Covington

  • 5

Hierdie is 'n gedeeltelike lys van persone en instansies wat in die openbaar verskoning aangebied het vir hul feitelik foutiewe en bevooroordeelde beriggewing oor die insident waarby seuns van Covington-skool betrokke was: Scott Adams van Dilbert-faam, National Post, Meghan McCain, Jamie Lee Curtis, CBC, CNN.

Gesien Bettina Wyngaard se ewe skewe en bevooroordeelde rubriek oor die aangeleentheid, met growwe feitefoute en die weglating van belangrike inligting, is dit te veel gevra om te wonder of sy dalkies self 'n verskoning sal aanbied of ten minste die saak sal regstel? Ek hou nie my asem op nie …

  • 5

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Propaganda vir beleid van geforseerde etniese amalgamasie is algemene propaganda in Afrikaanse media.
    Verskonings vir vals nuus en propaganda verdraaide feite sal nie kom nie.

  • Baie Dankie Leon. Jy is iemand wat hierdie dinge eers ondersoek. Dit lyk asof die Hoofstroomspelers net agterna praat. Ek hoor nou die oggend hoe Groot Ontbyt noem hoe oulik Alexandria Ocasio-Cortez vir hulle is. Dis iemand wat op 'n eienaardige manier na vore getree het in 'n polities geïnspireerde pageant. En toe begin sy ongelukkig praat en hierdie bloupil-nuusstasies hou so van haar. Dit is blooming skokkend. Ook op KykNet met Megaboere spring hulle sommer weg met "boere wat ... en jy't nie kaart en transport nodig om so en so te wees nie". Saggies betrek hulle die boere om gereed te maak vir wat kom. Dit is nou KYKNET nogal. Alles het 'n sinspeling in dat ons verkeerd is en hulle is reg. Miskien moet ek, wat op 'n plaas is, Nero of Antiochus Epiphany gaan vra vir regstelling teen my. Die nuus maak mens fisies naar.

  • Ons word baie subtiel gebreinspoel. Dit is die media se werk om dit te doen. Gelukkig is daar darem nog mense wat sê, wag 'n bietjie, kom ek staan terug en kyk daarna. Die betrokke persoon wat gereeld rubrieke skryf se menings lees ek maar met lang tande en is vir my redelik onder verdenking. Die mens is oor die algemeen soos 'n skaap (tropdier). Hol saam en agter iemand aan wat 'n mening het wat aanklank by die meerderheid vind. Ons politiek is 'n sprekende voorbeeld daarvan.

  • Judy007 ek kan nie aan 'n meer raak uiteensetting dink as wat jy gegee het nie. Ek dink ook dit het mode geword om die absurde te verkondig en na te volg. Dit is erger as bloedskande indien jy dit so oorweeg om die huidige tendense/oortuigings en neigings te weerspreek/kritiseer en of te probeer korrigeer. Onmiddellik word jy as "old school/regse" gebrandmerk. Gelukkig draai die wiel. Seker maar stadig.

  • Hans Richardt

    Ek dink die toets van grense word deesdae erg. Dis asof mense nie besef grense is daar vir rede. Sosialisme word globale neiging.
    Een van die dae sal ons praat van VSSA, verenigde sosialistiese state van Amerika?
    Mense is OORBEVOLK.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top