DA/EFF koalisie?

  • 4

Daar is sprake van 'n moontlike koalisie tussen die DA en EFF in die metropole van Pretoria, Johannesburg en Erkhuleni.

Ek wonder net hoe die Afrikaners wat DA gestem het daaroor gaan voel, en hoe dit hulle steun in die algemene verkiesing van 2019 gaan raak.

Na my mening indien die DA tot koalisie sou wou oorgaan, dit eerder met die ANC eerder as met die EFF.

  • 4

Kommentaar

  • Beste Jaco

    Die EFF het dit duidelik gemaak dat hul nie daar is om wat hul beskryf as 'wit kapitaal' se belange te bevorder nie.

  • Dit is 'n goeie punt wat jy daar maak. Mens kry snaakse bedmaats in die politiek. Dit gaan hier om eie gewin. Daar gaan die volgende twee weke 'n oor en weer gevryery en geheulery afgee wat nog nie in die land gesien is nie. Ek het nie 'n baie hoë dunk van Zuma nie. Ek persoonlik dink daar is meer agter die skerms aan die gang as wat mens kan dink. Ek dink hy is vooropgestel/gebruik om baie ander manne se doen en late te verdoesel. Hy is self ook aandadig vir sy eie val maar word ook grootliks deur die media aangehelp. Ons moet onthou ons is deel van Afrika. Hier word dinge heeltemal anders as in die Westerse lande gedoen. Afrika se demokrasie werk anders. Die ander grootste bydraende faktor is, as jy as blanke die man of sy organisasie kritiseer word die rassekaart gespeel.

  • Reusedwerg.

    Stem saam met jou sentiment. Ek het glad nie gestem nie. Vir my is die DA beleid dieselfde as die ANC s'n, net dat hulle "brag" hulle sal die ANC beleid beter uitvoer. Met al die onlangse onstuimighede rakend die Afrikaanse taal, het hulle geen standpunt ingeneem nie, waarvoor ek hulle verkwalik.

  • FC Boot

    Die feit dat die DA leierskap sodanige koalisie met die EFF selfs oorweeg, strek tot kommer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top