Dans Dans Lisa wins Sing 'it music video!

  • 0

Dans Dans Lisa wins Sing ’it music video!

After four exciting weeks the Sing ’it download phase has closed. For the past month Sing ’it fans across South Africa have had the opportunity to listen to, and download, all nine completed singles. Apart from scoring some free music they also helped determine which of the competition artists would walk away with a music video from MK (DStv channel 324). 

The winner, with a whopping total of 5 655 downloads, was Dans Dans Lisa! Pierre Smith, songwriter of "Die ouer ek", will also have the opportunity to appear in the music video. The video will be flighted on MK and will be available for viewing online in the next few months. 

"I was blown away when I first heard that my lyrics were chosen by Dans Dans Lisa - even more so now that it will be made into a music video! Never in my wildest dreams did I imagine my ramblings on life would have turned into such great opportunities! Let's just hope they stay away from wearing speedos in the video," said Smith, who lives in Somerset West near Cape Town. 

Dans Dans Lisa member Bouwer Bosch responded equally as excitedly to the news: "We are ecstatic about the great news. It is every musician’s dream to win a budget for making a music video – this has been an amazing competition. Thank you to everyone involved in Sing ’it - it was an unforgettable experience!"

Sing ’it project manager Steyn du Toit said he was not able to wipe the smile off his face when he phoned Pierre Smith with the good news. "About a year ago Sing ’it was only a concept on paper. Today I get to phone someone and give their career a massive boost. This is what Sing ’it is all about!"

When asked about the possibility of a next cycle for the competition, Du Toit hinted that a second season might not be too far into the future. "We are busy looking at potential new artists as we speak. The overall consensus is that bigger will be better for the next cycle, and that includes some other massive names in the music industry. Sing ’it fans will be the first to know of any new developments, and are advised to keep a close eye on our website and social media pages."

Andre Kearns, sponsorship manager at Sanlam, said the success of the competition is evidence of a winning concept. "Sanlam is very passionate about providing platforms for creativity and culture to be exposed, hence our sponsorship of the Sing ’it competition presented by LitNet. This competition blew us away with the exceptional interest from the audience as well as their interaction with the Sing ’it competition. Dans Dans Lisa and Pierre Smith certainly deserve the music video prize and we look forward to what MK, Dans Dans Lisa, Pierre Smith and the producers/directors will cook up! The next Sing ’it competition will certainly be bigger and better."

More information about the competition can be viewed at www.singit.co.za, www.facebook.com/singit.co.za or via Twitter: @singit2011.

For any media-related queries please contact:

Steyn du Toit
Sing ’it Project Manager
Tel 021-886-5169
Cell 082-339-5766
E-mail: steyn@litnet.co.za

Sonja Conradie
External Communications Practitioner
Sanlam Corporate Affairs
Tel 021-947-1540
Cell 072-605-3513
E-mail: Sonja.conradie@sanlam.co.za

Dans Dans Lisa wen Sing ’it musiek video!

Na vier opwindende weke het die Sing ’it-aflaai-fase gesluit. Die afgelope maand het Sing ’it-aanhangers regoor Suid-Afrika die geleentheid gehad om na al nege voltooide opnames te luister en dit af te laai. Behalwe dat hulle by gratis musiek gebaat het, het hulle ook bepaal watter een van die deelnemende kunstenaars met ‘n musiekvideo van MK (DStv kanaal 324) sou wegstap.

Die wenner, met ‘n enorme 5 655 downloads, was Dans Dans Lisa! Pierre Smith, die liriekskrywer van "Die ouer ek", sal ook die geleentheid hê om in die musiekvideo op te tree. Die video sal op MK gewys word en in die volgende paar maande aanlyn vir kykers beskikbaar wees.

"Ek was weggeblaas toe ek die eerste keer hoor my song is deur DDL gekies om op te neem, en nou - nog beter - dat daar ‘n video daarvan gemaak word. Nooit gedink om my gedagtes neer te pen oor die lewe gaan sulke geleenthede skep nie, en boonop is dit saam met goeie ouens soos Bouwer en Deon. Kom ons hoop hulle bly weg van speedos af vir die video," het Smith gesê, wat in Somerset-Wes naby Kaapstad woon.

Dans Dans Lisa se Bouwer Bosch het net so opgewonde op die nuus gereageer: "Ons is in die sewende hemel oor die goeie nuus. Dit is enige musikant en band se droom om ‘n video verniet te kry en om ‘n kompetisie te wen met sulke talentvolle kunstenaars. Dankie dat ons deel kon wees van Sing ’it. Dit was amazing om saam julle te werk!"

Sing ’it se projekbestuurder, Steyn du Toit, het gesê hy kon nie die glimlag van sy gesig afvee toe hy Pierre Smith met die goeie nuus bel nie. "Omtrent ‘n jaar gelede was Sing ’it net ‘n konsep op papier. Vandag bel ek iemand en gee hulle loopbaan ‘n massiewe hupstoot. Dis waaroor dit alles in Sing ’it gaan!"

Toe hy gevra word oor die moontlikheid van ‘n volgende Sing ‘it-siklus, het Du Toit geskimp dat ‘n tweede seisoen dalk nie te ver in die toekoms lê nie. "Ons kyk juis reeds na potensiële nuwe kunstenaars. Die algemene konsensus is ‘hoe groter hoe beter’ vir die volgende siklus, en dit sluit ‘n paar ander enorm-groot [of jou eie woord!] name in die musiekbedryf in. Sing ’it-aanhangers sal die eerstes wees wat van enige nuwe verwikkelinge hoor en word aangeraai om ons webwerf en sosiale-media-blaaie gereeld dop te hou."

Andre Kearns, Sanlam se borgbestuureder, het gesê die welslae van die wedstryd is bewys van ‘n wenkonsep. "Sanlam is passievol daaroor om platforms te skep waar kreatiwiteit en kultuur bevorder word, en daarom het ons besluit om LitNet se Sing ’it kompetisie te borg. Die kompetisie het al ons verwagtinge oortref, veral met betrekking tot gehoordeelname en almal se energie. Dans Dans Lisa en Pierre Smith verdien vir seker die musiekvideoprys en ons sien uit daarna om te kyk wat hulle saam met MK gaan skep. Die volgende Sing ’it-kompetisie gaan vir seker groter en beter wees!"

Meer inligting oor die kompetisie is verkrygbaar by www.singit.co.za, www.facebook.com/singit.co.za of via Twitter: @singit2011.

Vir enige mediaverwante navrae, tree asseblief in verbinding met:

Steyn du Toit
Sing ’it-projekbestuurder
Tel 021-886-5169
Sel 082-339-5766
E-pos: steyn@litnet.co.za

Sonja Conradie
Eksterne Kommunikasiepraktisyn
Sanlam Korporatiewe Aangeleenthede
Tel 021-947-1540
Sel 072-605-3513
E-pos: Sonja.conradie@sanlam.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top