Sjoe Tant Alie
Dit is mos nou nie Christelik van jou om so tekere te gaan nie?
Is jy vernoem na die Tant Alie in die liedjie? Jy is nogal ’n ou vuurvreter hoor! Ek is nou nie heeltemal by nie. Hoekom moet jy nou aan die preek gaan oor Cornelius vir ’n ander ou reggehelp het omdat hy sy woorde verkeerd gebruik. Waar het Cornelius nou eintlik gesê dat mites in die Bybel opgeneem moet word? Ek weet nie hoe jy dit verklaar nie, dis sommer simpel man! Ek dink eerder jy is die een wat om elke hoek probeer om vir Cornelius aan te val en sleg te sê. Dit is mos jou ou laai. Vandat Cornelius daai keer by jou kerk op onskuldige wyse sy familie gevra het oor jou, het jy ’n aksie teen hom. Dit is mos nie Christelik om so wrok te koester nie, Tant Alie?
Wel, ek as Christen sal nie so optree nie. Ek onthou goed hoe jy my ook staan en preek het oor ek my dogtertjies sekere dinge vertel, soos die Asjera Meermin. Wat daarmee fout is weet ek ook nie. Nou, laat ek jou vertel, ek en my kinders het gereeld rituele waar ons die Here prys. Ja, jy kan my nou maar kom oordeel en sê dat ons mites inbring, maar dit is hoe ons die ding doen.
Hierdie naweek was wonderlik. Ons het wierook gebrand en al die kids en hulle maats het in die huis saamgetrek. My dogtertjie speel klavier, en ons het in ’n kringetjie gesit en liedere gesing vanuit die ou rooi Jeugsangbundel. Vir ure het ons gesing en geprys en gemediteer, alles ter ere van die Here. Ja, ons het ook hande geklap, gedans en jy sal verbaas wees, hoe al hierdie jong kinders met die Gees gevul was! Gaan jy ons nou daaroor ook kritiseer? Is dit ook ’n mite as ons die Here op so ’n manier prys?
Ek is lus om weer vir jou te sê jy moet gaan vlieg!
Ronel

