My gekerm gaan daaroor dat so 4 jaar terug, was daar ’n beraad oor volhoubare ontwikkeling in Sandton. Derduisende gespandeer daar en ’n dik papier opgestel. Wat was uiteinde van dit – geen aksie. Dis tyd dat ons die regering begin opskroef oor hierdie super duur partytjie-vergaderings en tasbare uitkomste. Nou bou hul Madupe-kragstasie en vernietig die rivier met ’n sandmyn, die kragstasie gaan ’n helse besoedelaar wees. COP17 en die privaatsektor moet bydra tot groenfonds, nie Eskom of Sasol nie. My punt, die berade van verbale diarree moet einde kry. Diè geld moet gebruik word vir fabrieke wat windlaaiers, songeysers, sonpanele en komponente op groot skaal bou. Dit sal op omset ’n volhoubare plan in praktyk stel en huishoudings(mikro-vlak) goedkoper krag gee. Waarom altyd aan SADEK (makro)-vlak dink? Dis hierdie oordrewe selfbeeld en grootpratery van Suid-Afrikaners, wat ander lande en beleggers afpis. Nou ja onse minister van beplanning sukkel nou sonder al sy vorige ekonomiese beplanners. Konstante praat en niks doen behalwe papierwerk, vroue-kenmerk, is nou kenmerk van SA. Tyd om op te hou praat van ambagsmanne en in gelykheid, te praat van ambagsvroue ook.
Hans Richardt

