gevolg dat hulle nie meer insig het in die verskil tussen werklikheid (God) en fabel (Zeus), nie. Hy self raak gedurig deurmekaar met die fabels rondom Zeus en ander fabels en probeer dit op God van toepassing, maak – Daarom sal dit nie verbaas dat Chris, byvoorbeeld, na beide God en Zeus verwys as werklikhede nie, want daardie name is vir hom maar net alternatiewe aanspreekvorme vir dieselfde Godheid. Kyk maar ook na Angus, Jaco en Thomas ens. se eie hantering daarvan – hulle weet weens hulle eie selfdesepsie, nie meer herwaarts of derwaarts, nie.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus, jy kan nou maar afvee, opstaan en die ketting trek. Jou poging tot sielkundige speel is pateties.
Het jy nie ’n kar om te was of ’n grasperk om te sny nie?
Ag, nee wat, Kobus! Nie uitgevang soos jy in jou Walther Mitty-drome droom nie. Die God waarna ek verwys is die God van die Bybel en die Bybel is ’n letterkundige werk m.a.w. ’n skepping van die menslike verbeelding: fiksie.
Dis hierdie fiktiewe God van jou wat volgens die Bybel, en wat hierdie God self sê in die allegoriese Bybel, die oorsaak van die bose is.
Groete
Angus
Onnodig om te sê, vir meeste, maar jy besef blykbaar nie hoe inhoudloos en swak jou kommentare is, nie, Chris. En, natuurlik, hoe swak dit op jou reflekteer, nie.
Meen ek wys dit maar weer vir jou uit, vir jou eie beswil, natuurlik. Baie dikwels is dit vir julle beter om stil te bly, as om die soort van holheid wat andersins uitkom – soos hierbo.
Kobus de Klerk
Nee, Angus, die Bybel is hoegenaamd nie ’n 'letterkundige' werk, nie en ook nie bedoel om so te wees, nie – duidelik, nie. Jy is darem onkundig oor die aard van suiwer letterkundige werke, om nie eens van werke soos die Bybel, te praat, nie. Maar die optekenaars daarvan was uiters God-begaafde en Godgeïnspireerde mense wat ’n slag het om die Geestes- en natuurwetenskaplike relevansie en aaneenskakeling, op baie dinamiese wyse aan selfs ’n leke-leser op verstaanbare wyse, aan te bied.
Uniek, sowaar.
Daar is maar net ’n baie geringe paartjies wat nie eens die basiese essensie en strekking van die Woord daarin opgeteken, kan begryp nie – julle.
Die Bybel is bron van die geïnspireerde Woord van God, is wel ’n omvangryke en natuurlik die mees gesaghebbende en gesogte Geestelike (Spirituele) werk van alle tye. Hoe anders, dan – die een en enigste waaragtige God het die volledige essensie van die Woord daarin, dan geïnspireer en gelei – en jy en jou paar maters is net eenvoudig nie opgewasse daarvoor, nie (nog nie ...)
Kobus de Klerk
Kobus,
As die Bybel, volgens jou, nie fiksie is nie, dan is dit nie-fiksie. Dan is die Bybel mos ’n wetenskaplike handboek, en/of Geskiedenisboek. Dan kan ’n mens dit nie metafories verstaan nie, maar letterlik. Dan moet dit getoets word of ’n slang en bome kan praat, kan ’n taal gepraat word sonder spraakorgane? Daar sal ook bewys gelewer moet word dat God bestaan en dat hy uit ’n hopie grond en ’n ribbebeen die eerste mense gemaak het. Bewys sal gelewer moet word van sy metode. Trouens, alle wonderwerke sal deeglik wetenskaplik getoets moet word, soos die moontlikheid dat water in wyn kan verander, of ’n man op water kan loop, of ’n menslike wese in sout kan verander, of iemand maagdelik gebore kan word, of geraamtes uit grafte kan opstaan, of ’n man met sy kierie die Rooisee kan oopkloof, ens, ens, ens.
Die Bybel sal ook getoets, en moet voldoen, aan die norme van geskiedskrywing. Bewyse sal gelewer moet word van die historisiteit van God, Abraham, Moses, Jesus, Herkules, ag, ek bedoel Simson, die Duiwel, ens, ens, ens.
Wetenskaplike en Historiese werke kan nie aanspraak maak op "Goddelike inspirasie" as bewys vir die korrektheid van hulle inhoud nie; slegs fiksie, mites, legendes, fabels het daardie reg.
Angus
Angus, genadiglik is die letterkunde in sy omvang nie so beperk soos jy dit maak, nie. Maar dit daar gelaat, want dit is nie relevant vir doeleindes van hierdie gesprek, nie.
Jou aanhoudende bokspringery weens jou insigloosheid is egter vervelig en moet end kry.
Kyk, jy sal nie begryp wat die inslag, waarde en konsekwensies van die opgetekende Woord behels, nie. As jy kon, sou jy nie so sinneloos probeer spartel het om die Woord in een van jou kassies in te prop, nie.
Die Woord in opgetekende formaat, die Bybel, is uniek, en poog geensins om in een van die beperkende kategorieë van die hedendaagse letterkunde ingepas te word, nie en voldoen eerder volkome aan die doel waarvoor dit ingegee, is.
Die Woord soos in die Bybel opgeteken, is Godgeïnspireerde werk, en is ’n handleiding vir Spirituele opvoeding, en is hoofsaaklik Geesteswetenskaplik van aard, hoewel ook nie net daartoe beperk, nie. Die Woord hanteer wetenskaplike feite, historiese feite en Spirituele feite alles in hul Spirituele konsekwensie en relevansie en daarvoor word aangewend haas elke handige stuk taalgereedskap wat beskikbaar is om die Spirituele werklikheid van God en God se verhouding tot en interaksie met, SY skepsels, in die essensie daarvan, in die werklikheid en relevansie van die mens se bestaan op aarde en daarna, uit te spel en sal nooit beperk kan word tot ’n enkele letterkundige genre nie – die Woord is gans te dinamies, uniek een eenmalig, daarvoor. Die doel van die Bybel is dus nie om as letterkundige werk te dien, nie, maar as handleiding vir die mens om Goddelik-Spirituele vaardigheid vir mens te help bewerkstellig, omdat dit ewigheidswaarde (na een of ander kant, toe ...) vir elke mens, het.
Duideliker kan dit nie vir jou uitgespel word, nie. As jy dit steeds nie begryp nie, is jy op jou eie.
Dinamies en vol lewende Goddelike Spiritualiteit is die Woord bepaald - die Bybel, waarin die essensie opgeteken staan, is die gewildste en mees dinamiese en invloedrykste Boek van alle tye, vir eeue al – nie eens die agnostikus sien kans om sonder ten minste een eksemplaar daarvan klaar te kom, nie. Daar is nog nooit enige letterkundige werk in die geskiedenis, waarvan daar soveel eksemplare gedruk en uitgegee is, wêreldwyd, soos juis hierdie Boek van die Woord, nie – en sal ook nooit wees, nie, want geen ander letterkundige werk is so uniek en Lewend, soos die opgetekende Woord, nie. Hierdie feit alleen, behoort jou tot stilte en nadenke te stem oor jou poging tot hantering daarvan.
En jy wil hierdie Lewende., dinamiese opgetekende Woord dit in ’n onsinnige poging in ’n enkele kategorie kassie probeer indruk?!
Staak nou jou aanhoudende, onsinnige gekarring oor iets waarvan jy nie werklik kennis dra, nie, asseblief.
Kobus de Klerk