Daar gebeur dit toe amper weer …

  • 0

Teen die verwagting in is die Chiefs voor en met minder as twee minute oor skop hulle besit weg. Ek kan verstaan dat hulle uit hulle gebied kom maar die skop was nie goed geplaas nie en soos voorspel kon word klou die Crusaders aan besit soos ’n neet; 20 of 21 fases, weer eens tot na die sirene. Gelukkig vir die Chiefs kry hulle toe besit en kon hulle uit skop maar dit was hittete. Ek kan dit nie verstaan nie. Daar is twee goed wat ’n breier sy span nie moet toelaat nie; swem en besit in die doodsnikke van ’n wedstryd afstaan.

Die Sharks, aan die ander kant, het geklou aan besit hier teen die einde van die wedstryd, al was dit spoegafstand van hulle doellyn. Groot pluimpie vir die Sharks met daardie oorwinning; hulle het die leeu in sy hool aangedurf en hom daar oorwin, hulle heen-en-weer ryery ten spyt.

Ook ’n pluimpie aan Allister Coetzee; hoe hy gepraat het met die ’verloorder’-onderhoud getuig van ware sportmangees. Man, ek was skoon aangedaan.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top