Jan Rap, dankietog vir die insig wat jy het. 'n Goeie begryper het mos net 'n halwe woord nodig. Die reaksie op my uitlating is nogal insiggewend van ons samelewing.
Daar is altyd die persoon wat so die moer in is vir homself hy is sommer ook die moer in vir die lewe. Daar is die omgeegroepielid wat eers die oorsaak van jou moeilikheid wil ontleed, daaroor gaan slaap,en dan jou 'n oplossing gee wat jy nie wou gehad het nie. Die ander lid van die samelewing veroordeel jou nog voordat hy iets van jou weet, en wil ook nie iets van jou weet nie.
Dan is daar die lot wat wil grawe aan jou herkoms, hede en toekoms.
Ek weet nie wie ontstig my die meeste nie maar mens moet leef en laat leef.
Solank die mense nog van jou skinder het hulle jou nog nie vergeet nie.
Reusedwerg


Kommentaar
Hehehe ou Reusedwerg ... jy't lekker geskrik né ... jy wil mos 'n grap van jouself met ander se werklikhede maak ... jy kan bly wees jy eer soms die ou grote Kobus, anders was jy homoseksueel gevloek in sy spirituele intelligensie vir die res van jou getik oppie werf ...