Cobus, Piet en Max

  • 2

Cobus, van RSG, is ongelukkig omdat hy glo heelwat pos kry wat daarop neerkom dat, met dié dat die land nou so verval dat selfs die liberale blankes (en die regering) dit nie meer betwis nie, die demokraters (nog nie in die woordeboek nie) nou maar vir hulle moet kry, hulle het hul mos beywer vir hierdie toestand.

Cobus het ’n goeie verweer teen hierdie soort van aanvalle. Hy beweer dat dit nie saak maak hoe sleg hierdie regering presteer nie, dit is geen regverdiging vir die, weliswaar suksesvolle, dog nare en bose vorige wit regering nie. Om sy standpunt gewig te gee kry hy twee bekende swaargewigdemokraters, naamlik Max du Preez en doktor Piet Croukamp (hierna 'Piet' genoem om plek te spaar, geen disrespek nie), om op die radio te kom gesels (lekker as ’n ou die vloer het én jy kan nog nooi wie jy weet saam met jou gaan stem).

Piet was in die begin bietjie onthuts oor Max beweer het dat demokrasie nie ’n ideale regeringsisteem is nie maar hulle het gou tot ’n vergelyk gekom en verder saamgestem dat 'die demokrasie' net doodeenvoudig die vorige regering móés vervang want a) die vorige regering was naar en lelik want hulle het apartheid gepleeg en b) ... wel ... demokrasie is ... demokrasie, dit kan en moet ALLES vervang want dis demokrasie.

So het hulle dan nou verder gepraat, dit en dat gesê wat dit duidelik gemaak het dat Max en Piet nou in die derde stadium van ontkenning is, naamlik hewige kritiek teen die regering maar heeltyd met die kwalifisering dat dit iets vervang het wat net eenvoudig vervang móés word omdat ... dit net eenvoudig vervang moes word.

Die eerste stadium van ontkenning is die lofsangerstadium; lof vir wat hulle help bewerkstellig het. Ek kan nog duidelik Max se verklaring, naamlik dat die NSA ’n 'dawerende sukses' is onthou. Piet het bietjie langer in daardie stadium vasgehaak; hy het onlangs nog vertel dat dit nog nooit so goed met die Afrikaner gegaan het soos nou in die nuwe SA nie. Dit is natuurlik onwaar; die byna daaglikse brand van buitebande en klipgooiery verteenwoordig nie sukses nie en die feit dat ’n groot gros Afrikaners landuit en vermoor is, is duidelike bewys dat dit voorheen beter met die Afrikaner in SA gegaan het. Om van die verval van die infrastruktuur en wegholmisdaad en korrupsie nie eers te praat nie.

Die tweede stadium van ontkenning is die 'ja maar'-stadium – ja maar ons het ook name verander, ja maar ons het ook geweld gepleeg. Snert, ons het nie; daar is so iets soos skaal. Die derde stadium het ek reeds genoem en die vierde en daaropvolgende stadiums sal seker nog kom, sal maar sien wat dit gaan wees.

Al drie van hulle maak die twee basiese groot foute:  Hulle vertel hulself dat a) hierdie teenswoordige bestel ’n demokrasie is en b) dat die Afrikanerregering, wat húlle beweer 'apartheid' is, gepleeg het. Op hierdie twee wanpersepsies bou hulle ’n kaartehuis wat gedurig aan die intuimel is maar wat aanhou bou is hulle.

So terloops, as mens ’n gesondheid sou kon kwantifiseer, sê op ’n skaal van 1 tot 10, watter waardes sou mens toeken aan Shabir, Selebi en Clive Deby-Lewis?

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Jan ... ek verstaan ... blyk my daar is min verskil tussen die narsisties bevoordeling in eie saak - of ’n Kobus met ’n C en of ’n Cobus met ’n K gespel word - klink maar dieselfde ... genadiglik het ek glad nie eens ’n TV nie en skakel ek net laat in die aand op radiostasies as ek alleen in die donker op die lang teer vaar ... nuus lees ek op die pale ... die werf se saampraat en vermaak is ’n enorme uitdaging genoeg! ... Cornelius

  • Ek het eendag die fout gemaak om effens met Piet te verskil op FB en die tale wat hy gebesig het kan nie hier herhaal word nie. Sodra mens met diesulkes (ek noem hulle doodgewoon pyle) verskil is jy "gemors", "uitvaagsel gemors" en name wat liewers nie hier genoem kan word nie. Ek sit dikwels en wonder oor die sg "verdraagsaamheid" wat hierdie narre betoon en ek vergelyk dit dan sommer met hulle ou voorbeelde: Jimmy Kruger, Verwoerd, etc. ek wil my nie indink die stelsel waaronder ons sal leef as hierdie outjies eendag so gelukkig moet wees om die kitaar te slaan nie. Hulle idee van demokrasie is ’nverkragting van die idees van plato en ander werklike wyse manne.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top