Die afgelope week

  • 1

Foto: Pixabay

Die afgelope week was een van die belangrikste tydperke in die land se geskiedenis. Die konsert/bedryf wat die afgelope paar dae afgespeel het was agv van die rolspelers wat dit te ver gevat het.

Die afgelope 27+ jaar se wittebrood kon net nie so voortgaan nie. Die boorlinge wat veronderstel was om die bevoorregtes te wees, se droom is aan skerwe. Die bestuur/hantering van die pandemie was die hoofoorsaak tot die pitsweer wat nou oopgebars het. Na die bevryding vra die boorling: het sy lewensstandaard verhoog en is hy/sy beter af? Die wanfunksionele staat se vergrype het daartoe bygedra en nie ongesiens verby gegaan nie.

Ek is diep binne my verheug oor die narsistiese, masochistiese orgie van vergryping wat die afgelope paar dae plaasgevind het. Ek is nie met die finansiële verlies daarvan beïndruk nie. Die skade van die land se beeld sal ook oorgaan en herstel en geboue/infrastruktuur kan herstel word.

Wat egter die belangrikste was was die aardskuddende ontwaking van die massas dat hulle die afgelope 27+ jaar aan hul neuse rondgelei is. Jy kan nie vryheid, demokrasie, menseregte en al die ander voordele eet nie.

Die regime se subtiele omgekeerde rassisme het ook in hul gesigte ontplof. Die stille meerderheid het opgestaan en gesê, genoeg is genoeg. Die regime het geskitter in hul afwesigheid. Waar daar suksesse was met die burgery wat suksesvol eiendomme en lewens beskerm het, word die regime se totale ontkenning van die werklikheid weer eens na vore gebring deur die rassekaart te speel.

Ek hoop en glo dat wat uit die puin gaan opstaan, vernuwend sal wees. Die sienende blind horende doof-gepeupel is wakker geskud. Die volk is om die minste te sê gatvol. Interessante tye wat voorlê, en ek is versigtig optimisties en dit is nog de einde niet. Hier kom nog pret en plesier. Wanneer die babelaas uitgewerk is en die hongerpyne knaag, is dit wanneer die speletjies gaan begin.

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, handel jou brief deels oor Afrika-buurlande se burgers wat regstel-inkopies hier gedoen het? Ek dink al wie aan hul neuse rondgelei was vir drie dekades, is die politiek korrektes.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top