In die doodsnikke van die wedstryd skop Daniller besit weg (soos Ebersohn gedurig deur die wedstryd gemaak het) en die Cheetahs verloor nadat hulle die grootste deel van die wedstryd voor was. Die twee keer wat die "taktiese skoppies" gewerk het was maar toevallig; dit werk seker maar so een uit die tien keer. Met ander woorde, een uit die tien keer is dit ’n taktiese skop, die res is doellose weggee van besit. Enige span wat teen die Cheetahs speel hoef nie eers in die lynstane te kompeteer nie, hulle kan energie spaar want die kans is 90% dat die Cheetahs deur ’n sogenaamde taktiese skoppie besit gaan weggee.
As ’n Bloubul-ondersteuner het die Bulle se verloor my nie so erg gepla nie; dit was van die begin af duidelik dat die Stormers die beter span op die veld was en verdien om te wen. Maar my tweede span, Cheetahs, se verloor hierdie naweek is moeilik om te verwerk.
Jan Rap

