"Daar's altyd hoop" deur Kevin Groenewald

  • 2

Daar's altyd hoop

Natgehuilde kussing
Rooi-gehuilde oë
Jou geliefde is steeds missing
en jy twyfel in jou vermoë

REFREIN:
Maar die waarheid is so duidelik
Jy's meer as wat jy dink
Vat 'n kans en spring
en kyk waar hoop jou kan bring

Moedeloos en alleen
Selfbejammering en pyn
'n Verwerpte in die reën
wat redeneer met jou brein

REFREIN

Opdraandes raak steiler
Moed en wil raak min
Soms voel jy soos 'n failure
Maar jy vergeet waar't jy begin

Neergeval en seergekry
Staan nou op en skuif dit opsy
Hoop en vertrou en hou aan baklei
Veg vir 'n toekoms, vir jou en vir my

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top