Cornelius, staan sterk!

  • 0

Liewe Cornelius

Deur die jaar het ek jou great briewe gelees. Ek kan nie glo dat mense soos Kobus, Erika en Tante Alie, so tekere gaan nie. Hulle is beslis jealous op jou kennis en wisdom. Ek meen, hierdie brief wat jy oor die Dao geskryf het is sommer een van die bestes nog op LitNet. Ek dink Kobus kan net nie aanvaar dat baie meer mense hier jou volg en luister na wat jy sê nie. Almal ignore hom en ou Alie, want hulle praat net twak en sien neer op mense. Maar jy touch mense met jou skrywes, so gaan asseblief aan.

Ek het al hoeveel keer vir Kobus en Alie gesê ek is ’n Christen en ek is nie jy nie, maar hulle glo net wat hulle wil. Ek wens hulle wil nou net in hulle moere vlieg en jou uitlos. Niemand kan met die negative energy leef nie.

Ek is jammer dat ek nie altyd aan jou skryf nie, Cornelius, maar weet ek is hier en lees gereeld. Ek is nou besig met ’n boek Conversations with God en dit is besig om my hele lewe te change. Ek wens so graag dat Tante Alie en Kobus de Klerk ook hierdie boek wil lees. Het jy dit al gelees?

Ek dink jy is ’n great mens en ek sê dankie dat jy my mind oopgemaak het vir ’n spiritual journey waarop ek nou is. As jy nog enige goeie boeke vir my kan voorstel om te lees, sal dit great wees.

Namaste!

Ronel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top