Die een helfte het 'n teokratiese benadering, die ander 'n sekulêre benadering! Die waardes, norme en standaarde lyk onversoenbaar, maar weerspieël die situasie in Suid-Afrika. Die SA-grondwet is sekulêr vir die kleptokratiese kultuur wat tans bestaan in SA, die bybel uit 'n vervloë era en land waar 'n teokrasie bestaan het en alles om 'n tempel gedraai het! Die waardes, norme en standaarde wat in 2013 die moraliteit bepaal in SA, is nie dieselfde as wat in die vervloë teokratiese era bestaan het nie!
Die 9 beginsels van Asatru word in elke huis in SA aan kinders geleer, tog word dit deur sommige as 'satanisme' beskryf!

Moet mense nie begin om hul verstaan van waardes, norme en standaarde op te skerp vir hulself, voor hul ander beledig nie?
Hans


Kommentaar
Dis baie waar Hans!... 99.99999% + van die "gesprek" hier, word gestry om die mees basiese in alle kommunikasie; soos byvoorbeeld om die betekenis aan woorde te verklaar... wat nog die verstaan van hul eie waardes, norme en standaarde?... die slimjanne wat so uitgesproke voortvaar hier, ken skaars die betekenis aan die woord ateïs (dit blyk hulle almal meen dis wanneer jy die Protestante verlaat)... hel, en dan is daar die "Spirituele Intelligentes" wat nog nie eens verby die betekenis aan "agnost" kon kom nie - wat nog Satanis!... ek dink gewis dis belangrik dat een hier minstens ook met 'n verklarende woordeboek bo-op hul Bybel moet sit, voor hulle beledigings probeer rondslinger... (dink net; na jare se verduidelik is die algemene betekenis aan Katoliek en katoliek, steeds buite sommige van die "slimmes" hier se begrip)... Viking groete, Cornelius Henn
Daardie Kelt-gesig (met rooi hare en rooi baard, kan net Kelt wees), met saffierblou oë; is my tipe man. A real mans "man". 'n Man wat volgens Aristoteles, 'n ander man reeds geproe het.
Jaco Fourie