"Contermanskloof" deur Patricia van Jaarsveld

  • 0

Contermanskloof

Kersfeesrooi kronkel hierdie jaar se herfsblaar
neer en in kobaltflesblou vertel jou oë ons middeljaarverhaal.

In kaleidoskoop van kleur bevlek die bladseisoen
die Kaapse-kou-koffie-randsteen-pad en teen
Contermanskloof loop vanaand se langpadseer
na die wêreld neer.

In veerskrif en ink word emosies beklink,
Gauteng se winterbladfleur verdof in outydse
gevlekte kleur se geel.

Koffieketelroes in middernagkou stuur ek my
boodskap in knoopskrif op in riempiestowermat,
aflewering aan Suidoosnavigator vir ’n sonsopkomsaflewering aan jou.

Kersfeesrooi kronkel hierdie jaar se herfsblaar
neer, ’n liefdesbetuiging vir ewig word beaam in sonnestraal.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top