Dekade Twee, Millennium Drie

  • 0

vol lof, prys, aanbidding vir IT-god, ’s Millennium Drie Mens,
seker glattie maklik, Self yt Self-destruksie-patroon yt t’kry,
“Duiwelspiek”-filosofies, ultra-onkund’-ontkennend, Sapiens,
vasb’slote, vir lank nog so supersubmissief, aan sjatan, t’bly

Homo Swartbessie, in eie strik vas, as struktuurg’weld se prooi,
eie waardigheid v’rkrag, via uitbuit van Naaste, demonies, eish,
so verwronge, Mens se opvatting, beskouing, idee van Paradys,
willie eens mede-Mens, na medemenslikheidsfees toe uitnooi

pa wat kind, kind wat ma, Self wat Sélf b’drieg, verraai,
korrupsie vier globaal hoogty, Waarheid’s kwaai v’rdraai,
Verifieerbaarheid, van Veritas, ‘T maak mos veels t’seer

hoop Mens God sal op Sy Tyd, ’n Teken Toon, Stuur,
hel se hoogoond da’m te heet, al is Mens lief vir vuur,
net Mens Self kan Self uit uitbuitbeheptheid wegkeer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top