Die nuutste poging van darwiniste is om die onoorkomelike probleem van afstamming vanaf ’n eenvoudige enkele voorouerlike organisme (hulle het lánkal tou opgegooi om dié se herkoms te probeer bewys) die hoof te bied. Nou gooi hulle eenvoudig tou op om selfs die enkele voorouerlike organisme, te bewys, want die feite wat voortdurend aan die lig kom, weerspreek dit lynreg. Daar is net eenvoudig nie empiriese steun daarvoor nie en dié bastion van darwinisme, Charles Darwin se trots, lê vandag in ’n smeulende puinhopie.
Maar toe gaan hulle en maak ’n núwe hipotese… hulle slaan nou soos ’n plunder bende op gene toe as hul fokuspunt. Miles Eldredge sê “‘ … the major prediction of evolutionary theory is that there is one single nested pattern of resemblance linking all organisms’” naamlik dat vandag se diversiteit as oorsprong het, ’n enkele filogenetiese of familieboom.
Maar steeds die knaende yslike gapings tussen verwante wat net eenvoudig nie oorbrug kan word, nie.
Die nuutste is nou, soos C Woese dit stel “It was communal, a loosely knit, diverse conglomeration of primitive cells that evolved as a unit, … and became the three primary lines of descent [archaea, bacteria and eukarya]”. Nou lyk hulle ‘stamboom’ nie meer soos ’n boom nie, maar soos ’n struik! Steeds belaai met ’n las van ondraaglike hipotese …
E Pennisi sê “There’s so much lateral transfer that even the concept of the tree is debatable”. Die simplistisiteit van die oorspronklike model word nou van binne aangeval – W F Doolittle sê “Many eukaryotic genes turn out to be unlike those of any known archaea or bacteria; they seem to have come from nowhere.” Die frustrasie van die darwiniste oor dié empiriese data wat hulle hipotese só weerspreek, word deur só deur Doolittle verwoord “It is as if we have failed at the task that Darwin set for us: delineating the unique structure of the tree of life”.
Pogings van filogenetiese teoretici wat beweer dat ’n sogenaamde onbekende en uitgestorwe vierde groepering van organismes vir die horisontale oordraging van gene verantwoordelik is, word begroet met totale gebrek aan empiriese ondersteuning en is dus net nóg ’n hipotese wat ’n ondraaglike las op die empiriese laai.
Dat hulle self besef dat hulle darwinisme in doodsnood is, word deur Doolittle só verwoord: “Now new hypotheses, having final forms we cannot yet guess, are called for”… daardie versmagting na hipotese, meer dikwels as nie, fabelagtige hipotese.
Maar uiteindelik is darwiniste (as mens hulle nog só kan noem) onvrywillig op die regte spoor. Hulle eenvoudige stamboom het nou al in ’n struik ontwikkel, met voorvaderlike organismes wat sy aan sy staan en van daar het dinge ontwikkel. Daar is steeds die onoorkomelike probleme met die bewerings en ondraaglike bewyslas van lukrake, onwillekeurige, toevallige natuurlike seleksie, genetiese dwaling of drywing of genetiese mutasie wat op alle vlakke vir die ontwikkeling verantwoordelik is, maar ten minste is hulle nou self by die basiese konsep van die sy-aan-sy ontstaan en ontwikkeling van diverse lewe, van poliphyli, soos daar bykans 3,400 jaar opgeteken is in Genesis 1, soos deur die Woord geopenbaar. Só vernietig die Waarheid die leuen van binne af!
Die ander ooglopende aspek wat uitstaan, is die onvermydelike duiding op die betrokkenheid van Goddelike IO en skepping. Net ’n kwessie van bietjie tyd en selfs die darwiniste is bekeer tot die aanvaarding van Goddelike IO en skepping.
Soos en Wieland en Jerlström dit verduidelik “If we tease apart the evolutionary brier and remove the hypothesised evolutionary HT ‘links’ between the branches, we obtain separate trees with individual trunks and roots. This is highly reminiscent of the creationist ‘orchard’, a biblical model for the origin and diversity of all life which was predicted by the scientific creation movement at its inception. In the creationist orchard, the trunk of each tree represents an original created kind or baramin, and the branches correspond to the diversity within a kind due to (limited) speciation, as for example, seen in the dog/wolf/jackal/coyote kind.”
Mens kan maar gerus sê dat die darwinistiese struik, besig is om in ’n kreasionistiese boord te ontwikkel.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus skryf: "Daar is steeds die onoorkomelike probleme ... en ondraaglike bewyslas van lukrake, onwillekeurige, toevallige natuurlike seleksie ..."
Kobus, jy verstaan nie die barre basies beginsels hiervan nie. Natuurlike seleksie is by implikasie nie "lukraak, onwillikeurig of toevallig nie".
Jy kan ook nie verwag om die beginsels onder die knie te kry as jy weier om buite jou versmorende sirkel van "ignorance" te beweeg nie.
"What a man believes upon grossly insufficient evidence is an index into his desires -- desires of which he himself is often unconscious. If a man is offered a fact which goes against his instincts, he will scrutinize it closely, and unless the evidence is overwhelming, he will refuse to believe it. If, on the other hand, he is offered something which affords a reason for acting in accordance to his instincts, he will accept it even on the slightest evidence. The origin of myths is explained in this way" Bertrand Russell
Mens hoop maar net dat Kobus nie in 'n posisie is om jong kinders te bamboozle met sy delusies en verdraaings nie.
En dit sal nogals help as jy vir ons kan vertel wat 'n "Darwinis" is.
Jy gebruik dit vir alles en almal wat nie presies met jou siening saamstem nie.
As iemand sou belangstel oor waarheen Kobus de Klerk se huidige drogma aanval nog kan lei, lees gerus die hele verhaal op creation.com.
Dis eintlik heel maklik om 'n kitsnaslaner se bronne te bepaal.
Al wat jy doen is om 'n deel van hul spoeg en blerts te copy&paste, in jou soekblokkie te plak en siedaar - 'n hele rits potensiële bronne kom op jou skerm.
Doen dit gereeld en jy sal gou agterkom waar die kitsnaslaner meestal rondhang.
In Kobus se geval is creation.com 'n gunsteling.
Eintlik jammer om dit te moet seg, maar Dr. Johan Kruger (http://creation.com/dr-johan-kruger) is die baas van die plaas op creation.com in Suid Afrika en nie my amigo in Adam - onse grote ou Kobus de Klerk nie.
Nie dat onse Bose ou Kobus dalk binnekort 'n plek in hul aktiwiteit aan Mzansi vir sy toegewyde kwasi-Christen tiksels op die werf kan ontvang nie - ek's seker Kobus is 'n goeie kandidaat vir hul Plataarde Genootskap vir Opregte Gelowiges.
Maar wag - daar's meer!
Creation.com het ook 'n ".mobi" Kobus kan dus tot op witbank sit en homself met die blare van hul mobile tak vee.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius
Nêrens sien ek 'n bewys dat evolusie nie plaasgevind het nie. Nêrens sie ek 'n bewys van 'n skepper/god/ intelligente ontwerper nie. Nêrens sien ek 'n bewys dat 'n volwasse Adam, tieties en al eensklaps uit 'n hopie grond gemaak is nie. Nêrens sien ek bewys dat Eva, ook volwasse, eensklaps uit Adam se ribbebeen gemaak is nie.
Nee, natuurlike seleksie is nog steeds nie lukraak en onwillekeurig nie, anders sou dit nie seleksie gewees het nie.
Niemand het opgegee op die idee dat alle lewe afstam van ’n eerste repliseerder nie, die aard van daardie repliseerder was nog altyd onbekend. Hoe die gemeenskappe van die vroegste repliseerders gelyk is ook onbekend, maar onkunde is nie ’n rede vir ’n wetenskaplike op tou op te gooi nie. Dit is ’n bron van vreugde, want dit beteken daar is nog ’n vraag om te vra, nog ’n raaisel om op te los.
Wat steeds onomwonde is, is dat alle lewe L-aminosure en D-suikers (met hier en daar ’n organisme wat miskien een D-aminosuur sal aanwend) gebruik. Daar is geen verskil in die chemiese eienskappe van hierdie verbindings van hul spieëlbeelde nie, die enigste sinvolle verklaring vir hierdie verskynsel is dat alle lewe verwant is en afstam van dieselfde chemiese sisteem.
As honde, wolwe, jakkalse en coyotes dieselfde soort is, is sjimpansees, bonobo's, gorillas, lang arm ape, orangoetangs en mense almal dieselfde soort. Daar geen sisteem van morfologiese, fisiologiese of genetiese klasifikasie wat van die hondagtiges een soort sal maak en nie dieselfde doen aan die aapagtiges nie. Kreasioniste hou vol dat "baramin" ’n regte wetenskaplike term is, terwyl hulle dit net glad nie wetenskaplik kan definieer nie.
Hallo Almal
Die twee laat my werklik lag:
1. Kobus: "Maar uiteindelik is darwiniste (as mens hulle nog só kan noem)......."
Ek hoop dat Kobussie weet dat die moderne sintese al in die vroeë 1920's al aanvaar is. Evolusionêre wetenskaplikes noem hulself al van die vroeë 1920's nie meer "darwiniste" nie! Om die waarheid te sê, darwin het nie eens geweet van genetika nie.
Die enigste tye wanneer genetici hulself 'darwiniste" noem is wanneer hulle spot met kreasioniste, soos byvoorbeeld in "... for darwinists such as myself....", of wanneer hulle sê: "darwin het nie geweet van al die meganismes van oorerwing van genetiese materiaal nie, ek het nog een ontdek!
2. Kobus: "Daar is steeds die onoorkomelike probleme met die bewerings en ondraaglike bewyslas van lukrake, onwillekeurige, toevallige natuurlike seleksie.."
Seleksie is die teenoorgestelde van lukraak, onwillekeurig en toevallig....seleksie beteken die handeling om te kies of om 'n keuse te maak.
Gould: "..-.whether through design or stupidity -...."
Dis nie deur "design" nie.
Kleinkoos
Angus et al,
Nee, Stephan, ek dink jý verstaan nie die barre, basiese beginsels, soos jy dit noem, van darwinistiese evolusieleer nie. Jy weet klaarblyklik nie eens meer wat ’n darwinis is, nie en wil hê dat ek dit vir jou moet verduidelik?
Ék sê nie dat natuurlike seleksie op lukrake, onwillekeurige, toevallige wyse geskied nie, maar die darwiniste sê dit self.
Kyk, die natuurlike seleksie, soos ons dit in die chemiese biologie en fisiologie ken, is júís nié lukraak, toevallig óf onwillekeurig nie, maar ’n duidelik intelligente proses wat intra spesifiek werk om optimum lewensvaardigheid vir die spesie of soort, te verseker. Dit is essensieel om die spesie te laat aanpas in sy veranderende milieu. Om dit nou maar kortom te stel.
Maar die darwinis gee voordat dit ’n proses is wat hoegenaamd nie deur ’n intelligente biologiese ontwerpplan bestuur word nie, maar dat dié seleksies onwillekeurig, toevallig en lukraak ontstaan.
Dit is logies – énige natuurlike biologiese proses wat gerigte seleksie toepas, doen dit ingevolge ’n intelligente geontwerpte proses. Gerigte seleksie, soos dit suksesvol in die chemiese biologie plaasvind, is per se ’n uiters gesofistikeerde intelligente fenomeen en kan slegs só werk omdat dit só geontwerp is – te wete, te ‘weet’ hoe om te selekteer. Daarom is jy reg - natuurlike seleksie is by implikasie nié lukraak, onwillekeurig óf toevallig nie – en dit is presies wat ek sê, wat die IO mense en die kreasioniste sê - en wat jý ook sê.
So, is jy ’n kreasionis wat die darwinistiese leerstellings van binne af verongeluk? Dit wil so voorkom. As jy nie is nie, verskil jy sommer net met my om gesien te word om van my te verskil. Want dan sou jy kon verduidelik hoe só ’n gesofistikeerde en suksesvolle proses sónder enige intelligente ontwerp, konsekwent suksesvol kon funksioneer deur konsekwent en oorwegend, die regte seleksies te maak, in plaas daarvan om te filosofeer omtrent Bertrand Russel wat eintlik van júlle praat, maar julle nie die insig het om dit te verstaan nie. Selfs Russel se filosofie gaan jul insigvermoë te bowe.
Jy sê niemand het ‘opgegee op die idee’ dat lewe ‘afstam’ van ’n eerste repliseerder (enkelvoud) nie?!
Die “idee”? Is ’n ‘idee’ ’n bewys van iets wat jul staan te bewys? Is ’n ‘idee’ stééds al wat jul het na anderhalf eeu se gespook en gespartel? Wat van die neo-darwiniste wat nou sterk hipoteseer soos hierbo vermeld? So, wie is jý om van hulle te verskil? Het enigiemand al bewys gelewer van dié berugte repliseerder? Nie? Natuurlik nie. Nou waarom baseer jy steeds jou ‘idees’ (interessant, eers was dit teorie, toe gereduseer tot hipotese, nou blote idee – terwyl julle in die openbaar op onomstootlike bewys al-la-Jurie Van Den Heever aanspraak maak!)
Het iemand al bewys gelewer van die vierledige ‘repliseerders’ wat nóú gepropageer word soos hierbo bespreek?
Alles stam af ‘van’ dieselfde ‘chemiese sisteem’, sê jy. Mooi so! Jy bedoel seker alles stam af uit dieselfde chemiese sisteem (wat natuurlik verklaar waarom daar sóveel ooreenkomste in genetiese meesterplanne is). Lees nou Genesis 1:1 – Daar vestig God die globale chemiese sisteem wat ons noem, aarde. Dus, alles wat uit die aarde voortkom, maar álles, sál dieselfde basiese chemiese hoedanighede, hê. Genesis 1:11 – God laat die AARDE plante voortbring – gemeenskaplike chemiese sisteem maar uniek plant; Genesis 1:20 – God laat lewe uit die water (see) ook voortkom, maar nie op dieselfde tyd as die plante nie. Deel van die gemeenskaplike chemiese sisteem maar uniek seedier ne voël; Genesis 1:24 – God laat die AARDE diere voortbring – maar nie uit die vorige nie – uit die aarde en uniek dier. Dus ’n gemeenskaplike chemiese sisteem. En ons weet dat God ook heel laaste die mens voortgebring het, óók uit die aarde, uniek mens. Álle skepsels en kreature deel dus in die enkele gemeenskaplike chemiese sisteem, die aarde – nes jou wetenskaplike bevindings na ongeveer 3,400 jaar vandat dit vir die eerste keer deur die Woord opgeteken is, ongetwyfeld bevestig. En nie net dit nie, omdat die dinge en mense vir hulle voortbestaan van dié enkele chemise sisteem afhanklik is, is daar ook noodwendig in die besondere biologiese samestelling talle ooreenkomste – nes die Woord al sedert antieke tye te kenne gee en julle nou eers, duisende jare later, deur wetenskaplike bevindinge dit bevestig.
Daar is natuurlik ’n baie goeie rede waarom mense nooit van diere van enige beskrywing of soort afgestam het, nie. Maar dáároor later veel meer.
Maar nie ’n enkele bevestiging oor die essentialia van die darwinisme, in jou wetenskaplike bevindinge (gestroop van hipotese en ‘idees’, natuurlik) nie. Ook nie ’n enkele feit van jou kant, behalwe die enkele twee wat my ondersteun (nie dat jy dit só bedoel nie), nie!
En wat die baraminologie aanbetref – dit is in wording. Dit is maar vir die eerste keer werklik in die negentigerjare geformuleer deur kreasioniste. Gee kans, dit sal binnekort die darwinisme vervang.
Kyk die patetiese darwinisme struwel na bykans twee eeue, nie jare nie, maar eeue, vir nuwe hipotese want hulle kan die gemors waarmee hul besig is, steeds nie uitsorteer nie. En nou beweeg hul al nader na die baramins!
“Now new hypotheses, having final forms we cannot yet guess, are called for” - Sien Doolittle. Hulle wil na byna twee eeue oor begin!?
Bogenoemde uiteensetting maak Angus se blindheid opsigtelik en sy aanmerkings, ’n bespotting en jy is ’n verdwaalde mens, Stephan. Een van die dae gaan die darwiniste jou kasty oor jou uitlatings – dán sal jy weet wat ’n darwinis is!
Wouter se bydrae is al weer massas woorde gestroop van enige inhoud, om nie eens van kleinlike Kleinkosie (interessant hoe die naampies tóg maar uiteindelik die mens wat hom dra, tipeer) te praat nie. Wouter sukkel – hy sal eerder bekrompe dink as om te dink dat die vergelyking e=mc2 eerder moet wees Ge=mc2 en dat dit die vergelyking net in die perspektief sal stel… Hy verstaan ook nie dat die gruwelike mutasie en die gevolge daarvan, gevolge van mense se eie toedoen (kernontploffings, chemiese konkoksies, ens., ens., ens., ens.) in die perspektief van die regverdige Goddelike wet van, wat jy saai, sal jy maai, nie.
Kobus de Klerk
Nog 'n baie snaakse een:
Kobus: "Nou gooi hulle eenvoudig tou op om selfs die enkele voorouerlike organisme, te bewys, want die feite wat voortdurend aan die lig kom, weerspreek dit lynreg."
The earliest life: http://www.uni-muenster.de/GeoPalaeontologie/Palaeo/Palbot/seite1.html en
http://www.guardian.co.uk/science/2011/aug/21/fossil-microbes-western-australia
Kobus, intussen is daar nog tekens van lewe vroeër as dit gevind. Kyk of jy hulle kan kry by jou kreasionistiese bronne (wenk, dis in Groenland).
Kobussie, onwaarhede gaan nooit die waarheid word nie. Dit maak nie saak hoeveel keer jy leuens vertel nie. Dit word nooiit die waarheid nie.
Kleinkoos
Dit is hoe ek gereeld Henn op Wkipedia gevind het, daarom nou die vertalings uit Henn se hand. So snou deksel nou vir pot. Henn aan De Klerk. Later sal pot weer vir deksel skel. Die broers in Adam, die kinders van Abraham.
Aaag toggie ou Woutie ... jy jok ... jy't nog altyd 'n probleem met die regte boeke op my raak en ervaring waaruit ek aanhaal... nes dié onlangs van Leon Lederman "The God Particle: If the Universe Is the Answer, What Is the Question?" wat ek in my bydrae "Skeppingsleer" verhaal het en jy dit toe nie kon Google nie ... moenie soos my amigo in Adam die ou grote Kobus jou interessante kommentaar onder my bydrae "Handves vir Barmhartigheid" gaan staan en ontduik nie ... ek stel rêrig belang in 'n paar van jou standpunte .... groete ... ekke ...
Kleinkoos,
Jy het in ’n ander kommentaar aangedui dat jy nie verstaan wat ek skrywe nie en nou kom jy om dit te vererger, met die verstommende bewering dat daar al ou organismes gevind is, selfs dié in Groenland, terwyl ek praat van die oer-repliseerder, daardie eerste protosoön wat deur beweerder abiogenese aan’t lewe gekom het… kan dit wees dat jy só swak van begrip en insig is dat jy dít nie eens kan begryp nie en jý kom irrelevante twyfelagtige fondse wat níks met die eerste repliseerder/protosoön, daardie hipotetiese een wat niémand weet of en waar dit vandaan kom nie en waarop alles wat verder sou gebeur in die evolusieleer wat jy aanhang, om geskoei is… En natuurlik daardie absoluut kinderagtige refreintjie van jou “so-en-so praat nie die waarheid nie” met nóg ’n versie daarby- terwyl dit jý is wat wanvoorstellings promoveer en darwinisme se leuens probeer toesmeer met deursigtige misleidingstaktiek.
Hier is perspektief op jou kansvattery:
“The incredibly old dates assigned to the rocks create some peculiar consequences, too. Although the Strelly Pool Chert formation varies from only 23 to 102 metres in thickness, it occupies a time period of at least 80 million years. Where is all the time? And it is even more curious when we consider the rocks themselves. The basal member of the formation is a boulder conglomerate, deposited rapidly. It contains soft clasts (pieces) of mudstone derived from the underlying formation, evidence that not much time elapsed between the two. The underlying and overlying formations were deposited from volcanic eruptions. How could microbes build these ‘reefs’ amid volcanic eruptions, rapid sedimentation and geological catastrophe? Perhaps soft sediment deformation rather than bacteria may explain some of the unusual shapes of the laminations. But, even if we accept the billions of years and the evolutionary scenario, was there enough time for life to have formed from scratch so quickly after the Earth’s formation? If this new discovery finds acceptance, theories about the origin of life will probably need revision. Or perhaps the age of the earth will need to be pushed out. With such big implications, some remain unconvinced of the claims. Martin Brasier is one who has long argued against the idea that the stromatolites are of biogenetic origin. Professor of paleobiology at the University of Oxford, he is reported to have said ‘Much caution is needed when making claims about the earliest signs of life. In rocks of this great age we must assume the hypothesis of a non-biological origin.’ Note that it’s not because of the evidence that he rules out a biological origin, but the assumed ‘great age’—i.e. the rocks are presumed to be older than life itself, therefore any evidence to the contrary is automatically dismissed”
Die fonds bewys net nog gefossileerde moontlik organiese organismes maar geen bewyse vir chemiese ontstaan daarvan nie.
Terloops, jou storie spreek nie die issues in die artkel aan nie - hoegenaamd nie
Wat ’n klugspul! Maar goed vir jou.
Ek gaan 'n baie eenvoudige aspek in jou midde laat. Geen ontdekking van organiese materiaal, hoe lank gelede of oud ookal, bewys julle teorie nie. Al wat dit bewys, is dat daar lewe was. Maar vir hoe die lewe ontstaan het, veral vir die eerste keer, lewer geeneen van julle spekulasie en hipotese 'n alternatief vir Goddelike skepping, nie. As jy na Genesis 1:2 kyk, is dit te verwagte dat daar mikrobiese lewe in 'n latente staat gelê het. God het gekom en die aarde voorberei, ontvanklik gemaak, vir die nuwe lewe. Niks wat jy voorhou, wat julle voorhou, of dit nou in Groenland of Swartland gevind is, weerspreek dit nie, maar bevestig dit eerder.
Intussen doen julle geweldig baie moeite om kreasionisme reg te bewys - nie dat julle dit so wil nie, maar dikwels spreek feite vir sigself.
Kobus de Klerk