Darwin teenoor wetenskaplikes en die woord

  • 15

Stephan skrywe in ’n interessante kommentaar dat ek nie argumente tussen darwinistiese splitters en joiners moet ekstrapoleer na verwerping van al die navorsing na die herkoms van die mens nie wat deur darwiniste gedoen is (sy eie woorde), nie.

Maar dit is nie wat ek doen nie. Die proses self is daarvoor verantwoordelik.

Die argumente (soos hy dit noem) tussen splitters en joiners, nog na byna twee eeue van intensiewe darwinisme, dui maar net op die inherente onstabiliteit wat daar binne die beweging steeds heers en erger word. Dalk mag hulle argumente na haarklowery klink (soos Stephan sê), maar binne die darwinistiese beweging is evolusionistiese taksonome besig met ’n baie belangrike interne taak, want wanneer hulle hul werk gedoen het, gaan hulle en verkondig dit as gospel.

Daar is, met die báie kort reeksie artikels met aanhalings wat ek geplaas het, duidelik aangetoon dat die inherente onstabiliteit en ongemaksones die darwinistiese beweging van binne vernietig. Dit is natuurlik die kenmerkende interne dinamika van ’n sisteem wat geen fondasie het om op te berus nie.

Stephan se aanmerking dat die verloop van evolusie afgelei kan word uit die veranderende en standvastige (dié twee begrippe is natuurlik wederkerig vernietigend, omdat die een paradoksaal tot die ander staan) eienskappe van die fossiele, is juis nié so, nie.

Die standvastigheid (stasis) is juis teen-evolusionêr op die darwinistiese resep. Die ‘verandering’ vind empiries net plaas binne ’n bepaalde spesie (intra-spesifiek – soos die “peppered moth” geval), of soort, maar nié van een spesie of soort, na ’n ander nie en dáársonder, faal die darwinistiese evolusie model, want dit is juis die drywer vir die ganse leerstelling om suksesvol te wees, dat daar aanvanklik net een soort was, ’n eensellige en dié het ‘toevallig’ deur ’n absoluut intelligensielose proses (hoe belaglik) geëvolueer deur ’n oorgangsproses in nóg ’n soort of twee en dié weer elk op hul beurt, deur ’n oorgangsproses in nóg soorte, sodat die diversiteit is oos ons dit vandag ken, daardeur kon manifesteer. Maar dan sal die fossiele daardie oorgangsproses moet aantoon en dit gebeur nie.

Dit is dan ook waar die hipotese vandaan kom – hipotese moet nou instaan vir die werklikheid, nie om die wetenskap te pas, nie, maar om die leerstuk, die ideologie en religieuse filosofie van die darwinistiese beweging, te pas – en dáárin is die filosofie, die religie, geleë, want daardie hipotese wat nie op werklikheid en feite, dus wetenskap, berus nie, is suiwer materiaal van religieuse filosofiese aard waaraan hulle glo, maar dit nie kan sien of bewys, nie.

Die voorbeelde in my baie kort reeks artikels met aanhalings, is mos maar werklik enkele van die probleme wat bestaan – dit is ’n kwessie dat daar nie sulke oorgangsfossiele bestaan, wat die hipotese van die darwinistiese model as ’n suiwer natuurwetenskap kan laat vestig nie. Dié waarop aanspraak gemaak word, is só onbetroubaar omdat dit self, uitspruitsels van hipotese is.
Maar iets wat hulle nié het nie, is ’n geskrewe antieke bron wat hulle aansprake objektief en onafhanklik ondersteun. Maar ons het só ’n Bron!

Wat dus oorbly, uit die empiriese data wat wél beskikbaar is na meer as twee eeue se paleontologiese werk, is dat die Woord se Genesis verhaal, hoe kripties ook al, daardeur bevestig word, maar nié darwinistiese evolusie, nie. In die tyd toe die toepaslike Woord op skrif gestel is, bykans 3,400 jaar gelede, wás daar nie soiets soos natuurwetenskappe wat sodanig as dissipline bestudeer was, nie. Indien wel, sou die Woord in daardie verband waarskynlik anders opgeteken word, met dieselfde inligting aangebied in wetenskaplike jargon van die tyd. Maar daardie selfde waardevolle inligting staan opgeteken in die idioom en greep van daardie tyd. Nou is daar eg natuurwetenskaplike inligting wat opgeteken staan in Spirituele, Godsdienstige jargon saam met massas ánder inligting van sosiale studie aard, menseregte aard, publiekregtelike aard, privaatregtelike aard, landboukundige aard, gesondheidsaard, geskiedkundige aard, almal in te pas by die Godsdienstige, Spirituele tema wat daardeur gedien, word en om die Goddelike betrokkenheid by dit álles, uit te lig.

Hierdie Woord is opgeteken sonder die sogenaamde ‘voordeel’ van wetenskaplike kennis wat vandag beskikbaar is, maar, wonderbaarlik genoeg (omdat God die Skepper, ook die Woord inspireer), tog deur die wetenskaplike kennis van vandag, ondersteun word – daardie antieke bron, die Woord (Bybel). Die waarde van die Woord is dus deurslaggewend – ’n onbevooroordeelde onafhanklike bron met natuurwetenskaplike inligting óók daarin vervat wat deur vandag se wetenskaplikes se werk bevestig word.

Maar waarom verwerp agnostici heel onwetenskaplik (en dwaas) die wetenskap in die Woord? Omdat die Woord aangebied word om Spirituele doeleindes te dien, welke Spirituele aspekte nie vir die wetenskaplikes aanvaarbaar is nie JUIS omdat dit indruis met hulle eie religie wat hulle wil bevorder op presies dieselfde manier – deur aanwending van wetenskaplike data in religieuse verband – hulle eie religie – darwinisme. Darwinisme, die antagonistiese religie as gepoogde teenvoeter van die ware God en Godsdiens.

Daarom is hulle beweging, gedoem.
Groete,
Kobus de Klerk

  • 15

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Kobus, ons wag nou al weke hiervoor. Ek gaan vir my pop-corn en 'n liter Coke gekoop en dan wag vir 'n vlaag empiriese demonstrasies en bewyse uit die Bybel om my te red van die bose Darwiniste. Jy gaan gebruik maak van historiese bronne buite die Bybel, argeologiese bewyse, alternatiewe fisiese en biologiese teorië, geologiese, kosmologiese argumente om die proto-wetenskaplike insig van die Bybel aan ons godeloses uit te wys. Jy gaan jou argument maak sonder om 'n enkele keer te verwys na evolusie en Darwin. Jy gaan nie die logiese fout maak om te dink dat die vermorseling van Darwinisme jou saak versterk nie. Nee, jou saak is so sterk dat dit nie nodig gaan wees nie. Jy gaan nét op jou eie argument staatmaak en konsentreer. Ek is so opgewonde!

    Jou telbord het 'n '1' op tot dusver. Die Bybel is 'n empiriese feit: Dis 'n klomp boeke wat stories vertel wat saamgebind is. Nou wag ons in spanning vir die res van jou empiriese bewyse.

    Ns. Spirituele insig tel definitief nie as empiriese bewyse nie.

  • Histeries!!!!!! die " Daarom is hulle beweging, gedoem"

     
    Sien hierdie is 'n vertoning, dalk 'n film, daarom die Coke en popcorn, maar hierdie is vir my reg uit die teater van die absurde. 
  • Kobus de Klerk

    Kyk nou net so ’n sinnelose reaksie van Wouter – “histeries” en al – hoe tipies van jou! Waarom die histerie, Wouter? Die begrip ‘histerie’ veronderstel onbeheerstheid en selfs ongesteldheid van die senuwees. Is dit waar die inligting omtrent die darwinisme in my reeksie artikels jou laat? Dan behoort jy mos te weet om weg te kom van jou sinnelose religie af.

    Jy is reg, Chris, die Woord staan onafhanklik en vas en teer nie op die ondergang van die darwinisme, soos die darwinisme op die Woord probeer teer, nie.

    Die darwinisme gaan onder juis vanweë die standvastigheid en outoriteit van die Woord. Julle geskarrel en gespook om bewyse vir julle darwinistiese snert te vind, lewer ten aansien van empiriese getuienis wat aan die lig kom, natuurlik gestroop van die darwinistiese religieuse en filosofiese bekleding waarmee dit besoedel word, net al meer en meer bevestiging (bewys is mos onnodig vir wat reeds vasstaan) vir die feit dat God die Ontwerper en Skepper is en ons geniet dit terdeë.

    As jy tog net kan besef hóé irrelevant julle opinie oor die Woord, is.

    Maar die darwinisme is onomkeerbaar heeltemal op pad uit. Dit is wat saak maak.

    Tipies agnostiese jy en jou histeriese maatjie wat in julle onvolwassenheid by verstek na Coke, popcorn en tjips sal neig, eerder as om die probleem ter hand aan te spreek. Volwassenes maak nie so nie. Julle moet grootword anders is daar nie punt in om met julle diskoers te voer oor belangrike sake, nie, want julle sal nie begryp nie.

    Ek sê mos, wat ek sê is vir die voordeel van ander wie werklik belangstel en die vermoë het om te begryp wat ek sê – en julle word daarvoor gebruik.

    Kobus de Klerk

  • Die stelling is soos volg:

     
     "Die waarde van die Woord is dus deurslaggewend – ’n onbevooroordeelde onafhanklike bron met natuurwetenskaplike inligting óók daarin vervat wat deur vandag se wetenskaplikes se werk bevestig word".
     
    Werklik? 
     
    Met die intrapslag kry die "Woord" dit verkeerd en is die volgorde aangbied, aarde eerste, sterre later, in kontras tot wat vandag geweert word, sterre eerste, planete later, waarvan die aarde slegs een van vele is.
     
    Daarom net soos Chris, wag ek ook in spanning, vir die oplossing van daardie probleem. Dit veronderstel 'n herskrywe van fisika en biologie, maar dalk is daar kreasionis "wetenskaplikes" wat sal voorsien. 
     
    Dit sal 'n wonderwerk verg sonder enige twyfel.  
     
    De Klerk klou ook vir al wat dit werd is aan die woord, "hipotese", asof die woord 'n onbevestigbare stelling sou veronderstel. 
     
    Dalk sal Stephan Marcus uit Prothero se boek aan De Klerk adviseer wat die werklike betekenis van hipotese is en die verwantskap met die woord teorie, waar teorie defnitief nie'n onbevestigbare stelling veronderstel nie. 
     
    Henn wat tog so handig is met woordeboeke kan dalk nuttig word en die wetenskaplike betekenis en konteks van die woord hier plaas. 
     
    Net soos die "woord" nie 3400 jaar terug opgestel is nie, maar so onlangs soos 586 BCE, en verwys na die tekste van 'n spesifieke volk en nie verteenwoordigend is van die globale verloop van die beskawing en bestaan van die mensdom in sy totaliteit.
     
    Hierdie frase verwys, ""eg natuurwetenskaplike inligting wat opgeteken staan in spirituele, godsdienstige jargon saam met massas ánder inligting van sosiale studie aard, menseregte aard, publiekregtelike aard, privaatregtelike aard, landboukundige aard, gesondheidsaard, geskiedkundige aard" en bevestig juis dat dit die weerdervaringe is van die "Joodse bevolking" was soos dit opgeskryf was in 586BCE. 
     
    Dit kan daarom nie projekteer word as verteenwoordigend en beskrywend van alle beskawings en die mensdom in sy totaliteit. 
     
    Die gewone retoriek van "darwanisme" as 'n religie maak ook weer sy opwagting en sal ignoreer word aangesien dit weereens 'n eindelose gesprek oor die konsep van religie met die aanbidding van 'n god sal verg en die algemene betekenis van die woord is darem bekend aan die meeste lesers hier. 
     
     
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    As jy kon verstaan wat in die Woord aangaan, sou jy 'n gelowige wees - maar noudat jy 'n begriplose agnostikus is, lewer jy die soort van kommentaar wat ons hier en elders van jou sien - nes die ander van julle.

    Dit verg geen antwoord nie - dink jy vir 'n enkele oomblik dat , as die Woord werklik so deurmekaar en niksseggend was soos wat julle dit in julle inliglose onkunde interpreteer, sou mense die Bybelboek, waarin die Woord opgeteken staan, by die miljoene koop en gereeld lees en krag daaruit kon put? Maar dit is omdat die Woord vol Krag is en gelowiges dit kan begryp en verstaan dat die Woord so kosbaar is, terwyl julle vlaksiele eenvoudig nie die integriteit of die vermoë het om dieselfde te kan doen, nie.

    Dus, wanneer julle die snert kwytraak wat julle doen soos julle dit doen, is julle vir ons ander die spektakel  wat Goddeloosheid van jul maak.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Arme jy, Chris.

    Ek het mos nie nodig om enigiets te bewys nie. Ek glo reeds! Genesis 1 en 2, in soverre daar data in is met betrekking tot die skepping is wêreldwyd bekend.

    Waarom moet ek bronne buite die Woord gebruik, terwyl die Woord die Skepper, is en só wonderlik deur die werklikheid bevestig, word?

    Nou, as jy ook wil bykom, moet jy die Woord daaromtrent uitlê, om die betekenis daarvan te verstaan en dié het ek vír jou gedoen omdat dit in Geestelike, of Spirituele, formaat aangebied is. Ek het sommer geweet jy sal dit nie kan doen nie, want jy is ’n Spirituele analfabeet (ek is nou baie gaaf met jou).

    Eerstens is daardie kwessie van die begin van alle dinge lewend op aarde – die Woord sê God is die begin van dit alles en die darwinisme staan daaroor stomgeslaan en vermy die kwessie. Dus, darwinisme kan dié antieke Goddelike mededeling duisende jare gelede, wat só opgeteken is, as bron daarop, nie weerlê nie. Ons weet God leef, ons sien alles bestaan, ons sien alles reageer soos God in die Woord sê dit sal (prokreëer, soort by soort) en daar het jy dit nou. Bevestig.

    Tweedens leer die Woord dat God die Gewer van intelligensie is en dat God die Gewer van ware wetenskap is (Spreuke 1:7; Numeri 24:16; Daniel 1:17; Prediker 2:26). Ons sien die skepping, selfs in die relatiewe eenvoud van ’n enkel selletjie, is daar geweldig baie informasie en ORDE is, wat slegs sinvol met bomenslike intelligensie en ontwerpvermoë in verband gebring kan word en die Woord leer ons dat daardie intelligensie (deel van Goddelike wysheid) slegs deur die Gewer van alle ware wetenskap, God, daargestel kon word, wat nog te sê die onbegryplike kompleksiteit van alle lewende wesens en dinge in die aardse biosfeer. Die darwinisme het niks om die aanwending van ultra intelligente ontwerp van die skeppinge weerlê nie – die intelligensie en hiper kompleksiteit van die biosfeer roep dit hard uit.

    Hier is ’n onafhanklike opinie wat dit bevestig – van Michael Denton:

    “Perhaps in no other area of modern biology is the challenge posed by the extreme complexity and ingenuity of biological adaptations more apparent than in the fascinating new molecular world of the cell … . To grasp the reality of life as it has been revealed by molecular biology, we must magnify a cell a thousand million times until it is twenty kilometers in diameter and resembles a giant airship large enough to cover a great city like London or New York. What we would then see would be an object of unparalleled complexity and adaptive design. On the surface of the cell we would see millions of openings, like the port holes of a vast space ship, opening and closing to allow a continual stream of materials to flow in and out. If we were to enter one of these openings we would find ourselves in a world of supreme technology and bewildering complexity.

    Is it really credible that random processes could have constructed a reality, the smallest element of which—a functional protein or gene—is complex beyond our own creative capacities, a reality which is the very antithesis of chance, which excels in every sense anything produced by the intelligence of man? Alongside the level of ingenuity and complexity exhibited by the molecular machinery of life, even our most advanced artifacts appear clumsy … It would be an illusion to think that what we are aware of at present is any more than a fraction of the full extent of biological design. In practically every field of fundamental biological research ever-increasing levels of design and complexity are being revealed at an ever-accelerating rate.”

    Verder, die fossielrekord dui op soorte wat skielik kom en gaan en genusse wat kom en bly, tot dit vergaan en dan is daar nuwes wat dieselfde doen. Dus, dit bevestig die Woord dat God van tyd tot tyd die aarde vernuwe met nuwe lewe daarop – Openbaring 12 en 21.

    Wat die feite aanbetref, kan jy gerus die fossielrekord, gestroop van konstrukte, hipotese, konjektuur en wanvoorstellings, dophou. Die genusse wat bestaan vandag en die soorte wat kom en gaan, sonder dat die een met die ander in ’n voorouerlike verband empiries (nie hipoteties nie) verbind kan word, is die bevestiging van daardie Woord – ook die werklike voorkoms daarvan – sien gerus weer Genesis wat bevestig dat daar nie oorgang is nie, maar dat alle soorte apart geskape word – plante, voëls en seediere, diere met die mens laaste, na die dier – so bevestig die fossiel rekord en biologiese studies ook.

    En onthou dié dinge is derduisende jare gelde opgeskrywe toe wetenskap as dissipline nog nie eens ’n droom was, nie … en deur Darwin misbruik om sy evolusie fabel sans God, mee te fabriseer.

    Hierdie is die kernbeginsels. As jy dit nie kan assimileer en dan vandaar kan voortbeweeg nie, is jy onopvoedbaar.

    Jy is onopvoedbaar en vermors dus goeie tyd wat ek kan spandeer om myself en ander mee op te voed.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Kom nou Kobus, jou telbord is nog steeds op '1'. Ons soek ook nie die 'inkopielys' soos aangehaal uit jou brief deur Wouter nie. Ons wil weet waar in watter gang en op watter rak rak dit is.

    Jy het 'n moerse geleentheid om te 'perform' voor al jou 'fans' hier op die werf, en die beste wat jy doen is hierdie duikslag, ritteldans en tjol hierbo: "[D]ie Woord staan onafhanklik en vas en teer nie op die ondergang van die darwinisme, soos die darwinisme op die Woord probeer teer."

    Sit nou jou geld waar jou groot bek is.

  • My oupa het nie Coke geken nie en popcorn ook nie. Hy het gepraat van koeldrank en kiepiemielies. Ons was nou die aand by 'n kulkunstenaar se vertoning. Hy het van 'n bottel Coke en popcorn 'n mooi meisie in 'n bikini gemaak. Ek wil eers sien hoe die skepping van die mens se verbeelding  'n vrou uit 'n ribbebeen kan maak. 

     
    Kobus se "reeks artikels oor Darwinisme" is stokou afgesaagde onderwerpe wat kreasioniste sestig, sewentig jaar gelede probeer het teen Darwinisme. Jonathan Wells het twaalf jaar gelede ook so iets soos Kobus probeer met sy boek Icons of Evolution. Die hele ou spul is al as snert bewys. 
     
    Kobus is nou net 'n verleentheid vir die kreasioniste, as hy  weer met hulle skandes te voorskyn kom. 
     
    My afgesaagde, onbeantwoorde  vraag bly nog steeds: waarom is evolusie vir die Christen onaanvaarbaar, aangesien dit berus op wetenskaplike navorsing, maar eet hulle dit vir soekoek op dat God 'n vrou van 'n man se ribbebeen kon maak, en dit binne enkele sekondes? 
     
    Kobus dring aan op presiese oorgangsfossiele vir die bewys van evolusie, daarom dring ek aan op bewyse vir hierdie skeppingsdaad. Dit is hier waar kreasioniste dan kom met hulle troefkaart: goddelike ingryping. Dan wil ek konkrete bewys hê van so 'n god.
  • Kobus de Klerk

    Jy maak ’n enorme fout, Chris – wys jou hoe verdorwe en pervers jy is - en begriploos, natuurlik. Gelowiges wéét waarin en in Wie hulle glo en die Woord is die Een wat ‘perform’ – nie ek nie!

    En dan het jy en Angus mos die probleem dat julle só kenmerkend onvolwasse is in julle benadering en kinderagtig in julle redenasievermoë – net ’n kleuter sal dink dat sy eie verterende probleem weggaan as hy vir die grootmens skreeu – Jy ôk! Jy ôk! Sonder om te besef wat werklik aangaan…

    Angus, as jy my artikel nie verstaan nie, is ek mos nie verbaas nie. Kyk, daarin staan eenvoudig dat die dinge wat ons vandag sien, die Woord daaroor van meer as 3,400 gelede opgeteken, bevestig. Dit is méér as genoeg “bewys” van die essensie van wat gebeur. Die detail word deur julle verskaf in julle gespartel vir julself.

    Nie dat ons enige bewys sou soek nie, want ons het dié dinge geglo vóór die bevestiging deur oorywerige darwiniste verskaf is en nou glo ons dit nie net nie, maar ons weet dit nou ook ná die oorywerige darwiniste die bevestiging vir ons verskaf het.

    Darwinisme was van die begin af dood – maar weens bedrog en wanvoorstelling en aggressiewe bemarking van die kadawer, is dit vir te lankal voorgehou – nou is die oerkat uit die sak en sál die darwinisme eersdaags graf toe – waar dit van die begin daarvan al, hoort.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Ek gaan sekerlik kots as ek weer hoor van Kobus se stront wat in "Geestelike, of Spirituele, formaat aangebied is." Ek is 'n "Spirituele analfabeet" en wag vir empiriese bewyse van Kobus se Fabeltjie.

    Ter ondersteuning van die aanspraak van die Bybel as grondslag van die wetenskap, die volgende van Kobus: "Tweedens leer die Woord dat God die Gewer van intelligensie is en dat God die Gewer van ware wetenskap is." Die volgende stel dit 'duidelik':

    Proverbs 1:7 The fear of the LORD is the beginning of knowledge; fools despise wisdom and instruction.

    Numbers 24:15 So he uttered his oracle, saying: "The oracle of Balaam son of Beor, the oracle of the man whose eye is clear, 16 the oracle of one who hears the words of God, and knows the knowledge of the Most High, who sees the vision of the Almighty, who falls down, but with his eyes uncovered: 17 I see him, but not now; I behold him, but not near — a star shall come out of Jacob, and a scepter shall rise out of Israel; it shall crush the borderlands of Moab, and the territory of all the Shethites. 18 Edom will become a possession, Seir a possession of its enemies, while Israel does valiantly. 19 One out of Jacob shall rule, and destroy the survivors of Ir." (Effens meer as wat Kobus aanbied, maar hoekom nie? Ter wille van konteks)

    Daniel 1:16 So the guard continued to withdraw their royal rations and the wine they were to drink, and gave them vegetables. 17 To these four young men God gave knowledge and skill in every aspect of literature and wisdom; Daniel also had insight into all visions and dreams. (Vleisvreet maak jou dom?)

    Ecclesiastes 2:26 For to the one who pleases him God gives wisdom and knowledge and joy; but to the sinner he gives the work of gathering and heaping, only to give to one who pleases God. This also is vanity and a chasing after wind.

    Lagwekkende en geheel en al irrelevante Bybelversies.

  • Kobus de Klerk

    Jou bewering dat die kritiek 'n verleentheid vir kreasioniste is, is absolute onvolwasse en insiglose wensdenkery, Angus.

    Sestig jaar gelde? Dit is nonsens wat jy praat, maar die kritiek het daartoe gelei dat darwiniste begin het om hulle rieldans met hulle eie filosofie te doen en nou verander dinge teen 'n vinnige tempo - van een onbewysbare hipotese na 'n ander, soos die werklike feite hulle weerspreek en die gegronde kritiek instroom.

    Daar is geen manier hoe Wells se werk as snert bewys is nie - weereens desperate wensdenkery.. Sedert 1991 het die IO advokate se werk handomkeer toegeneem en maak vinnig vordering.

    Daar is geen manier hoe darwinistiese evolusie op wetenskap berus nie - die massas kritiek wat ek aangehaal het, wat net die puntjie van die ysberg is, staan steeds, en word net meer en meer - darwinisme is op die rand van sy graf.

    Jy is nie een wat die Woord kan verstaan nie. Vandaar jou aanmerkings - dus, jou vraag is al hoeveel maal beantwoord, maar jy kan eenvoudig nie begryp nie.

    Jou kommentaar is weereens 'n demonstrasie van hoe julle eenvoudig skromeloos feite verdraai en verkrag om julle monoloog oor die kamstige 'geldigheid' van julle fabels te probeer ondersteun. Elke iedere kommentaar van julle is n aanklag teen julle integriteit.

    En, wanneer sal jy ophou met jou refrein? Verstaan nou mooi - niemand, maar niemand stel belang daarin om vir jou bewys te lewer van God nie. Jy is op jou eie. Moenie jou probleem van stompsinnigheid in daardie verband, iemand anders s'n probeer maak, nie. Jy lyk nie of jy enigiets van God kan verstaan nie - daarom hang jy fabels aan.

    Ape het klaarblyklik nie 'n saak met God nie - jy ook nie. Ek het juis vanaand weer gehoor hoe Jurie Van Den Heever kleitrap en kwessies omseil en veral die aap-kwessie, probeer verdoesel met allerlei sinnelose ontwykende en deursigtige antwoorde. Sy truuk is dat hy mense met detail wil verwar - simpel ne? Maar insigvolle mense stel dit - as jy nie eens oorsigtelik kan slaag nie, dan uiteraard ook nie in detail nie. Jy probeer dieselfde.

    Die probleem is dat julle meen ander mense ook soos julle is.

    Kobus de Klerk

  • Hallo Kobus

     

    Jy sê: “Darwinisme was van die begin af dood – maar weens bedrog en wanvoorstelling en aggressiewe bemarking van die kadawer, is dit vir te lankal voorgehou – nou is die oerkat uit die sak en sál die darwinisme eersdaags graf toe – waar dit van die begin daarvan al, hoort.“

    In Darwin se tyd het kreasioniste voorspel dat Darwin se boek vergete sal wees “in tien jaar”.

    Darwin se antwoord: "Dit mag miskien so wees, maar ek dink nie dat die onderwerp (evolusie) vergeet sal wees nie”.

    Die kreasioniste was toe al verkeerd.

    Lees ook: The Imminent Demise of Evolution: The Longest Running Falsehood in Creationism

    http://chem.tufts.edu/AnswersInScience/demise.html

    Hier kan jy sien hoeveel keer kreasioniste al voorspel het die Teorie van Evolusie sal "doodgaan". Sommiges het selfs 'n tyd bygesit wanneer die teorie van Evolusie "verkeerd" bewys sal word. Nodeloos om te sê, almal van hulle was verkeerd. Dit herinner so aan die voordspellings oor die eindtye.

    Die “dood” van die Teorie van Evolusie is dus al al verskeie kere “voorspel” deur baie kreasioniste  sedert 1859. Ongelukkig vir kreasioniste is die Teorie van Evolusie nou sterker as ooit onder bioloë. Bioloë is die spesialiste oor die onderwerp.

    Onwaarhede versprei deur kreasioniste gaan nie die feite verander nie.

    Kleinkoos

  • Ek het werklik simpatie met De Klerk want hy glo, in sy hart van harte wat hy hier geskryf het: 

     
    Daar is geen manier hoe darwinistiese evolusie op wetenskap berus nie - die massas kritiek wat ek aangehaal het, wat net die puntjie van die ysberg is, staan steeds, en word net meer en meer - darwinisme is op die rand van sy graf.
     
    Net soos Kleinkoos die aard van die retoriek weereens bevestig met die historiese verloop van anti-evolusie se retoriek en daar ooreenstemming is met die sekerheid wat in De Klerk se gemoed afspeel. 
     
    Is daar nie 'n gesegde nie, om vir ander te lieg, moet jy eers vir jouself lieg. 
     
    Indien De Klerk werklik glo dat twee sinne uit 'n boek, kritiek is, dan soos alreeds gesien, met elke onderwerp gaan De Klerk nooit tot insig kom nie. 
     
    Die enigste waarde van die gesprek vir my, is om te weet hierna hoe hardkopping oningelig die kreasionis en "intelligente ontwerpers" is.
     
    Dit was ten minste amusant. 
  • Kobus de Klerk

    A! Maar gelowiges se 'voorspellings' kom altyd waar ... dit word oor julle gespreek! En daar is niks wat julle daaraan kan doen nie, want julle dien die leuen. Die leuen sal ondergaan - binnekort.

    Dit is nie nodig vir ons om tyd en datum daaraan te koppel nie - dit is besig om reeds inherente vernietiging te ondergaan - in gevorderde stadium.

    Dankie vir die moeite.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Jy ken die gesegde, Wouter, want jy pas dit elke dag toe - deel van daardie selfdesepsie. Daar het jy nou die simptoom beskryf, maar soos 'n onwillige drankverstaafde wat sy eie probleem ontken en op 'n ander wil projekteer, doen jy ook.

    Daarom dat jy nie die verskil kan verstaan tussen hardkoppig en standvastig, konsekwent, nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top