"Clichés Fluister" deur Leon Potgieter

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Jy is soek en ek het soveel
Laaste treine van die nag gehaal
En verdwaal in stasies
Waar mense kyk en vra wat jy kom haal
Tevergeefs jou naam, vir barman klerk en predikant gespel
En vertel my harts laat lê en jy't dit opgetel

Die spore met hul wêreldtoere
Die lounges met hul marmervloere
En iewers tussenin het ek vir jou verloor

Refrein:
So miskien sal ek jou sien en luister
Hoe jy vir ander Clichés fluister
En dan die wêreld stilmaak net met jou
En blindelings sal jy dan van my sing
Wat wilde daisy's vir jou bring
Jou stem wat jou verraai

Vers 2:
Jy is soek, jou naam en foto
Uitgekrap teen mure in die stad
Elke soms en dan
Lyk almal in die strate net soos jy
Tevergeefs jou naam, vir barman, klerk en roomys-man gespel
En vertel my harts laat lê en jy't dit opgetel

Die paaie en die winkel deure
Die skare en die lugkastele
En iewers tussenin het ek vir jou verloor
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top