Daar is Rapport ons weer een voor, of: Die moraliteit van 'n volk

  • 3

Die laaste teks wat Jaco Botha glo geskryf het en Sondag in Rapport gepubliseer is, laat ’n mens ongelukkig onwillekeurig dink aan wat Hans Wors gesê het ná sy troue met Yolande, toe hy nog vry was en nie sy mantel na die establishment gedraai het nie: Afrikaans is ’n “selfmoordtaal”. Meer kommerwekkend egter is die bekendmaking dat die teks vir die Woordfees Kortverhalekompetisie ingeskryf is en in Rapport gepubliseer is selfs voor die sluitingsdatum van die kompetisie. Volgens die reëls van die kompetisie word alle inskrywings streng anoniem gekeur, met ander woorde die outeur se naam is nie by die verhaal nie, en net die beste verhale word uitgekies om gebundel te word. Maar volgens Rapport is Botha se verhaal reeds in die bundel opgeneem! Die boodskap aan voornemende skrywers is duidelik: pleeg selfmoord en wees verseker van publikasie; vermoedelik sal die R4 000 wat daarmee gepaardgaan minstens in jou boedel beland. Verder: die skrywer van die wenverhaal kry R30 000. Gesien die beoordelaars se reeds blatante voortrekkery sal dit nie verbaas as hulle dit klaar aan Botha toegeken het nie.

Die kompetisiereëls lui voorts dat ’n skrywer summier gediskwalifiseer sal word as hy/sy wel in die “anoniem” geskrewe teks geïdentifiseer kan word. Klaarblyklik kon Botha geïdentifiseer word – hoe anders kon die teks op weg na publikasie onder sy naam uitgekom het? – maar verre daarvan dat hy gediskwalifiseer word, word hy eerste van almal in die bundel opgeneem.

Die algemene armoede aan etiek oor die kwessie herinner aan die skandalige toekenning van die Jan Rabie/Marjorie Wallace-beurs aan André P Brink.

  • 3

Kommentaar

  • Tant-koek-se-hoenderhaan

    Die beurs is vir studente bedoel, nie gevestigde skrywers/academici nie. Dit was dus 'n baantjies vir boeties affêre.

  • Hierdie aantygings maak my bekommerd. Gaan niemand dit aanspreek nie? As dit onwaarhede is moet dit weerlê word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top