Weet nie so mooi wat ’n Jogi is nie, maar ek kan seker ook nie alles wil weet nie. Ek weet ook nie of jy ’n man of ’n vrou is nie, ek weet ook nie of jy met die stelling die Bybel prober afkraak en of jy met die stelling na kennis soek nie. Ek weet niks van jou af nie en ek gaan jou ook nie oordeel nie, ek gaan net probeer om my siening van dieselfde stukkie geskrif voor te lê as bewys dat Yahashua (Jesus) nie die Tanakh weerspreek nie. Fair enough?
Jy het die stelling gemaak dat Jesus die ou testament weerspreek en as bewys Johannes 8 voorgelê.
Sonder om jou te na te kom, my stelling aan jou is dat jy Yochanan 8 glad nie verstaan nie. In telegramstyl, die vlg het daar gebeur.
Eerstens, gaan lees Vayikra (Leviticus) 20:10 en D’varim (Deuteronomy) 22:22. Jy sal sien dat die wette verg dat beide die egbrekers saam voor die hof verskyn. As net een ingebring word is daar nie ’n saak nie.
Die mense wie die vrou voor Messias gebring het, het gesê dat hulle haar uitgevang het, haar dus gesien het in die daad. So waar was die man met wie sy die daad gepleeg het? Hoekom het hulle hom nie ook ingebring nie?
En verder, Israel was onder Romeinse okkupasie en die Sinagoge het nie die outoriteit gehad om die doodstraf te gee nie, net die Romeinse howe kon dit doen. Die mense wie die vrou ingebring het, het dit baie goed geweet.
En verder, Messias het gesê dat Sy koninkryk nie van hierdie wêreld is nie, hoekom sou hy dus by so ’n saak betrokke raak om te straf?
Jy sal onthou dat Hy tydens die onderonsie gebuk het en in die sand geskryf het, ons weet nie wat nie, maar die effek daarvan op die beskuldigers is duidelik, hulle het weggesluip.
Die lot wou Messias in ’n lokval lei, hom uitlok om oordeel uit te spreek, die vrou te laat stenig en hom dan by die Romeine verkla. Onthou dat die Jode nie die doodstraf kon gee nie. Toe Hy sê dat die een sonder sonde die eerste klip moet gooi, saam met wat Hy in die sand geskryf het, het die spulletjie besef dat hul slenter gefaal het en hulle het weggesluip, stert tussen die bene. Sy woorde “sonder sonde” het die vinger na die beskuldigers gewys en gesê dat nie een van hulle sonder sonde is nie in sovêrre hulle die einste wet waarvan hulle haar aankla nie kon nakom nie, hulle het nie beide oortreders ingebring nie.
Die klomp se plannetjie en ge-backfire. Diegene wie Yahashua Ha Mashiach wil aanvat het daardie tyd nie geslaag nie en hulle slaag vandag ook nie, hulle gaan ook nooit slaag nie.
I rest my case. Wat die res van jou stellings betref, wel Jogi, as jy werklik wil weet, begin studeer. Ek het my eie oortuigings daaroor, maar ek is nie lus om dit voor te lê nie.
Weereens, sonder om jou te na te kom.
Ek groet
Duitswester

