Dis eintlik ’n “talkshop” vir politieke ooreenkoms, wat nie strafregtelik bindend is nie, nl die VN Kiyoto-protokol wat in 2012 verval. Slegs VN-veiligheidsraadresolusies is strafregtelik afdwingbaar. Die res is ’n sirkus vir vermaak rondom die onderhandelingsentrum. Dit is nou vir individu om sy innerlike hippie te soek, “groen” te leef deur net te gebruik wat nodig is en die res te los, bv ’n appel te pluk en die res te los, ’n vyeblaar te pluk en die res te los. Nie op te gaar net omdat jy begeer nie, tot dit vrot is en “herwin” moet word nie. Maw in simbiose met voedselketting, waarvan mens net ’n “alien” parasiet is. Vegetariërs, daai blaarslaai en komkommer laat meer metaan vry, as ’n bees in ’n voerkraal. Laat vleislose Maandag liewer sekslose Maandag word, ons het minder mense nodig en dit sal domino effek gee met bewaring en besoedeling. Nie andersom nie.
Hans Richardt

