COP-17-f*k*p

  • 0

kitskoskop-papsakpaparazzi, gewetenloos kappityt-“ras”-kapitaliste,
pseudo-bekommerdes, neo-sosialiste, trimillenniaans opportuniste,
as Mens ma’ geweet’t, dienooreenpligtig, plegtig, regtig,
deur Heelal-Heerser, Baas vannie Planeet, Univers-Plaas,
Geïnformeer, In-gelig, Histories Toegelig, sou wees,
meer sou wou weet van onvertelde, onverhaalde

sedert Skepping, post-Paradyslik, Mens met Leuse Besiel,
Spiritueel, Mens, Kind, Agterkind van Vader, Skepper,
deur die bank Een Mens, almal Eerste, leste Skepsel,
want “Ex Unitate Vires”, uit Menslikheid stroom Mag,
stewig op fondament van Geregtigheidsgesag,
ver van ontvlugtingsmetodiek, ontkenning,
ontkenning van onkunde-ontkenningskunde,
van seisoenlengte, verandering van winde,
van vinnig wegsterf van spesies, aanteel van virus,
onuithoudbaar besmetting van Aardbol, feitlik onleefbaar,
weens opsetlik, agressief Self-destruksie, Self-besmetting,
Liewe Vader, verder Suid kan g’n vlugteling verder vlug,
boodskap van moord en doodslag stink, vrot, in die lug,
struktuurgeweldsvuur vlam ultra-onkeerbaar verder voort

hoeveel misdade word vandag in Gods Naam gepleeg,
wat’t geword van ubuntu, respekte, orde, dissipline,
helpie Mens swyg langer, armoede sit nes skandvlek,
nes klagstaat teen kapitalis, uitbuit van meerderheid,
terwyl slaaf en slavin slaafs, submissief, Self onderwerp,
Groter Geheel nie eens sien, waarneem, enigsins ervaar,
te streng verslaaf aan Self-destruksie, voor almal verklaar,
eie habitat ’n Blikkiesdorp-Sahara, ’n post-fracking-Karoo,
Naaste wil waarlik nie in mede-Mens, in Waardigheid glo

o God, COP-17, eThekwini-gedoente, een moersk’ f*k*p,
glo Mens nie meer wat Mens hoor, hoor niks van gelowiges,
sien nie lat verteenwoordigers, afgevaardigdes, geheime dra,
sien net hoe verdwyn hulpbronne, een vir een, via Afrika,
hoe massamedia, regslui, lui sakemense, topspinners,
analiste, verklaarders, pseudo-profete, Metro-pastoors,
swendelhandelaars, akademici, kappityt-kapitaliste,
onkunde-ontkenningskunde-kundiges, domnoseles,
bokdrolle aan mede-Mens opdis as vye, Waarheid,
vir Mens wysmaak “ras” kom nie uit apartheid,
“klas” is segregeerbaar, definieerbaar, sowaar,
nes voorbladnuus, opdisbaar, breinspoeliaans,
g’n verband tussen “isiBhulu” en “Afrikaans”,
tussen struktuurgeweld en Self-destruksie
(realiteit soveel erger as heel ergste fiksie)

herhaal Mens net wat binnekringbegunstigdes,
Duiwelspiek-dissipeliaans, supergewetenloos,
feitlik Machiavelliaans, verkeerde ingang indwing,
nie eens bewus van pyn wat struktuurgeweld bring,
van smartsange wat armstes van armoediges sing

glattie nodig, martelgatagtig Self te vernietig,
gat-innie-kop-gepraat te word deur apostels,
pastoors, dominees, rewwerente, professors,
imams, sheikhs, moulanas, konings, prinse,
gefassineer deur bedwelmend destruksie,
van Self, Respek, van Respek vir Self,
van Mens sonder Gewete, gewetenloos,
sonder definisie van “ras”, “klas”,
sonder etimologie van “Boesman”,
van “Kwerekwere”, “Satanspiek”,
van Menslikheid, Waardigheid,
van struktuurgewelddadigheid,
Millennium Drie neo-apartheid

dans Mens soos “wilde Boesmans”,
soos Leeu Gamka se leste /Xam,
om olie-vuur van “Renaissance”,
sien Mens, via verteenwoordiger,
spreekbuis, rep, afgevaardigde,
hoe word wens, wil, begeerte,
deur geregtigheidsverkondigers,
rolmodel-modelle, patriotte,
transaksioneel transaksioniste,
aardverwarmend gedespekuleer,
tot buite-agenda uitgerangeer,
terwyl Mens en dier so krepeer,
een mooi Spesie na die ander,
laaste Survivors wel so te sê kis,
as Mens maar net sou wou wis,
hoe desperaat dié in situ situasie,
naby aan Self-uitwis, Mens nu al is

kan Mens nie eers meer saamstem,
CODESA-lik, ter wille van versoening,
of Thekwini-COP-17 net burokratika,
reëls, regulasies, supra-reglemente,
van super-elite, vooraanstaandes,
Baie Belangrike Persone, individue,
skattejag-jagters, Lotto-dobbelaars,
“Duiwelspiek”-snobs, se agenda dien,
hul propagenda van “in beste belang”

meerderheid se lot in hande van God,
Gewete iewers in onkunde-ontkenning,
oopgespalk op sjatansvereringsaltaar

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top