vir Mens, wat wil wegkom, vlug,
nie meer wil dink, aan Pad, t’rug,
na Vader, Skepper, Jehowa, Jah,
Jahwe, Allah, Buddha, Khrsna,
aan Keiser, Koning, Almagtige,
perslotvansake, Goeie Kennis
weet Mens hoe Gewete gewen is,
deur opponent nr 1, deur sjatan,
demoon, verleier, kapitaalrassis,
onderdrukker, van meerderheid,
hoe Mens verlei’s, val vir sy trieks,
onkund’-ontkenningskunde, ‘ras’,
‘klas’, kapitaalverhaal, innie mieks
struktuurgeweldstelsel, kil, Gewete-loos,
net reg vir Mens, wat graag wil wegkom,
uit mag van magsugtigheidsikoon, sjatan,
‘t Spiritueel uit die weg t’ruim, heel af t’skaf,
soos ‘n vieslikvuilvrot gewoonte, een keer,
af t’leer, “ras” en “klas” so retro, onkreatief,
in Self-destruksiepatroon, ineengeweef,
slagoffers nie Lewe Twee sal kan ervaar,
sjatanstories waarlik amper almal onwaar
Jacobus Faasen

