Demone en dinge in SA?

  • 1

Ek kan net lag oor die geloof aan en in demone van sg christene in SA. Is die beginsel van die Kabalah-manifestasie nie juis wanneer jy dit dink (wil) en skryf, dat jy dit manifesteer in konkrete nie? In die lig van hierdie beginsel, is 'sataniste' dan juis die 'gelowige wedergeborenes' wie konstant daaroor skryf en preek in media, wat die demone wil uit niks in tasbare vorm.

Christene kan nie sonder satan en demone oorleef nie en dit maak sg wedergebore christene juis gevaarlik, want as jy hul nie wil hê in jou lewe nie, dan 'wil, praat en skryf' hul sg satan en demone in jou lewe in, om op hierdie korrupte manier 'n houvas op jou beursie en lewe te kry. As jy nie bygelowig is nie, kry 'christene' gewoonlik nie 'n houvas in jou lewe met hul Afrika-Hindu-inslag tipe 'christenskap' wat tans populêr in SA is met pastore nie.

Dink positief en jou lewe loop goed, dink negatief en niks loop reg nie? Die vraag bly dus wie dié grootste aanhangers van satanisme en demone tans in SA is, wie is die mense wie se kerkdeure sal moet sluit as satan en demone nie meer bestaan nie?

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top