Dagbreek
Die dagbreek smag na die nag van die son.
Vir die skyn van die sterre, vir die groei van die mooiste blom.
Ek gaan die hoogste pieke uitklim,
die grootste branders uitswem.
Waters wat my brand,
met die vuur wat die see maak.
Ek sal nooit ingee
totdat ek daai blom kry nie,
want net die perfekte blom is goed genoeg vir jou!
Drange vermeerder die dreigheid in my.
Die soeke na niks, wat ek moet kry.
Die liefde word pyn, dit bloei, maak seer.
Al wat ek moet besef is, dat selfs 'n dandelion sal jy waardeer


