Hello Cornelius
Duidelik weet ek minder as wat Stewie weet, aangesien ek nie weet van Stewie nie, ’n gay-ikoon en duidelik so met die foto aangeheg deur jou. ‘n Cliché sonder enige twyfel, 1970’s en dit alles.
Net soos met die "darling". Nog nooit het ek "darling" as ’n aanspreekvorm hier gebruik nie, terwyl jy my met "darling" aanspreek en die ander sinspeling waarmee jy vorendag kom is verstommend en gewoonlik is dit sinspelings oor die agterdeur.
Hoe ook al, kennis geneem van die verwantskap wat jy sien tussen my en Stewie.
Maar is dit werklik die beste wat jy kan doen?
Moet daar gepoog word om my te diskrediteer met verwysings na my gay-wees, hoe maak my gay-wees my argumente swakker of diskrediteer dit my as mens?
Wat baat dit jou om die klem daarop te plaas?
Die tweede aspek, gesteel deur jou vanaf Comestor, is die tema van beterweterigheid, die argument teen argumente aangebied van my kant af om dit onder die hoof daarvan te probeer diskrediteer. Briewe geplaas deur jou en Comestor is klaarblyklik net dit, briewe, kritiek komende van my word dan op elke denkbare manier afgemaak as behalwe om dit te ondersoek en die foute daarin uit te wys.
Is dit al hoe jy ’n hou kan plant?
Indien die funksie van Brink werklik aan jou verduidelik moet word dan is die antwoord soos volg:
Wat ’n persoon van Brink se statuur as kritiek skryf is nuuswaardig, veral omdat dit nie dekking in Suid-Afrika geniet het en dit daarom ’n manier was om blootstelling te gee daaraan, veral op ’n plek soos LitNet wat ’n ruimte vir nuus en debat skep is dit belangrik dat ’n stem soos Brink in die mengsel gebring word.
Waardevol in eie reg.
Daarom was daar niks bygevoeg deur my nie en Brink sonder interpretasie aangebied, aangesien sy menings op eie reg aangebied wou word om dit teen wanvoorstelling te beskerm.
Dit is daarom waarom daar na Brink verwys word, net soos daar na De Vos verwys word of enige ander persoon wat lig kan werp op die onderwerp onder bespreking. Rheede et al.
Dit is om ‘n verskeidenheid van stemme en alternatiewe menings in die gesprek te bring, en nie soos Jan Rap onlangs dit probeer aanbied het, verwarring van my kant af nie.
Maar dit sal jy nie verstaan nie, die inbring van ondersoekende stemme.
‘n Jaar later, is jy nog steeds verkeerd oor die hutspot wat jy hier verkondig, die spontane evolusie, die pseudowetenskap wat jy met klokslag hier verkondig, die mengelmoes religie, wat nie die manier is hoe aanbid word nie. Teologie en tradisie het geen plek in jou ontleding van die werklikheid nie.
Net soos met induktiewe logika, jou aanbieding daarvan en dan ‘n nuwe laagtepunt, jou aanbieding van Shekhinah of jou bewering dat “Christus, Allah is (Allah, is Jesus Christus)”.
Dan vind jy Midrash in die Roomse Katolieke Kerk.
Greene wat ook onder jou deurgeloop het.
Ook so, Sagan, Einstein en Hawking en Ferguson oor oorlog.
Die eindelose gegryp na woordeboek om jouself ‘n tipe gesag te probeer bied.
Die eindelose geplunder van Wikipedia, soos weer met Stewie, ‘n vertaling van eerste paragraaf uit die Wikipedia bespreking.
En dan ’n nuwe laagtepunt, die letter T, is gelykstaande aan Tao en dit laat weer ‘n sprong na “god die moeder” toe.
Dit is onduidelik hoe jy by dit alles uitkom, maar ‘n deurmekaar spul is dit sonder enige twyfel.
Daar kan gepoog word om te probeer lees wat jy skryf, maar dit kan nie geglo word nie.
Baie dankie
Wouter