www.jamesjoyce.ie James Joyce se Ulysses is in 1922 gepubliseer en daar is deesdae 'n Bloomsday-fees in Dublin waar die hoofkarakter, Leopold Bloom, se voetstappe op 16 Junie 1904 in Dublin nageloop word. Joyce-fanatici trek hul beste Eduaardiaanse uitvatte aan en wandel deur Dublin se middestad, wat skynbaar nie veel verander het sedert 1904 nie, terwyl hulle Gorgonzola-toebroodjies eet en (baie) Guinness en rooiwyn gebruik. Die Davy Burns-pub, wat sedert 1873 skrywers en digters lok, vorm deel van die feesvieringe
www.tcd.ie Die Book of Kells, 'n pragtige kunswerk wat in die 13de eeu deur monnike van die Kells klooster geskryf is, is in bewaring in die Dublinse Trinity College, in die ou biblioteek. Die boek bestaan uit die vier Evangelies, wat noukeurig deur die monnike gekopieer is en elke bladsy is boonop ryklik versier met mitiese diere, en die wonderlik-swaaiende, krullende Keltiese kunswerk van die tyd. Die dag toe ek my beurt in die tou staan ek afwag om die boek te beskou, kla 'n luide Amerikaanse vrou die heeltyd dat sy onder die indruk was 'that you could touch it' en nou is dit toegesluit in 'n glaskas. Haar man het stil voor hom uitgestaar
www.montreauxjazz.com Webwerf van die Montreaux Jazz-fees wat elke jaar in Julie op die walle van Lake Geneva plaasvind
www.jumeirahinternational.com As jy wil weet hoe lyk 'n hotel wat ontwerp is om ziljoenêr-Sheiks te beindruk, gaan kyk gerus na die werf van die Dubaise Burj Al Arab-hotel
www.nojazzfest.com Webwerf van die jaarlikse New Orleans Jazz and Heritage Festival. 4000 musikante tree op gedurende hierdie tien dae in die begin van April. Dit sluit jazz, zydeco, R&B, country and western, rock en gospel in. Louisiana-geregte; shrimp, jambalaja en sweet potato pone vorm deel van die kulinêre spyskaart
www.iufomrc.com Rondom die 4de Julie vind 'n vier-dae UFO-fees in Roswell, waar 'n unidentified flying object in 1947 neergestort het, plaas. Die fees is 'n mengsel van pret, fantasie en die absurde, met lesings deur "spesialiste" oor goed soos alien-wegvoerings
www.memphisinmay.org Gedurende Mei word die Memphis Barbecue Cooking Contest gehou. "Hog barbecue" is lank sielekos vir die mense van Memphis en het 'n band met die stad se blues-geskiedenis. As ek die woorde "hog barbecue" lees, kom spring Fannie Flagg se Fried Green Tomatoes voor my op; sal derhalwe die kompetisie 'n mis gee hierdie jaar…
www.bluebirdcafe.com, www.lovelesscafe.com, www.countrymusichalloffame.com Kyk na hierdie webwerwe as jy oppad Nashville toe is om na goeie country musiek te gaan luister. Musiek in die stad sluit in tradisionele country, bluegrass, gospel, honky-tonk en rockabilly. Die Bluebird Café is een van die stad se bekendste bestemmings
www.psvresort.com Miskien wen jy die lotery, of nog beter; die UK lotery, hierdie naweek. Eerste ding wat jy moet doen is om na hierdie eilandhotel se webwerf te gaan kyk. Die Petit St. Vincent eilandhotel is 'n plek waar mense heen gaan om regtig weg van dit alles te kom. Die Karribiese eiland word privaat besit en mens bereik dit slegs per huurvlug. Die veertig gaste woon afgesonderd van mekaar en kamerdiens werk só: hang 'n rooi vlag uit as jy glad nie gesteur wil word nie, 'n geel een as jy 'n versoek in jou posbus gesit het … vir ekstra sonbrandolie, aandete op jou patio ens. Daar word binne rekordtyd aan jou wense voldoen
www.reggaesumfest.com Die fees vind elke jaar aan die begin Augustus plaas in Montego Bay, Jamaica. Die warm someraande lewe dan behoorlik met die klanke van calypso, hip-hop en soca op straat
www.hostelworld.com Die liewe Webvoet het hierdie werf aanbeveel vir hulp met relatief goedkoop verblyf in Europa
www.braemargathering.org Die Braemar Games met sy kleurryke tartan kilts en luide doedelsakke het sy oorsprong in die Middeleeue en is die bekendste van al die Highland Games-byeenkomste (daar is ongeveer veertig van hulle)
www.theritzlondon.com Vir diegene wat beplan om Tea at the Ritz, in die bekende Palm Court, te beleef. Teetye is 15:30 en 17:00
www.royalscotsman.com Daar is dalk geen beter manier om deur die Skotse Hooglande te toer as op hierdie trein met sy romantiese Eduardiaanse elegansie nie
www.corkjazzfestival.com Hierdie jazzfees in Ierland se tweede grootste stad vind elke Oktober plaas
www.louvre.fr Die webwerf van die grootste kunsmuseum in die wêreld
www.marmottan.com In hierdie museum word meer as 130 werke van Claude Monet uitgestal
www.romantischestrasse.de Vir inligting oor die Romantiese Roete, of Romantische Strasse, 'n 180 myl lange pad op die Duitsland-Oostenryk-grens wat spog met dosyne Middeleeuse dorpe en kastele. Vergeet van gaan in 'n propvol toerbus; doen dit stadig en op jou eie
www.berlin-philharmonic.com Moontlik die wêreld se beste simfonie-orkes. Die dirigent was vir lank Herbert von Karajan, maar deesdae is dit sir Simon Rattle. Die beste tyd om die orkes te sien is gedurende September
www.narodni.divadlo.cz Hierdie Praagse teater is deur Milos Forman in die rolprent Amadeus gebruik. Geld gegenereer deur die film is aangewend om die agt jaar lange renovasie te befonds, en diegene wat weet, sê Mozart se gees is tasbaar. Die konsert- en operaseisoen duur van September tot Junie. Die Prague Spring Music Festival gebeur vroeg Mei
www.ufleku.cz U fleku is 'n biersaal in Praag wat sy eie bier brou en oor 'n lisensie beskik wat terugstrek tot 1499. Daar is ses groot sale en tuine met groot bome, wat meehelp dat die skares mense nie so oorweldigend voorkom nie
www.raffles.com Dié hotel in Singapoer is een van Asië se bekende bakens. Ruim suites, kiaathoutvloere, veertien voet hoë plafonne en dakwaaiers dra by tot die koloniale gevoel. Die hotel se Writers' Bar het op sy dag skrywers van die statuur van Somerset Maugham, Joseph Conrad en Rudyard Kipling gesien
www.hotels.prague.cz 'n Versameling van skakels na Tseggiese hotelle en gastehuise. Skakels na akkommodasie in Praag, Cesky Krumlov, Brno en Karlovy Vary word hier gelys, tesame met foto's wat jou verseker sal inspireer om op die eerste beste vliegtuig soontoe te spring
www.lonelyplanetimages.com Meer as 150,000 reisfoto's geneem deur van die beste reisfotograwe. Dis werklik 'n pragtige werf, ideaal vir leunstoelreise. Registreer vandag nog en … lekker droom (dis verniet, vir in geval jy gewonder het)
www.imj.org.il Werf van die Israelse Museum in Jerusalem. The Shrine of the Book is die ondergrondse huis van 'n aantal van die fassinerende Dead Sea Scrolls van die 1ste eeu na Christus
www.bh.org.il Webwerf van die museum vir Israelse geskiedenis en erfenis in Tel Aviv
www.nomadicexpeditions.com Webwerf van 'n toeroperateur met 'n verskil; hulle bied ondere andere perdry-ekspedisies na Mongolië aan. Jy kan nie verder wegkom van dit alles, as hier nie
www.sitaindia.com Hierdie reisagent reël toere met die Paleis op Wiele deur Indië. Daar is veertien waens aan die trein gehaak, elk met ryk houtpanele en spesiaal-ontwerpte meubels. Die trein ry hoofsaaklik deur die woestynhoeke van Rajasthan, gewoonlik in die nag, wat besigtiging in stede soos Jaipur, Udaipur, Jaisalmer en Jodhpur, moontlik maak. Musikante en ryklik-versierde olifante wag die trein op stasies in en middagetes word bedien in paleise van gewese maharajahs
www.grandcentralterminal.com As die blote gedagte aan besige treinstasies jou kop van lekkerkry laat spin, besoek gerus die webwerf van Grand Central Terminal in New York
www.marktwainhouse.org Mark Twain het van sy bekendste werk, soos Tom Sawyer en Huckleberry Finn, in hierdie Viktoriaanse huis in Hartford, Connecticut, geskryf
www.fla-keys.com Hemingway het na Key West gekom in die 1930's en vir 'n dekade hier gebly om te skryf, te drink en vis te vang
www.boraboraisland.com 'n Kollega, so wel-berese dat sy derde passpoortboekie onlangs vol getjap is, sê Bora Bora is die mooiste plek in die wêreld. Kaptein Cook het ook so gereken en James Michener stem saam. Kyk solank na die webwerf en besluit vir jouself