Dag en Nag
As jy maar net weet hoeveel ek omgee
en wat ek als vir jou sal doen
Ek wens kan jou hart skoonvee
maar die deur na jou hart is geblok met jou skoen
Ek is baie ongelukkig, want jy het baie eina
Ek weet nie hoe om jou beter te laat voel
Jy het al gesê jy sal my vra om jou te dra
Ons het dit alles, ons het baie gevoel
Ek wil hê jy moet weet dat ek vir jou sal help
maar help my om jou te help
Ons kan dit saam doen, bietjie elke dag
Al vat dit dag na dag
Jy het op die oomblik baie ondersteuning
en ek voel soms of ek indring
aar ek kan nie sit en kyk hoe jy
elke dag nog meer en meer ly
Ek probeer myself distansieer
dis moeilik maar ek probeer weer en weer
Maar my foon is in my hand nog voor ek dit kan stop
en my plan is nou ? baie groot flop
Solank jy weet ek is hier vir jou
Jy moet weet dat ek van jou hou
Jy moet besef dat jy great is
en dat ek jou heeltyd aanhou mis
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.



Kommentaar
Die titel is eintlik "Dag na Dag" 😀