Die skole funksioneer, oor die gehalte, klink oraait! Die prys van erwe is hoog, nie meer wat dit was toe ek gekoop het nie! Dis 'n plek van uiterstes, baie warm, baie droog, wind waai storm sterkte, dis baie koud en sneeu soms, maar afrikaans is baas!
Dis afgelee en wat te koop is, beperk. As jy slotmaker is, dan is daar geleentheid. Daar is Spar, OK grocer, Pep stores en vier banke! Daar is apteek, slaghuise, meubelwinkel en paar motorwerktuigkundiges! Daar is mini Midas! Daar is 'n redelike staatshospitaal! Vredendal is naby, 2 ure se ry berg af! Daar is halwe Built it by ko-operasie!
Daar is baie kerke! So, al die basiese is daar! Daar is misdaad, darem nie op metropool vlakke nie. So, ek wil niemand oortuig nie, ek het te veel gesien kom en gaan daar. Daar is 'n karavaanpark, wat R75 per persoon per dag vra, in redelike toestand! Die see in Lambertsbaai is baie Koud! Wat daar nie veel van is nie, is werkgeleenthede. As jy vaardighede anders as 'pastoor' het, kan jy dit maak! Die APK predikant is 'bouer', skrynwerker ens! Nie veel geld in 'bediening' nie!
Die mense sal jou op 'n afstand hou, solank hul dink jy is rolbos.
Ceres is so 3 tot 4 ure op grondpad, afhangend van kondisie van pad.
Die standaarde en regulasies word goed gehandhaaf!
Ek wil jou nie aanmoedig of ontmoedig nie! Jy kan inskakel of uitval, dit hang van jou af. Jy sal nie donasies kry nie, geld is skaars!
So, jy maak jou eie besluit self! As jy nie op jou hande sit met negatiewe uitkyk op lewe nie en onthou dat die enigste helpende hand aan jou eie arm sit, kan jy dit maak!
Hans


Kommentaar
Hans, dit klink mos soos Calvinia ... hoe gaan dit met die boere se veiligheid op die plase?... Ja Hans, dis ook nes jy seg; die enigste helpende hand sit aan jou eie arm ... groete met verlange na die Hantam, Cornelius.