Cornelius, wat is hierdie “akkies” van jou? Sover ek weet is dit in sekere streke kleutertaal vir ’n nommer twee. Bedoel jy dalk die Engelse “also known as”, naamlik “aka”? Laat weet tog.
Nou hoe sou ek nou die taal verskraal deur die woord “mite”, afkomstig van die Griekse muthos (μυθοσ?) vir fabel of storie sonder grond, te gebruik? Of bedoel jy dalk ’n mite is NIE ’n ongegronde storie nie en ek beledig as't ware die woord deur hom te gebruik vir ’n paar fabels wat onder ons mense rondhang? In daardie geval dan verskraal ek mos nie Afrikaans nie; ek gebruik net die woord verkeerd uit onkunde. Oor een ding is ek darem bly en dit is dat jy saamstem daardie vier goed wat ek genoem het is fabels, ongegronde stories, leuens.
Ek vind dit verbysterend dat jy sê "... maar jy kon nog nooit eintlik behoorlik rede voer agter jou versukkelde verskuildheid nie ...". Ek voel nie beledig nie; dit is dalk so, jy moet volledigheidshalwe net bewyse gee anders bly dit bloot jou persoonlike mening. Wat my verbyster, soos ek gesê het, is dat, na jy my ooglopend probeer beledig het, jy afsluit met ’n godsdienstige “sola gratia”. Is dit ’n goeie advertensie vir jou credo? Ek dink van nee.
Groetnis
Jan Rap

