Cressida Connolly: The rare and the beautiful II

  • 0

Die Mitfords en Garmans was tydgenote. Soms het dieselfde mense (bv lede van die Bloomsbury-groep, SêNet, 21.09.2010) hulle paaie gekruis. Maar die Garmans was nie deel van die Britse aristokrasie nie (hulle pa was ’n dokter), nie so welgesteld soos die Mitfords nie en hulle het nie publisiteit gesoek nie. Hulle is religieus opgevoed, maar hulle het al hoe meer in opstand teen Victoriaanse waardes gekom en seksuele en persoonlike vryheid gekies. Hulle pa "would have liked his daughters to have married into the clergy" (p 15). Die Garman-kinders was egter in die familie as die "Naughty Nine" (p 7) bekend. Oor hulle ma word gesê: "Her daughters mostly inherited her dread of household chores" (p 37).

 

Die Garmans is nie so bekend soos die lede van Bloomsbury nie, want hulle het artistiek nie in dieselfde mate gepresteer nie. Hulle was "muses rather than artists" (p 286). Soos die Bloomsberries het hulle kuns hoër as Victoriaanse waardes geag en hulle eerder in promiskuïteit uitgeleef. Hulle was "passionately high-minded: art and literature and music were essentials" (p xiii). "Their father read aloud to them: prose on weekdays, poetry, as a treat, on Sundays" (p 9). "Campbell lambasted Bloomsbury, its values and its characters" (p 83). Die Garmans het volgens hulle eie waardes geleef sonder om goedkeuring van die samelewing te begeer. Hulle was bv geneig om hulle kinders gruwelik te verwaarloos.

Van veral die drie Garmans waarop Connolly fokus (Mary, Kathleen en Lorna) kan gesê word dat hulle lank was met dik, lang, reguit, los swart hare. Hulle het voorkeur aan natuurlikheid gegee. "They liked things to look effortless" (p 2). "The Garmans were strikingly beautiful, artistic and wild" (p xii). "They sought adventure, emotional altitude" (p 2). Hulle was grasieus, misterieus en eksoties en het smaakvol aangetrek, bv baie lang rompe. Hulle aanslag was sensueel en onkonvensioneel en hulle gedrag passievol, ongedissiplineerd en boheems. Daarby het hulle ’n voorliefde vir blomme gehad, wat meegebring het dat hulle as voorlopers van die hippiekultuur beskou word. Roy Campbell het beweer: "No other contemporary women ever had so much poetry, good, bad and indifferent, written about them, or had so many portraits and busts made of them" (p 19). Epstein het gesê: "The Garmans aren't a family: they're a tribe" (p 104).

Roy Campbell het beweer: "The one excuse for being a pagan is to enjoy it thoroughly" (p 75). Hy en die Garmans het dit met oorgawe gedoen. In Spanje het eers Mary en toe Roy hulle egter by die Rooms-Katolieke Kerk aangesluit. "After their conversion, hedonism became replaced by an exaggerated piety" (p 211). Na die dood van twee van haar kinders het Kathleen elke Sondag hulle grafte besoek en ’n kerkganger geword. Vir haar was dit ’n "new-found respectability" (p 228), maar sy het ’n esteet gebly: "Until we fall into the dust ourselves we must make our surroundings as beautiful as we can" (p 234). Vanweë Mary se bearbeiding het Lorna ook religieus geword. "She became very, very Catholic and gave away all her jewellery and went to mass every day and renounced all her lovers" (p 245). Mary, Kathleen en Lorna se laatgevonde religieusheid laat my dink aan wat ’n oud-kollega gesê het: "’n Heilige het ’n verlede maar ’n sondaar het ’n toekoms." Heiligheid is egter nie altyd maklik volhoubaar nie. Mary "lost her faith about two years before she died. It seemed to disappear suddenly and without reason, like a bird alighting from a branch" (p 225).

Johannes Comestor 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top