Cornelius

  • 0

Cornelius

Ek verstaan werklik nie hoekom jy gedurig poog om my in ander gesprekke te betrek nie. Ek het nie ’n benul waaroor hierdie gesprek tussen Wouter en Johannes Comestor gaan nie, en stel ook nie daarin belang nie. Hoekom jy dit goed vind om my telkemale by spesifieke gevegte, wat niks met my uit te waai het, te probeer betrek, is uiters onvanpas. Ek gee glad nie om dat jy so minagtend na my verwys as "ge-alie" of watter woordjie jou op daardie dag prikkel nie. As dit jou gelukkig maak, kan jy maar voortgaan. Ek vra egter dat indien jy werklik iets vir my wil sê, jy mans genoeg moet wees om direk aan my te skryf.

Dit deug nie meer om elke keer as jy op my wil pik, jou Ronel-karakter op my los te laat, of om op onverwante briewe ’n tirade teen my en Kobus de Klerk te voer nie. Ek weet hoekom jy steeds woedend vir my is, alhoewel ek geensins glo ek het verkeerd opgetree deur jou uit te wys, as iemand wat agteraf my identiteit probeer bekom het nie. Dit is duidelik die probleem wat jy het, en ek het dit agtergekom toe jou Ronel-karakter so wyle gelede weereens, tot vervelens toe, my daaroor gepols het.

Ek gaan nou finaal vir jou vertel dat ek jou lankal jou vergewe het en ek is op rekord dat ek keer op keer gevra het om die strydbyl te begrawe. Ons sal nooit saamstem oor Geloofsake nie, maar ek wil jou tog maan om eerder jou agteraf gekyf oor my teenoor ander mense te staak, want dit is onsmaaklik. Ek dink werklik nie dat hierdie mense betrokke wil raak in ’n skindersessie met jou oor dinge waarin hulle geen aandeel het nie.

Kom skryf nou maar onder jou eie naam aan my, want dit is duidelik dat jy iets by my wil uitvind of hulp van die een of ander aard benodig. Ek gaan voortaan jou/Ronel en al julle skuilnaampies se blatante uitlokking ignoreer. Ek wil jou egter waarsku om maar eerder die agterbakse houdinkie van jou te staak en jou obsessie met my en Kobus en ander Christene te laat vaar. Ek kan nie dink dat dit enigsins positiewe gesprekke tot gevolg het nie, en die alewige gekyf op SêNet maak dit nou vir ons almal onhanteerbaar.

Probeer maar eerder om met nuwe gedagtes na vore te kom. Ek is bereid om die streep te trek, en jou nonsens van die verlede te vergeet. Ek gaan voortaan op my manier opbouend skrywe, en indien jy braaf genoeg is om met my in gesprek te tree, sal ek daarop reageer. Jou en jou maters se agteraf geklets sal ek vir eers ignoreer, totdat dit by so ’n punt kom waar ek julle weereens gaan ontbloot vir die valse mense wie julle is.

Is jy mans genoeg?

Tant Alie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top