My kantoorhande is voos gewerk! Dis vol krake en snye. My siel is egter rustig, terapie afgehandel tot 2014!
Dis hoe ’n man sin maak in lewe, sweet, bloed en son verbrand! Skerpioensteke, stof en buurman se wilde partye deur die nag, keffende honde, diewe in die nag is alles niks, as ’n man 02h00 wakker word van springbokkies in die tuin! As hul spring, stamp daardie pootjies darem hard grond!
Nou ja, as amateurbouer, sukkel ek so by myself aan! Dis ongenadige harde werk in die son, tog sal ek wel ’n heenkome hê! Ek vind dit uiters kommerwekkend dat ek soveel ouer 'afgetrede' ouer mense wat ek raakloop in karoo, wat nie behoorlike voorsiening vir oudag gemaak het nie! Sommige probeer in ouerige karavaan en met ouerige kar oorleef in afgeleë karavaanparke. Wittes het uit sisteem geval en verarm!!
Nou ja, vir Francois Williams is dit seker die blye tyding?
Ek wil liewer in die halfwoestyn sit, as om so te swerf op onsekere wyse en probeer staatmaak maak op gunste en gawes! Die tendens is seker die gevolg dat wit staatsouetehuis nie meer bestaan nie? Dis nou ’n "shelter' of die swerf?
Om te dink dat ’n man so 5 miljoen rand nodig het vir aftrede, met afbetaalde huis, maak my bang, want dis in die afsienbare toekoms ...
Hul beweer dat die enigste helpende hand, aan die punt van jou eie arm sit? My hand is nou so grof, dat ek sal huil voor fyndraai, tydens die 'arm struggle'??
Hans


Kommentaar
Beste Hans, baie dankie vir jou gedagtes... ek sit self met wik en weeg tussen Richardsbaai se karavaanpark, en die Tankwa... dis net dat ek met 'n lewenslustige en gesonde kleuterdogtertjie geseën is, en dat ek tans nagte wakker lê en wonder; waar is al die manne heen?... lees ek jou stuiwer in die armbeurs, dan oortuig jy my om ook skouer aan die wiel daar aan die voete van die klipharde Hantam te gaan sit... hoe lyk die skole daar?... diepe Karoo groete, Cornelius.