Hello Cornelius
Die reaksie was soos verwag komende van jou, die vergryp na woordeboeke in plaas van argumente, woordeboeke sal jy hopelik eendag ontdek is nie ’n plaasvervanger vir argumente nie. Die eindelose sinspelings, "bloubul-gat", en refrein, "skoorsoekerige gebete homoseksuele en beterweterige primadonna Wouter-kreatuurtjie", "haat en hoon" ontbreek ook nie. Dit is die vlak waarop jy funksioneer.
Indien die konsep van ’n geslote sisteem jou nie welgeval nie, laat dit dan weer aan jou uitgespel word. Wanneer die Bybel en enige ander teks onder hande geneem word, geskied dit nie in isolasie nie. Die interne waarhede van die teks word as ’n vertrekpunt geneem en gelees aan die hand wat dit openbaar, dit is egter nie voldoende nie en moet inligting wat buite die teks bestaan ook in konteks gebring word. Dink aan dekonstruksie, ’n Derrida byvoorbeeld.
Daardie konsep behoort jy te kan snap, sonder om na ’n woordeboek te gryp. Wanneer jy kan verstaan dat die Bybel (tekste) nie in isolasie gelees kan word nie, aangesien vakkundige studies lig werp daarop en die bevindinge ’n vormende rol speel in die ontleding van die werk onder hande.
Eenvoudiger as dit kan dit nie aan jou gestel word nie. Dit is waar "oop vs toe" nou na vore kom. Jy die leser, Cornelius, laat jy daardie eksterne vakkundige in of sluit jy dit uit.
In verhouding tot hoe jy voorheen met aangeleenthede hier omgegaan het, is die meer korrekte metodiek wat deur jou gevolg word, die van "rorschach onwerklikede", wat jy projekteer op wat jy ook al lees. Neem die verwysings na VVV's soos jy dit vind in Esegiël. ’n Gewilde ontleding onder die wat nie met nodige erns hierdie werke ondersoek nie.
Nog ’n voorbeeld van hierdie Rorschach-onwerklikede wat jy links en regs projekteer op alles waarmee jy omgaan is die onlangse verwysing van jou wanneer jy skryf:
In Esegiël 9:6 leer ons:
Utterly destroy old and young, maidens, children and women: but upon whomsoever you shall see Thau, kill him not, and begin ye at my sanctuary. So they began at the ancient men who mere before the house.
Ek haal dit spesiaal uit my Ingelse Katolieke Bybel want in die ander word daar gewoon na "diermerk" verwys.
Dan maak jy die sprong vanaf daardie versinsel van jou na nog ’n versinsel, die Thau-GOD ons MOEDER, nog Rorschach-onwerklikede, alles projeksies van ’n koorsagtige verbeelding vol van drogbeelde.
Bevestig tog, die uitgawe van hierdie, Ingelse Katolieke Bybel?
Die slotsom is soos altyd, jy gaan onverantwoordelik en oningelig om met hierdie tekste, soos al male sonder tal hier uitgelig in vorige briewe deur my. Daar was niks oor Shekinah wat jy sinvol kon bied nie.
Niks het verander nie en skiet jy soos altyd tekort. Daar is niks waar wat deur jou gebied word nie, wat as ’n eksterne bevestigbare waarheid kan bevestig word.
Rorschach-onwerklikede, die hele lot.
Die laaste woord is joune. Probeer tog om met nuwe beledigings te kom. “Verbete homoseksueel met haat en hoon” is sonder byt, oud en afgesaag.
Baie dankie
Wouter

