Cornelius Henn, jy praat 'om' vrae

  • 1

Ja Cornelius, jy het 'n goeie hart, maar jy illustreer presies my probleem wat ek uitgelug het. Jy lig darem elke Jesus voet-fetish mooi uit. My karakter in ou testament wat werklik man was, is ou Dawid, wat hom deur sy hormone laat voorskryf het, selfs om saam te sweer om moord te pleeg vir die proe van die 'boom van kennis van goed en kwaad'. In 2012 maak die 'eet van die boom van goed en kwaad' miljoene dood. Tans is regering besig om SA-mans van hul seksualiteit te beroof, met regstel- en gelykstel-aksies, as politieke prioriteit met wetgewing en selfs 'n minister van vroue aangeleenthede. Vir bv ' Trienie' is Jesus-karakter 'n 'ridder op die wit perd'. Die evangeliese Jesus is die 1ste voorbeeld van die uni-seks mensbeeld en dis tog teen dié Genesis-skeppingsbeeld van 'man en vrou', duidelike onderskeid. Wat my egter in die praktyk pla, is dat daar nog steeds bv 'n 'tekort aan ambagsmanne' is in SA, maar nie 'n te kort aan 'ambagsvroue' nie, in dié uni-seks tipe uitleef van geloof in samelewing. Dis sulke subtiele drakoniese goedgelowigheid, wat tot diskriminasie en openlike onderdrukking lei in die samelewing. Die tradisionele huwelik is absoluut en dis amper beter om 'n beslote korporasie te stig in stede van 'wit troue in kerk'? Dan is man en vrou mos gelyke aandeelhouers en kan selfs sekstye met 'n wedersydse papier ooreenkoms uitgespel word? Verder, Jesus het as 'n uni-seks evangeliese karakter, geen gesin nie. Hoe kan jy hom in gesinsverband van sy individu-gerigte beskryfde lewe bring? Of is al die preke hieroor net 'n 'figment of the imagination' van elke 2012 prediker?

Ten slotte, ou Dawid het elke sonde van 2012 SA-man gepleeg, van gesinsgeweld, moord, owerspel, gevegte met vyande en is dood sonder 'n 'bloeiende hart' van 'jammersê' en 'voetewas'! Tog, jy kan nie vir ou Dawid bid nie, want dit sou 'afgodery' wees om tot 'voorvader' te bid, bv Moses, Dawid en uiteindelik hul spriet Jesus, in die Dawid-tradisie? Wonder maar net of vrouens vir Dawid sou bid...?  

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Hans,  

    Ek't geheel ooreenstemming met jou daarin dat ons SA mans groot uitdagings die hoof moet bied.

    Derhalwe kon Dawid maklik want hy was dapper.  

    Kyk ek na die verslaafde bleek Ingelse met prentjies op hul lywe en snaakse hare dan durf ek Afrika se Goliat aan en leef op avontuur eerder as "the Dole" (maar dis ook naïef om te dink ’n hand kan ’n koeël keer – met alle respek aan ’n ieder wat geen keuse in dit als het nie).  

    Jy vra ook: Verder, Jesus het as ’n uni-seks evangeliese karakter, geen gesin nie. Hoe kan jy hom in gesinsverband van sy individu-gerigte beskryfde lewe bring? Of is al die preke hieroor net ’n 'figment of the imagination' van elke 2012 prediker?  

    Hans, Jesus Christus word as God geopenbaar in Sy opgeskryfte lewe op aarde.

    God is nie iewers soos ’n plek of ’n wese om na te verwys nie.  

    Ons hele bestaan is God.  

    En so is ons deel van God se Gesin; Jesus Christus is God onse Hemelse Vader. Onse Moeder is Jesus Christus, God die Heilige Gees. Die heilige band tussen onse Hemelse Vader en Moeder is reeds voor die grondlegging van die aarde daar. Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy Vrou het haar gereed gemaak.

    So word God onse Moeder in die Heilige Algemene Kerk oor die afgelope 2000 jaar reeds geopenbaar. In Haar baarmoeder ervaar ons warmte en liefde (oorlog, auto-da-fés en al die ander "Christelike Nasionale" ideologie in skynheiligheid onder Haar vaandel is dienaars van die Draak). Wedergebore word ons erfgename, kinders van die Ewigheid.

    Namaste!

    Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top