demonium toe verban

  • 0

Mens ka’ ma’ probeer, wetenskaplik, dúíd-e-lik, t’v’staan,
hoe Self, tjôtjômbielik, in doen-‘t-self-vagevuur vergaan,
Gewete, volstrek, na “Duiwelspiek”-demonium verban,
apostels voluit arbei, vir hul Self-destruksie-sjatanstan

Millennium Drie bose wil sowaar sy vleis opeis,
gooi alles op onkunde-ontkenningskund’-skaal,
sy vyand, post-Paradyslik, soos Feniks, Herrys,
terug Kom, eie Sate, hele lot, se Lot te Bepaal

terwyl spiritueel illiterati nes amastrati skarrel, dwaal,
rondspartel, naarstiglik, desperaat, in vullis, naarheid,
oor eie toekoms, ultra-eiewys, ja, sjatan wil lat versin

saam’t paparazzolek-papsak-ontkenners wilde toekoms in,
taamlik ver verwyder, v’n elk mol’kulêr atoompie Waarheid,
Millennium Drie so wrintie amper t’laat, ‘T Spiritueel t’herwin

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top