Cornelius, iemand moet net vir jou daarop wys dat jy met hierdie briefie aan Wouter die pot totaal mispiepie. Hy praat van ’n geslote sisteem, soos die Bybel, in die sin dat die sisteem self voorgee om die antwoorde te verskaf op die vrae wat uit dieselfde sisteem ontstaan. Soos in:
Vraag: Hoekom moet ek die Bybel glo?
Antwoord: Omdat die Bybel so sê.
Jy, daarenteen het in gedagte ’n uitsluitende sisteem, daarom jou verwysing na die Broederbond, apartheid, ens. Jy praat vir Wouter dus skoon mis, en die foutjie lê ongelukkig by jou. Dit was duidelik uit sy brief wat hy bedoel.
Groetnis
Dirk D

