Ek sien Troula Goosen se nuwe novelle Lakadiga het so pas deur Oxford University Press verskyn. Op die agterblad troon die woorde 'cool' en 'weird'. Ons hoef dit nie meer as Engelse woorde te sien, is nou aanvaar deur Afrikaans en sal verskyn in nuwe woordeboeke. Miskien sal Jan Rap nou beter voel daaroor, en nie vies wees as ons dit in ons skrywes gebruik nie.
'Sory' - as dit al ou nuus is.
(Hoe spel mens sorry in Afrikaans?)
Trienie


Kommentaar
Liewe Trienie
Sekere taal puriste kan nie selfs internasionale woorde soos "taxi" en "gay" in die Afrikaanse taal aanvaar nie.
Dan Roodt, verwys na "gays" as "vrolikes" in sy rubriek oor hulle.
Jaco Fourie
Vrolikes?? Wat 'n totale absurditeit?!
As dit dan moet, waarom die liewer die woorde 'hetero' en 'homo' gebruik nie?
En terloops, nie dat ek enigiets teen cool en weird het nie, maar in Afrikaans kan mens tog ook die woorde 'raar' en 'vreemd' gebruik in plaas van weird of hoe?
JanKees