"Definisie van jou hart" deur Ruan Coetsee

  • 0

Definisie van jou hart

Ek probeer soveel keer
om hierdie wanbalans reg te stel
Sluimer deur die aand
om die wêreld te verken

REFREIN:
Skryf jou woorde neer
voor jy dit terugvat
Stempel hierdie afskrif
van die vrede wat ons het

Leer my gou
die definisie van jou hart
sodat ek jou
miskien net beter kan leer ken
Vanaand is die aand wat ek begin

REFREIN

Jou oë is my kriptiese leidraad
van nou tot in ewigheid
Weerkaats die antwoord
Weerkaats die antwoord
in ons twee

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top